<<  June 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8  910111213
14151617181920
21222324252627
282930    
  • Duisend En Een

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. PLATINUM STATUS; more than 40,000 copies sold! 5th book (Vier briewe vir Jan Ellis) and 10th season of Dis Hoe Dit Is
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Steve sings Kristofferson

    Kristofferson Steve Sings Kristofferson DVD and CD goes gold and platinum in weeks. (40,000+)
  • Autobiography

    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook
Steve is now officially on FB! Click on the image to be taken to his page.

Steve on Twitter

Basic authentication is not supported

EMI SA

Logo EMI

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Bulembu Lodge - Mozambique

Bulembu Lodge
AddThis Social Bookmark Button
Recent News
Steve Sê: Entries


ANC v MEDIA, Slapelose Nagte, Rasperste stem, Steinman. Vreemde skoene. PDF Print E-mail
User Rating: / 27
PoorBest 
Thursday, 26 August 2010 00:36

 

Armand, geluk met jou verjaarsdag (26 Augustus). 21! Pa se seun! Jy deel hierdie b-day met McCauly Culkin en Moeder Theresa. Ek vra jou...
*
Uiteindelik klaar met ATLAS SHRUGGED. Dit sal die beste boek wees wat ek ooit gelees het, en moontlik ooit sal. Ironies was THE FOUNTAINHEAD, ook deur Ayn Rand, my vorige #1. Maar jy’t hare op jou tande nodig vir daardie 1080 bladsye literatuur, filosofie, politiek, sosiologie, teologie en romanse.

Nou lees ek TEMPERAMENT (die geskiedenis van klaviere) en Brink se DIE KREEF RAAK GEWOOND DAARAAN. Ek moet die enigste Suid Afrikaner wees wat nog nie Andre P. Brink gelees het nie. Wat kan ek verwag?
*
Die ANC en Pers verdien mekaar
As wetgewing geen berriggewing beperk behalwe die onredelike nie, staan ek bankvas daaragter. As jy die media leer ken sal jy jou boeglam skrik om te verneem aan wie se hande ons ons moraliteite toevertrou. Natuurlik dink hulle hulle verdien voogdyskap oor ons gestremde massas. Jy kan nie hierdie morele verantwoordelikheid aanvaar as jyself nie verantwoording doen aan iets of iemand nie. Teen Sondag, Rapport en Huisgenoot het ek eintlik nog niks gedoen nie, behalwe om hulle skatryk te maak. Eersgenoemde belaster en beledig my en my familie al vir twee jaar amper op ‘n weeklikse basis. Hulle weet dit en kry selfs lekker in hul magsdronkenskap. Dit is wat gebeur as jy ‘n siek verskoning vir ‘n mens soos Yolanda Barnard, Esmare Weideman en Gavin Prins die goddelikke “untouchable” maak. Jy kry Robert Mugabe. ‘n Sondag of wat gelede het Sondag ‘n groot foto van my en Natasha by ‘n artikel oor seksuele teistering. As dit is waarmee hulle mag wegkom, steun ek die tribunaal.
As iemand wat sonder ‘n enkele sent uitstap by ‘n skeisaak sal dit dwaas wees om hierdie drie boelie institusies in ‘n hof te probeer kry. Ons mediamagnate is skatryk en noteer al wêreldwyd. Ons klein mensies is hulle werkers en ‘n individu staan nie ‘n kans nie en die media vertrou daarop dat ons dit weet. Ons is nie die regering wie werklik aan ons moet boete doen nie (ons betaal belasting vir die voorreg). Ons is nie die regering wat kan bekostig om media instansies hof toe te sleep nie. Ons is gewone sterflinge. Ons moet huis toe skarrel vir verbete skadekontrole, pleistersplak, sielkundiges, kinders paai en aan vriende en familie probeer verduidelik waar en waneer die media ons disproporsioneel sou straf.

As Jackson Mthembu (ANC woordvoerder) vertrou kan word, staan ek by hom: “...it is not a prepublication censoring mechanism, you still write what you want to write... but where you are writing wrongfully ...reporting maliciously and in a defamatory manner about a person, such a person should have recourse.”
Ek vra elke skrywer wie se naam op Andre Brink se anti-tribunaal lys pronk: wat presies is verkeerd hiermee?
My onderving: Persombudsmense is gekastreerde koerantmense beperk tot die woordeskat “we apologise”. Dit is eenvoudig nie goed genoeg nie.

