<<  August 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
        1
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     
  • Duisend En Een

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. PLATINUM STATUS; more than 40,000 copies sold! 5th book (Vier briewe vir Jan Ellis) and 10th season of Dis Hoe Dit Is
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Steve sings Kristofferson

    Kristofferson Steve Sings Kristofferson DVD and CD goes gold and platinum in weeks. (40,000+)
  • Autobiography

    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook
Steve is now officially on FB! Click on the image to be taken to his page.

Steve on Twitter

Basic authentication is not supported

EMI SA

Logo EMI

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Bulembu Lodge - Mozambique

Bulembu Lodge
AddThis Social Bookmark Button
Recent News
Newsletter(s) PDF Print E-mail
User Rating: / 14
PoorBest 
Thursday, 18 February 2010 08:56

Hi almal,

Ek is tans besig met 'n SHM Nuusbrief sisteem waar almal kan instem om dit te ontvang. "Ou" SSSB geregistreedes sal dit onmiddelik ontvang. Daar is natuurlik 'n UNSUBSCRIBE opsie as jy dit nie wil hé nie.

Hi everyone,

I am busy integrating a Newsletter Mailing List where everyone can register to receive it. "Old" SSSB registered users will be added to the list(s) and receive the Newsletter(s) automatically. There is of course an UNSUBSCRIBE option if you do not wish to receive it.

Keep an eye on the left Navigation menu for an option called Nuusbrief/Newsletter in the coming days.
If you have changed your email address since the SSSB days, you can re-register in the link soon to be provided here on the site.

Happy surfing!

Harvey
Webhampster Webmaster

 
Koerante gaan deur hel. Twitter loop. Jack is terug. PDF Print E-mail
User Rating: / 69
PoorBest 
Sunday, 14 February 2010 12:07



Join TWITTER (verniet!) as jy tweedaagliks op hoogte gehou wil word met my doen en late in enkele kort sinne. Van die eerste inskrywings verskyn links onder. Twitter is glad nie anders as Blogs en Facebook nie, behalwe dat jy niemand kan verveel nie. Alles gebeur in enkele sinnetjies en gebeur dadelik.
*

Dringende Dankietyd:

Dankie aan Vrouekeur en Robert Hamlin vir ‘n voorblad wat baie goeie reaksie uitgelok het.

My seuns is oral. Hulle ondersteun my deur alles. Hulle is te jonk om te weet wat hulle vir my beteken en ek sal dalk nie meer daar wees wanneer hulle dit agterkom nie, maar dan sal hulle kinders dit vir hulle doen.

Dankie Dirk en Carien vir die pragtige boek wat ek lees: The History Of Love. Dis vrek mooi en presies die onderwerpe wat my meeste boei: tyd en verganklikheid.

Dankie Sune vir al jou harde werk terwyl ek verpligte leeswerk doen en aansterk. Iemand moes jou gewaarsku het teen ou mans. Hulle is vol kwale en dinge...

*

"Afriforum het pas ʼn dringende skrywe aan die Suid-Afrikaanse Skeidsregtersvereniging gestuur met die versoek dat die vereniging sy besluit om die rugbyreëlboek voortaan slegs in Engels beskikbaar te stel, te heroorweeg.  Dit volg nadat AfriForumlede (ondersteuners en skeidsregters) gekla het omdat die boekie nou nie meer in Afrikaans beskikbaar is nie." Kallie, geluk met Maandagaand. Deon Maas sal nie in hierdie eeu opgewasse wees teen jou nie. Sy ideologie is so oud soos die berge. Anders as Riaan en Deon, is shockjocks gewoonlik taamlik ingelig.

*
Dis weer Super 14. Nou die dag nog gewonder wat ek sonder rugby gaan doen hierdie somer.

Die Bulle skop mooi af, maar die Super 14 is nog lank. Ek dink nie baie spanne gaan die Cheetahs keer nie. mooi so julle.

*

Rapport rubriekskrywer Roof Bezuidenhout is nie dom nie, maar na sy artikel Sondag oor “Die einde van politieke korrektheid”, ontbloot sy lesers hom vir die sy meerwaardige linksheid (lees Philip Grobler veral 2/14/2010 6:38:56 AM). Die koerante gaan deur hel. Hulle word elektronies bedreig en die dekades se progressiewe propaganda is onlangs ontbloot deur gereedskap van hul eie kader, naamlik mediavrye menigspeilings. Dink net die verbasing in die redaksiekantore toe hulle moes aanhoor dat meer van hulle lesers belangstelling toon in ‘n volkstaat as nie! Ek het lekker gekry. Hier is jou DIY Leftie propaganda Simply Slim toets vir jou eie koerant:
1.    Lys die rubriekskrywers en sien vir jouself (Koos Kombuis, Max du Preez, Roof, Jan-Jan,  Fitzpatrick, Tim du Plessis, Deon Maas, ens.) Meesal goed maar nie ‘n enkele behoudende haartjie te bespeur nie.
2.    Kyk hoe lank behoudendes hul rubriekspasie gegun is. Jy sal min sien want hulle is natuurlik nie daar nie. Ek dink Dan Roodt het nie eers ‘n maand gehou by Rapport nie. Flip Buys is ‘n wonderwerk, maar hy kan slim verwoord (en kry ongelukkig gans te min spasie!)
3.    Rapport is so ver links dit is nie eers meer vanmelewe se oulike ANC koerantjie nie. Kyk hoe tragiese was die redaksionele reaksie in beide die Beeld en Rapport na aanleiding van die Volkstaat meningspeiling.
4.    Vergelyk die sentimente van die briewekolom met die van die internet. Twee verskillende wêrelde, veral as die kwantiteit reaksie in ag geneem word. ‘n Briewekolom is makliker om te manipuleer as ‘n artikel, glo my. My protes hier kom al jare en is goed gedokumenteer.
Tyd om te erken jou media instellings maak staat op Afrikaanses en Afrikaners se geld en voel boggerol vir sy behoeftes en belange. Die modernisering van die Afrikaner sal eenvoudig nie meer in hierdie ou links/regs taal verwoord kan word nie, Andries. ‘n Volkstaat sal nie werk as ‘n almoes geografiese ekslusiwiteit nie (en indien dit was sou ek settle vir niks minder as die Vrystaat en ou Transvaal nie!). Dis nie meer ‘n plek waarnatoe jy MOET trek nie, dis ‘n stukkie menswaardigheid waarnatoe jy geld stuur om om te kyk na die tuine óm jou enigste Afrikaanse universiteit. Dis die vrede wat jy kry om te mag weet dat jou monumente staan op ‘n plek waar niemand hulle sal rondskuif nie en geen name verander sal word as terapie vir swart kultuurarmsaligheid nie. Dis die spasie wat jy nog nie wil herken nie, Andreis: die post-PC spasie, waar die Big Brother van linkse propoganda sy knaters verloor het en impotent rondhang saam die ander relics van ou denke. Lees nou Flip Buys en Marinus Wiechers se artikels oor trots en selfbeskikking en weet hier kom ‘n ding!

