|
Neem beslis deel aan die Jacaranda World Cup of Music. Ek en Eden is die laaste Afrikaanse outjies, teen groot name soos Queen, Celine Dion en Michael Jackson (vir wie jy nie mag stem nie, of jy vrek). Skakel in by Jacaranda 94.2 deur die dag. Dis fun. Lees ook my nuwe (sluwe) Monkeypuzzle hier en my verjaarsdagwense aan SA hier. *
Hier is 'n paar fotos uit die NZ toer. Ja, ek weet, ek lyk sleg in 'n All Black trui, maar dit was tydelik. Dankie weereens aan almal daar. My Kiwi trui het 'n ereplek teen my rugbymuur. Sien julle volgende jaar? * Moet sê, ek geniet DIS HOE DIT IS vreeslik.
 Ek het hierdie naweek gekyk en self gelag vir hoe mal ons soms raak. Die reeks lyk goed en klink ook al beter. Die gaste is verstommend. Dankie aan almal. Loer bietjie hier. * Weereens kry sport (en musiek) reg wat politici maar net van kan droom. ‘n Gelukkige Suid Afrika. Ongeforseerde eenheid en samehorigheid.Saterdagaand klop die Bulle die Stormers op Orlando. Ek mis Loftus natuurlik, maar Soweto is uitgeknip vir rugby. Die roetes soontoe was geensins onder druk nie en Pretorianers het uitgepeul uit die honderde busse en bussies buite.Die tuisveld handkêp het begin lyk na wegwedstryd voordeel.
   Ek en Kurt (met mal Windhoekers agter ons) skerts dat ons graag hierdie Bullsspan sou wou sien teen internasionale spanne speel, want hulle kom al hoe meer oor as ‘n batteljon eerder as ‘n rugbyspan. Jacob Zuma kom maak sy speech reg voor my, maar ek’s bevrees die vuvuzela’s, soos brannewyn, ken geen brieke nie. Daar is selfs elektroniese vuvzela’s vir die Boere wat die blaas nie lekker bemeester nie. Nie 'n woord gehoor nie, mister Prez. Dit pla my nie soseer nie, maar ek reken dit gaan verban word as 'n sekuriteitsprobleem: geen afkondigings hoe dringend ook al, kan gehoor word nie. "Ladies&gents, there is a fire and a bomb, please make your way...pwaaaaaaaaaaa!"
   Ek het my voorreg misbruik om my seuns langs my op die veld te hê en hulle praat al 48 uur van die ondervinding. Maar dit was en sal onthou word as ‘n monumentale ondervinding in die Suid Afrikaanse geskiedenis. Dit was lekker om ook weer ‘n paar woorde met Bryan Habana te wissel. Sy posisie moet vreemd wees, teen sy ou span, op Orlando, met ‘n drie reg onder hulle neuse. “Hoe’s die Kaap?”. “Lekker, baie lekker.” sê hy. Teen die einde, terwyl Ben soos ‘n bloedhond agter die confetti aanhol, kry Sebastian die kans om Victor en Morne se hand te skud. My laaste foto is van Frans Ludeke, waar hy staan met sy Super 14 beker. Dis hom. Ons s’n. As jy hom soek, kom haal maar volgende jaar. * Hierdie persoon is miskien effe oorgretig, maar ons is seker reg vir die sokker ook!
  * Duisend en Een is #1 landswyd. Dis lekker. Mense skryf letterlik van oral oor die wereld oor hul gunsteling liedjies daarop. Sover lyk dit my is Blou Ballon die meeste se fave.
 * Ek sien uit na hierdie naweek. Ek doen 'n paar liedjies vanaf Duisend&Een saam met die einste Affies koor in die Pretoria Stadsaal!! Die konsert is oop vir die publiek. Kaartjies is by (082 876 5020) of Marna Marx (083 227 8178) beskikbaar.
 * Hier is die Boervolk Radio spasie. Ek kuier veral daar as ek erfenis boeke wil opsoek of aflaai. Loer in.
Steve xx * ps: Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings - Dit is nou moontlik om op vier verskillende plekke deel te word van Steve Hofmeyr se dag tot dag dinge. Boekmerk die volgende kuierplekke en bly op hoogte met sy wêreld, sy CD’s,sy opinies en sy konserte.
1. Steve se DIS HOE Dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (jy's op hom) 4. En Twitter (vir daaglikse op die minuut inskrywings) |