Helaas, ek het tog my naam gevoeg by die skrywers wat vra dat die ANC nie hiermee wegkom nie. Bloot omdat ek die ANC so min vertrou as die pers. Hulle verdien mekaar.
(Foto bo by MZ Fotografie. Fassinerende foto's. Dankie Marina)
*
Hier doen ek, Michelle en Bryan die Mandela Legacy prints. Dankie aan die DA daar vir die warm ontvangs in Kaapstad.

*
Briewe soos hierdie maak my werk die moeite werd:


Dear Lindi, I am a veterinary surgeon that specialises in wildlife carnivores and I travel a lot. I have recently been introduced to Afrikaans music. I have recently bought Steve's new cd Duisend En Een and I think it is brilliant. Would you please convey my congratulations to Steve for such an outstanding cd and I have introduced this cd to my staff members at Old Chapel Veterinary Clinic in Pretoria. My whole staff enjoyed it and went out to buy the cd. We support South African music and play it in the clinic and in my theatre during surgery. I work 12 to 14 hours a day and don't usually get time to do much else but I thought this cd was worth this email I am sending.
Kind regards

*
Dankie.
*
Hier is die “Best Selling Albums Of All Time” (in miljoene):
1    Michael Jackson, Thriller (100+)     
2    AC/DC, Back in Black (45+)     

3    Meat Loaf, Bat out of Hell (43+)     
4    Pink Floyd, Darside of the Moon (43+)
5    Eagles, Their Greatest Hits (42+)     
6    Dirty Dancing Soundtrack (42+)
7    The Bodyguard Soundtrack (42+)
8    The Phantom of the Opera (40+)
9    Backstreet Boys, Millennium (40+)
10    Saturday Night Fever Soundtrack (40+)...
Hierna volg  Fleetwood Mac, Shania Twain, Led Zeppelin, Alanis Morisette, The Beatles, Celine Dion, Mariah Carey en Michael Jackson. Hierdie lys mag verander het, maar lees hom so hier.
Van hierdie albums was daar slegs een persoon wat al die liedjies op een van hierdie CD’s geskryf het, en sy naam is Jim Steinman, met Bat out of Hell #3.
Jy weet nie, maar jy ken ou Jim goed. Hy is o.a. die komponis van die teatraal-dramatiese:
•    Meat Loaf - Bat out of Hell en I'd Do Anything for Love (But I Won't Do That)"
•    Bonnie Tyler - Total Eclipse of the Heart, Faster than the speed of night, en Holding out for a Hero (uit Footlose)
•    Air Supply -  Making Love out of Nothing at All
•    Celine Dion - It's All Coming Back to Me Now
•    Boyzone - No Matter What (as regisseur en skrywer)
•    Fire Inc. - Tonite is what it means to be young. (uit Streets of Fire.)
•    Barbara Streisand - Left In The Dark Again.
Self het hy ook gesing. Sy lied Rock ‘n Roll Dreams Come Through was ‘n groot radiotreffer wat vandag nog gehoor word.
*
Sebastian en Benjamin het hulle pa se musiek ontdek. Veral die Engelse songs. GHETTO SONG is vir Sebastian die mooiste, maar Ben hou van MAAK DIE BULLE ALMAL BOKKE. Dis vir hulle belangrik dat ek meer CD’s as Michael Jackson verkoop. Ek verduidelik dat dit onmoontlik is. But Dad? vra Ben. Why?
Sy neus is gesond.
*
Ek kry ‘n mooi sms’ie van Nadine op toer êrens in Europa waar sy sit en tjank oor Vier Briewe vir Jan Ellis. Mooi maak da doer! Ons mis jou.
*
Elke keer as ek ‘n boek skryf, belowe ek om nooit weer so iets gek aan te vang nie...en ek is al een derde deur my volgende ene. Ligte obsessie, miskien?
*
*
Dis my reg om in soveel dinge moontlik belang te stel. En ek studeer teologie, politiek, musiek, filosofie, literatuur, tegnologie, ens. Daarom vra ek jou om my ‘n lys te gun van nuus gebeure wat my, in die groter skema van dinge,  rerig-erig die minste pla:

1.    Hoekom Lindsay Lohan in die tronk sit.
2.    Met wie die Jonas broers uitgaan.
3.    Nuus van enige boeke of flieks waarin mense se oë wit word as die son sak.
4.    Nuus van enige boeke of flieks waarin mense ander mense byt vir bloed.
5.    Wat in Joost en Amor se binnekamer gebeur. Rerig.
6.    Boeke vir mense oor mense wat oornag ryk word.
7.    ANC verskonings vir onder-prestasie en korrupsie.
8.    Netwerk skinder en samesweringsteorië.
9.    Big Brother Africa seisoen 66.
10.    Absolute oordeel in die domein van kunste.
11.    Absolute oordeel in die domein van selfone en karre.
12.    Enigiets wat Koos Kombuis sê.
13.    Enigiets wat Deon Maas sê.
14.    Enigiets wat Paris Hilton sê.
15.    Hoe laat die volgende episode van The Kardashian’s begin.
16.    Esmare Weideman se persoonlike lewe (hou op inligting stuur, dankie).
*

Askmen.com se top 10 Amerikaanse karre is:

10. Die Ford Thunderbird
9. Chrysler Prowler
8. Pontiac Firebird
7. Mercury Eight
6. Saleen S7
5. Cadillac Eldorado
4. Tri Five Chev
3. Dodge Viper
2. Ford Mustang
1. Chev Corvette

Ja. Ja. Ja. Ek is eens met die lys (omdat ek twee van hulle besit!) omdat dit blerrie pretty is.
*
Hier’s ‘n lys van die top 10 mees bisarre skoene in die geskiedenis. Ek sweer.
*

Hoe hees kan jy wees?
Ag sê tog jy onthou vir Bob Seger. Van AGAINST THE WIND, OLD TIME ROCKNROLL en LIKE A ROCK.  Sy grootste treffer was natuurlik die ballade WE GOT TONITE. Hy is in 1945 gebore en sing nog. Ek wou altyd soos hy klink, so asof  die swembadsuur in my keel af my niks doen nie. Hees soos ‘n rasper. Ek wonder wie is die rasperstem van hulle almal. Uit Bryan Adams, Bonnie Tyler, Rod Steward, Bob Seger, en die klomp gaan my eerste twee plekke aan die Skotte,  Frankie Miller (DARLING) en Dan McCafferty van Nazareth (LOVE HURTS). It’s the Scotch, my dear.
Luister hier hoe sing Frankie BE GOOD TO YOURSELF. Stukkend.
*
Op IDOLS is Bongi en Peter West my gunstelinge sover.
*
Lees op my Jacaranda blog my tweede SA ANC monkey Puzzle. Hier.
*
Ek sing hierdie naweek in die Newscafe. Destyds is my musiek daar verbied. Nou gaan ek julle gatte skop...
*
Jammer. Ek was hierdie week in 'n LYS en ROCK bui.
Dit waai oor.
Tata
Steve

*
Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:  
1.    Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe dinamiese Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 
Mediaregte. Vrouedag, ne? Ben se crash. Malema. IDOLS. PDF Print E-mail
User Rating: / 34
PoorBest 
Sunday, 08 August 2010 20:45

Ek en Affies by Emperors. Ons sing You're Not Alone.

*
Die lewe is 'n golfie. Lees hier hoe ek ons bestaan in netjiese note oplos.
*
Gelukkige Vrouedag, dames!

Jammer girls, so maklik gaan ek julle nie laat wegkom nie. Kom ons praat gou nugter oor vroue:
Ons weet Vrouedag is soos mediasensuur, iemand is al weer besig om weg te kom met IETS! En hier gee ons julle ‘n hele dag om dit te doen. A, nee, a. Ek (en Askmen.com) wil net gou met die manne gesels....