*

Ek’s beslis nie alleen nie. Twee jaar gelede met my eerste operasie het ek my gesondheid aan vele nursies te dankie. Een van hulle was Jack, die Neushoringvoël. Met my tweede bed-aksie (2009) het die Indian Minahs ou Jack verjaag en sy nessie in my geut oorgeneem. Noudat ek weer plat is hoor ek skielik die ou nostalgiese klop aan die vensters (ons weet nie hoekom doen hy dit nie). Daar staan ou Jack op my stoep se reling, bietjie ouer en deur die weerlig gedonner, maar daar. Jukuti-juk-juk-jukuti-juk sê hy, soos altyd. Ek’s so bly ek neem sommer tien foto’s en gooi my Valentyn’s croissant by die deur uit. Hy pik dit op, verdwyn en kom dan terug vir meer. Ek voorspel ‘n spoedige genesing.

*

Ek dwaal na 'n fotosessiedeur die ateljees. Iets lyk bekend. Toe kom ek agter. Ek het die EGOLI ateljees nooit van hierdie kant betree nie. Hierdie verlate kamers was een die bonsende spasie waarbinne akteurs hulle woorde loop en leer het, kostuums aangepas het en grimering gekry het. Hierdie was my, Deon Coetzee en Brumilda se kamers. En die sitkamertjie waar ek en Mimi Coertze blokiesraaisels gedoen het.
Danksy EGOLI het ons vandag tientalle sepies. Die einde van 'n era. Ek sal nie vergeet nie...

*
Ek gesels weer oor 'n week of wat - of sommer daagliks op TWITTER. Join ons.
Tara

 
DIS HOE DIT IS voltooi. Hier kom 'n ding. TWITTER NOU! Mandeladag. PDF Print E-mail
User Rating: / 88
PoorBest 
Sunday, 07 February 2010 18:53

 

Ek's binnekort op Twitter en sal jou meer as eenkeer daagliks op hoogte kan hou. Sluit aan (steve_hofmeyr). Dis verniet!

Lees onder oor Mandeladag en tee.

As hierdie DIS HOE DIT IS ooit deur ‘n ander geselsprogram onttroon word, wil ek tog net daar wees om dit te sien. Wat ‘n reeks (ons is in Januarie genomineer saam drie ander vir top "talkshow" in Suid Afrika. Ons hoor einde Feb.). Daar het so baie gebeur dat ek net hier en daar onthou.

Ralph

Liani bo. Gorgeous.
As jy aansluit by ons wanneer dit draai op KykNet teen April, sal jy sien hoe:

-    ek en my groep kaal speel (vir die nudis Beau Brummel)

Kaal


(...en Beau wat weier om uit te trek!)
-    ek en Parlotones uitgestof word deur Heuwels Fantasties in ‘n TV-boulkompetisie. Hulle het hulle s’n 7.38 meter ver gesmyt.
-    hoe iemand anders my stoel inneem en DHDI aanbied. Nogal goed ook.
-    ek en vriende ‘n paar drolle se bakkies van die skerms afgooi met eiers.
-    ek liedjies vanaf my nuwe Cd “eenduisend en een” kon doen.

Die beste, seerste en oulikste onderhoude en gesprekke ooit. Ek het self twee keer die knop in my keel koes afsluk, maar uiteindelik lag ons darem baie meer as huil.



Well done ALMAL wat daarop gewerk het. Julle MOET die top span in die land wees.

DHDI 2010 - Crew

Bo is die DHDI span. Ek en Andries het ons laaities saam gebring.

Solank as wat ek in hospitale rondhang, sal Janine en haar media maatjies my skuld. En ek sal eis. En eis. En eis. En ek het nog nie begin nie. Gesondheid kan nie onderskat word nie. Ek het myne verloor.

Verder gaan dit goed. Ek vat af na DHDI en sal teen die 22ste weer reg wees vir die voltooiing van daai laaste paar Solitary Man vertonings.

Die nuwe CD (duisend en een) is klaar, maar sal eers in April verskyn. Ek het een Johan "De La Rey"Vorster lied opgeneem (die eerste keer dat ek 'n kontemporere liedjieskrywer se werk gebruik!) en neem binnekort die Affies Seunskoor daaroor op.

Heit. Ons lyne werk. Na drie blerrie weke. Skakel gerus.

Almal vier Mandela dag. Daar's mooi stories van onthou en verligting. