|
En daar is Januarie amper daarmee heen. Ek is hande viervoet ingegooi:
 Teen 7 Januarie het ek my nuwe CD se stemwerk voltooi. Miskien was ek te uitgerus. Jip, die nuwe CD het nie ‘n naam nie want ons kan nie ooreenkom nie. Ek neem nie sommer besluite in isolasie nie en die dames hier is slim met sulke dinge. Die 1001 titel het die massakoor bydrae onderstreep (die Afrikaans Hoër Seunskoor). Maar ander verkies Dans Weer Op My Lippe, Lanklaas In Jou Oë en Vir My Beautiful – algar lyntjies uit die liedjies daarop. Wat dink my?
Steve se sesde kind. Blabla. Die media se kruistog om weerloses te verwoes MOET eenvoudig gestop word. Wat sê hulle vandag vir daardie kind? Hoe hanteer daardie onskuldige meisietjie skool op Maandag? Dinsdag? Waneer het ons in julle oë van lewende mense na dooie lesers verander? Is die toerekenbaarheid van die oproepe wat julle nie kry nie meer deel van julle navorsing nie? Ek wil sien hoe wurm RAPPORT hulleself uit hierdie ene. Nee, ek het toe nie nog kinders waarvan ek weet nie! Ek reageer weer Maandag hieroor. Gepraat van, Sebastian se eerste gediggie is in sy skoolblad gepubliseer. Hy's agt. Crabs come in different colours. Run on rocks. Wear no socks. I like u mr Crab
Survivor het begin. ‘n Celebrity Survivor. Die beste manier om borge te verseker, maar ook die probleem. Ingeboude jaloesie behoort intrige te verseker, maar ek dink nie akteurs moet deelneem nie. Dis realiteits-TV en ek soek nie performances nie. Ek soek realiteit, of soveel daarvan as moontlik. Tog het ek dit geniet. My geld is op Gys.
Ek is in die finale fase van voorbereiding vir Vier Briewe Vir Jan Ellis, my boek wat in April verskyn.Hy's kort maar kragtig en ek wil he almal moet voel hulle het dalk hulle eie lewe daar raakgelees. In minder as 60 bladsye. Mag nie uitbrei nie, maar almal wat 16 Januarie op die MSC SINFONIA was, het ietsie daaruit gehoor en die reaksie was fantasties. Ek stel dit vry by die KKNK tydens twee geleenthede (Boekehuis, ens) maar ek het reeds die stuk vertolk vir verhoog en kyk om dit te doen vir Aardklop. Maar die boek eerste. Ek is so opgewonde soos 'n kind, al koop net my ma dit.
Ek sal dit beslis volgende jaar weer doen. Die magtige MSC Sinfonia in Afrikawaters.    
Dit was ook my lekkerste see-trippie tot toe. Daai skip is darem Titanies (verkeerde beskrywing miskien): dertien verdiepings en drie hysbakke om daar te kom. En soveel mense maak mens sommer bang. Was lekker om te kuier, ook saam van die ander celebs daar (Arno, Angelique, Sunette, ens.) Hier pose ek, Sune en Arno vir 'n kamera. My kajuit was heelbo met 'n stoepie en 'n uitsig op die Afrika ooskus.  Ek lees Andy McNab se EXIT WOUND (skop-skiet en omblaai) en Hyland iemand se THIS IS HOW (sover boring). Avatar en Sherlock Holmes is my gunsteling flieks sover in 2010.
*
Raaait. Ek moet waai. Carnival City toe. Dis DIS HOE DIT IS! Kom kuier as jy niks doen nie. Nuwe show, nuwe stelle, nuwe songs en lekker gaste!!
Steve xx |