Hier, menere, is 'n paar gek dinge wat vroue op Facebook doen:
1.    Women set up fake profiles to follow exes on Facebook
2.    Women manipulate through Facebook photos
3.    Women post passive-aggressive Facebook status updates
4.    Women post ambiguous relationship photos
5.    Posting a fake relationship status

En 'n paar redes om te glo sy is oppad uit (jou lewe uit!):
1.    She has a case of “mentionitis” (Sy noem heeltyd heel onskuldig iemand anders sê naam: Ja, Deon se ook dis ‘n lekker fliek, ens.)
2.    She’s giving you space -- a little too much space
3.    She brings up reasons to fight
4.    She’s more mysterious
5.    She’s less affectionate

Maar okei, ons vergewe die girls enigiets vandag...
*
Mag ek noem dat die paswet protesoptog van vroue 52 jaar gelede beslis nie die eerste vroueoptog was nie. In die tyd van Louis Botha reeds, amper 50 jaar voor dit,  het dames 'n suksesvolle optog gereel, wat sekerlik gesien kan word as die eerste een. My grootjie was deel daarvan. Natuurlik was dit wit, so ons sal nooit weer daarvan lees in Suid Afrikaanse geskiedenis nie. Maar sekere mans sal dit nie vergeet nie. Dankie. Goed gedaan aan die matriarge tussen ons voorouers wat ook op die veldslae die sanna met buskruit gestop het het so 'n uiters belangrike deel van die Boere arsenaal kon uitmaak. Ek vier dit vandag! Maar ek dink ook aan vroue as die grootste slagoffers van geweldadige misdaad in Suid Afrika, veral in hul eie huise. Ek dink aan julle vandag.
*
Nee, ek dink nie aan Esmare Weideman vandag nie. Die magtigste boelies in die land sal nooit en deur niemand as  slagoffers gesien word nie, ongeag hul geslag of velkleur. So vertraag is ons darem nie almal nie.
*
Objektiveer ons vroue as ons hulle uitbeeld in sexy bikini's soos hierbo. Nee, sê Ayn Rand, vroue in bikinis OBJEKTIVEER DIE MANS VIR WIE HULLE DIT DOEN. Vat so.
*
Nou voel ek beter.
*

Groot vraag: Moet die media gereguleer word?

Antwoord: Wel, as slegs sekere mense gereguleer word wil ek weet hoekom. ALMAL moet gereguleer word!

Die regering moet verantwoording teenoor ons doen vir dieselfde rede dat ons forseer word om teenoor hulle belasting te betaal. Ons gewone landsburgers het ‘n waghond nodig oor die media (veral die korrupte morone wat ons regeer). Die media in Suid Afrika het hulle sover goed van hul taak gekwyt om nie te ver in die regering se gat op te kruip nie. Dankie tog.
Maar dit is ‘n fout om die media te sien as onfeilbaar. Ek weet nie hoekom die media-sinode  weier om dit te aanvaar nie. Effe oukerks, nie? Dit is dan hulle werk om die groot onfeilbares te onttroon? Maar onttroning tel nie vir hulle nie...
McLuhan het voorspel dat die medium groot en magtig sal word. Vandag is die media die grootste institusie op die aardbol en die karwei van inligting ons grootste tyd verdryf. Daarom MOET die media, wat hom lankal nie meer op die underdog status kan beroep nie, ook verantwoordelik teenoor ons. Geen grondwet kan of mag jou boeliestatus verdedig nie. Jammer.
Die ANC het egter nie ‘n saak nie. Die Suid Afrikaanse publiek het wel ‘n saak. Ons verdien die waarhede wat ons s’n is. Dit is ‘n duur waarheid. Ons betaal daarvoor. Agter dit lê die rede hoekom die meerderheid van ons volksgenote nooit uit hul nood verlig sal word nie, omdat ons gelde nie by die regte krisisse uitkom nie.
Onbudsmanne is gekastreerde joernaliste sonder werk. Ek kan nie onthou waneer hierdie leuen van selfregulasie ooit gewerk het nie. Dit is soos om die pous te vra om ‘n ogie te hou oor die sondes van die Vatikaan. Haha.
*
Ek het geweet jy gaan ‘n voorbeeld vra. Man, ek het tonne. Hier’s ene Koos Kombuis. Sy opinies beslaan vir dekades reeds volumes in ons koerante en tydskrifte, waar ‘n demokratiese nosie deur lesers om nie ‘n enkele minuut op die redaksie sal verduur nie. Ons koerante is vrot van liberaal-selfaangestelde joernaliste wat die morele hoëgrond aan Suid Afrikaners gaan verkoop vir pielietjies&pastei. En ons het net soveel plaaslike koerante en tydskrifte. Kyk nou hoe val 100 M&G lesers vir 2 Koos Kombuis leuens, en kyk veral hoe trots is hy daarop hier (My antwoord is op 20 Julie gewees.) Wat 'n tragiese idioot met vrye teuels om ons voor te skryf. Hoekom sou ons so iemand 'n absolute vryheid gun om te misbruik?
*
Benjamin het Saterdag 7 Augustus verjaar. Sondag kuier die vier seuns by my. Armand sit op sy selfoon, Devon hou die laaities besig. Na ‘n manne-braai skiet ons Maropeng toe vir die kaskar rybaan. Ek sit en kyk hoe vlie die manne om en om, toe Benjamin deur die bande trek en teen ‘n hengse spoed in ‘n boom vas jaag. Sy neus slaan die stuurwiel en die bloed spat. Na baie trane en gepaai en sneesdoekies, spog hy met ‘n neus soos Gerrie Coetzee en lippe soos Angeline Jolie. Agter in die kar slaap hy van skok, sommer so met die ysblokkies op sy opgeswelde neus. Lyk  nie gebreek nie, maar ons sal later moet seker maak. Hierdie foto's is geneem oomblikke voor die ongelukkie.
*
Ek weet dit is onCool om te spog oor Facebook vriende, maar ons het die 50 000 merk in etlike maande deurgebreek. Moenie dit onderskat nie. Hoe groter ons netwerke, hoe minder afhanklik is ons van die media. G’n wonder hulle raak desperaat met sensasie nie. Sensasie is WAARHEDE WAT NIE JOUNE IS OM TE SMOUS NIE. “Smous” is die operatiewe woord hier: omdat hierdie media wat vir super-vrywaring wil veg,  algar finansiele institusies met ‘n ernstige winsmotief is. Huisgenoot, die grootste sondebok.
Jammer Joost, maar ons weet mos teen hierdie tyd. Stel die vrede in jou siel uit. Vir so twee jaar.
*
Duisend&Een toer het lekker afgeskop. Oz, NZ, Emperors, Windhoek en Kaapstad. Die Boer het gekook en die sjarme van Dolla se plekkie is aansteeklik. Ek het ‘n draai gemaak in Jacobsbaai en sommer weer (vir die 6de keer) verlief geraak. Dis tyd om ‘n huisie daar aan te skaf. Daai vrede en vars vis MOET goed wees vir jou siel.
*
In Kaapstad het ek, Michelle McClean en Bryan Habana ons handafdrukke op 'n doek gelos in n vlag wat bekendes vir Madiba bou. Hier is Bryan besig met syne. Die bloues is my hande. Ons staan met baie media binne in 'n stadsaal wat ouer is as my stamboom! Hierdie is ook die kamer waar die ou koningin van Engeland haar 21ste gevier het.
*
Ek lees steeds Ayn Rand se Atlas Shrugged (okei, dis 1200 bladsye!) en staan verstom oor die relevansie tot ons Suid Afrikaanse dilemma. Maar my inboks stapel al hoog op. Die boeke toring langs my bed uit en ek sal moet inspring. Hier wag ook twee nuwe boeke van Dries Brunt. Lyk my daar's baie inspirasie in Pta.
*
Duidelik kyk die hele planeet IDOLS. Ek word selfs al voorgestel as Steve Hofmeyr, the IDOLS judge, asof ek eintlik niks anders doen nie. Een verskyning as gasbeoordelaar en letterlik honderde tieners van alle geslagte en nasionaliteite wil gesels oor die onverklaarbare self-vernedering van deelnemers. Swart kinders staan tou vir foto’s en Sandton kugels wil kom praat oor “that wig you were wearing, that was sooo disgusting, doll...“. Ja, ja. Ek het dit geniet, maar meer as een seisoen, en ek begin dalk klink soos Randall wat lank reeds sukkel om sy oneindige verveling te verbloem met vals komplimente. Ek dink dit was onregverdig dat Georgie uitgeval het en ek gaan haar kontak om iets saam my te doen. ‘n Duet genaamd Mara Mampara. Sal werk.
*
Ek is sopas klaar met ‘n stuk genaamd FORTY THINGS JULIUS MALEMA SHOULD ADMIT. Dit gaan seer wees. Dit begin so:

1.    It is time for Julius Malema  to admit that Struggle math doesn’t tally because South Africa benefitted from Apartheid the way Africa benefitted from colonialism. Denialism here is blatant hypocrisy.

2.    It is time for Julius Malema  to admit the gravest acts of genocide were not committed during Apartheid or Colonialism, but during pre and post colonial Africa (read today).

3.    It is time for Julius Malema  to admit  that, unlike American Indian and Australian Aboriginal genocide, first nation population here escalated under British/Afrikaner rule from 10-30 million in a few decades. Verwoerd was building schools round about the time Aussies could obtain licenses to hunt fellow Australians!

4.    It is time for Julius Malema to admit that the only real genocide in South Africa was the Koi annihilation by his ancestors and what Shaka and Dingaan did to their own people.

5.    It is time for Julius Malema  to admit that we lost more lives in the first four years of ANC rule than during the entire four decades of Nationalists rule. That stat should be staggering by now.

6.    It is time for Julius Malema  to admit that more peace loving Afrikaner farmers are annually slaughtered than South Africans who died during the Sharpeville violence.

7.    It is time for Julius Malema  to admit that more Boer children died in the Anglo Boer War than South Africans in the entire century of Struggle victims...

Hou hierdie spasie dop vir die ander 33. Ek gaan nie ophou nie. Reguleer my. Maar ek haat die feit dat my belasting geld kitsmijoeners soos Julius Malema oplewer. Bid jou dit aan. Ubhuntu my gwar.
*

Ag, ek is gesond en dit gaan goed. Ek lewe teen een agste van die pas wat ek gewoond was. Dit gee my perspektief en oordeel. Sune help dra aan ‘n las wat sy vinnig leer ken as iets totaal ongewoon, maar vele hande maak dit maklik. Eh, nie wat jy dink nie. Sy sien eerstehands alles waaroor ek kla en soms verstom staan. Dit is so lekker om bevestiging te kry van ‘n buitestander dat so min hier rond normaal is. Net toe ek dog ek raak paranoïes. Haar volwassenheid om kwessies wat my laat struikel, is verbasend. Die vroue publiek is soms so aaklig met haar, maar sy staan sterk agter my en weier om of slagoffer of dood te speel. Taai meisies, die Meyers.
*
As jy nie weet hoe ek voel oor sjokolade nie, lees hier.
*
Lekker week almal.
Toemaar, die ergste koue voel verby.

Ekke
*

Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:

1.    Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe dinamiese Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 

 
Bakkies. Armand. Die Antwoord. Wat jy nie mag doen na 30. Dankie Helen Zille PDF Print E-mail
User Rating: / 58
PoorBest 
Sunday, 18 July 2010 22:43

Ek plaas volgende week my gesprek met die swart politikus waarvoor ek gewag het. Iemand wat die land kan, wil en sal omdraai. As hy ‘n party gehad het, het ek NOU vir hom gestem en almal gekry om saam te stem. Lees volgende week hoekom. (En dit het niks te doen met sy perfekte Afrikaans of sy eie top vyf gunsteling politici nie: Shaka, Paul Kruger, Smuts, Verwoerd en Mandela. Ek sweer. Hou vas jou hoed)
*
Kyk Kwela hierdie week vir die video van Juliet, of kom sommer Emperors toe Woendag tot Saterdag.
*
My Facebook is sopas oor die 43 000 lede merk. Ons word 'n Volkstaat. Ons kan gondwetlike regte eis as 'n groep. Gaan kyk bietjie.
*
Dis 'n voorreg, 'n vreemde voorreg, om my seun se CD langs myne te teken op toer. Well, done, Armand. Ek het jou gevra om my te wys dat jy belangstel. Jy't puik songs geskryf. Geluk met jou CD. Nou gaan ek jou skaaf dat jy bars...vergelyk bietjie my eerste CD met syne, aartjie na sy vaartjie.
Ja, wat, ek weet, vergeet die bloedtoetse.
*
Dankie KIA Eastvaal Middelburg vir my oulike nuwe Sorento!!!!! Mooi, ne. Toet as jy my sien.


*
Hier is Askmen se top 10 dinge wat mans nie mag doen na dertig nie.

1.    Eat fastfood
2.    Drive recklessly
3.    Play videogames obsessively (oeps!)
4.    Live in a dorm (kommune verblyf, ens.)
5.    Get a tattoo
6.    Binge drink
7.    Live pay-check to pay-check
8.    Work at a dead-end job
9.    To be socially politically clueless
10.   Dress like a slob
*
Sal almal asb vir Bakkies uitlos. Hy's jammer. Ek dink hy's TE jammer. Hierdie is rugby teen die All Blacks, nie Black Jack teen parapleë nie. Ons het teen die Kiwis verloor omdat ons ons primêre gameplan weggeskrik het: wees aggressief. Ons kry geelkaarte en begin dan Ritchie se manne omhels met liefde i.p.v. lak dat die vulkaniese as op hulle gatte lê.Lees hier hoekom ek so pleit vir Bakkies.
*
Volgende week maak ek my buiging as IDOLS beoordelaar. As jy mooi kyk (en as dit nie geredigeer is nie) sal jy sien hou koud Mara langs my sit. Hierdie was die oggend van die Julius Malema brief. Sy moes glo keer dat 'n Unie of iemand my nie inwag in Durban nie. Ek het haar en haar unie uitgelag. En toe die koue skouer gekry vir 3 ure. Tog was dit 'n lekker ervaring met meer kwalifiseerders as enige ander stad in SA. Kyk Sondag.
*
Mense vra wat ek dink van Die Antwoord en Jack Parow. Ek's jammer. Hip Hop is nie my ding nie. Maar, ek's 'n ou closet Kid Rock groupie, en vind nogal aanklank by Jack en Die Antwoord. Dis gimmick-erig, maar braaf. "I don't need you" is vervelig maar "Enter the Ninja" is bedonnerd. Hierdie is ongelukkig (vir my) musiek wat nie veel doen sonder beeld, kostuum, trend, timing en video nie (dankie, tog, want Yo-Landi is gorgeous in enige taal). Hulle zef Afrikaans is eintlik beter as hulle De Korte Street Engels maar as hulle ons ambassadeurs gaan wees op die wereld verhoog, het hulle my stem en prouteksjin. Die pispot haarstyl is ook nogal nostlgies. Hip Hop ten spyt, hoe kan jy nie vir ou Churchill laaaaaik nie. Hy sing oor Afrikaans hier in "Praat Saam My." Lekker, my bru. Daar mag niks wees wat jy NIE in Afrikaans kan doen nie. Alles hoef nie PG te wees nie. As enigiets wettigs jou nog skok, is jy self bietjie agter, ne. Maar jou smaak is jou smaak, ek se.
*

Ek praat met Bobby Angel backstage by Emperors. Oom Lance James is siek. Hy was bespreek vir hierdie twee weke by Emperors, maar ek moes Bobby kry om vir hom in te staan. Sal hy opdaag? Twee dae later stap Lance James in. Die Big Daddy van Country neem oor by die Koning van Country. Ou vrinne wat al baie dekades saamwerk. Altyd een oproep weg. Met ‘n wil om te werk wat amper vreemd is in ons moderne apatie en era van luigatgeid. Bobby Angel en Lance James, DIT is hoekom ek TOEKA gedoen het destyds. Julle is my rolmodelle op soveel vlakke. Ek bedank julle weer. Dit is ‘n voorreg om saam julle te kon gewerk het en dit sal altyd een bly. Dankie vir die vol huise en die Affies Seunskoor wat naweke kon kom inloer het.
*
Hier's 'n oulike site as jy wil weet wie saam jou verjaar. Geluk aan Lance James en Nelson Mandela vir hul b-days gister.
*
Ek moet bieg ek verstaan die Afrikaner slawe-eienaar debat glad nie. Ek weet nie hoekom dit belangrik is nie en ek weet nie hoekom dit verdedig of ontken moet word nie. Dit is soos om opgewonde te raak oor heksery, toordery en heksejagters in die Verligtings Era. Wat essensieel is is dat wat in gister se konteks vandag as taboe beskou word, NIE herhaal moet word nie! Ek vind byvoorbeeld vandag geen heksejagters, sangomas en toordery in Afrikaner gemeenskappe nie. Omdat die Weste eeu gelede daarmee afgereken het en so dit ontgroei het. Ek vind wel slawehandel onder alle 18de eeuse demografiee. Ek vind so ook dat die Bybel nie een enkele negatiewe woord oor slawerny te spreek het nie. In Amerika is daar in sekere Afro-Amerikaanse polemiek 'n dankbaarheid daarvoor nadat 'n swart bewussyns aktivis gepreek het dat daar net een aakliger ding was as om as slaaf uitgevoer te gewees het Amerika toe -  en dit was om NIE uitgevoer te gewees het nie!
*
Lees my Jacaranda blog volgende week waar ek daai Durbanse idioot Michael Sutcliffe roskam. Hy is die pous van onbenullige naamsveranderinge, en as jy gedink het ek voel niks vir die Sharks se erfenis nie, dink weer.
Ek love Durban.
Ek haat erfenis ontkenners.
*
Ek lees Ayn Rand se Atlas Shrugged. Die laaste Rand wat ek nog moet lees. Veral noudat dit as ‘n film verskyn amper 52 jaar nadat die heethoof antie dit geskryf het. Dit was haar vierde en laaste (en langste) boek. Verlede jaar was dit steeds die 33 ste mees verkoopte boek op Amazon en die film gaan nog verkope bydrae tot die totaal van 6.5 miljoen kopië. In 1991 het Amerikaners vir dit, naas die Bybel, as hul mees invloedryke boek gestem.
Ek voorspel weke van rasionele selfsugtigheid in die Hofmeyr huis. Haar lewensteorie is ‘n kil, relevante ene waar prestasie met niks anders vervang kan word nie. En jou vergoeding daarvoor is JOUNE en hoef nie gedeel te word nie. Sy haat die welsynstaat en voel dat liefdadigheid die probleem vererger. Sosialisme grief haar en kollektiewe traagheid straf homself. Gereguleerde, belaste industrie is vir haar sinoniem aan die hel, omdat die wereld sonder sy winsmotief geen groei en produktiwiteit kan onderind nie, en afsterf daarsonder. Lees Afrika se gek flirtasie met Marxisme... Maar is die morele verdediging van aggressiewe kapitalisme versoenbaar met Christelike etiek en ubuntu?
*
Dankie Helen Zille. Ek het gewonder oor hierdie “ooptoilet” toiletgesprekke. Dit klink my tipies van die ANC jeugliga en die vlak waarop hulle omgaan met polemiek. Ontlasting.
In die tyd dat die 55 toilette oop was, is niemand “gedwing” om hulle te gebruik nie. Die gemeenskap kan ruim gebruik maak van ’n alternatief – een toegeboude toilet vir elke vyf huishoudings, synde die nasionale standaard vir projekte wat in stadiums opgradeer word. Gegewe dat 96% van die gesinne in die projek nou hul eie toilette het, was die gemeenskaplike toilette meestal onbeset. Die herhaalde aantyging dat “55 gesinne in Makhaza twee jaar lank gedwing is om ’n toilet in die openbaar te gebruik”, is van alle waarheid ontbloot.
Niemand is “gedwing” om 55 oop toilette te gebruik nie. Geweet die ANCYL ooptoilette debat is 'n kak debat. Kan iemand vir my vertel hoekom die ANC Jeug Liga nog relevant is?
*
Ek luister tans Alicia Keys en Jennifer Rush. Ek lees Atlas Shrugged en Richard North Patterson se nuutste. Saans lees ek Mr Stink vir die seuns en classics vir kleuters (The Tale Of Two Cities, Hamlet, ens).
*
Dankie vir hierdie 1, 2, en 3 wonderlike resensies van Vier Briewe Vir Jan Ellis.
*
Rerig dankie. Ek's nie goeie resensies gewoond nie.
Liefde,
Steve


*
Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings: 

 

1.    Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe dinamiese Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 23

Weskusplek Hotel

Weskusplek

Solidarity

Helpende Hand Fonds

Camerastuff

Banner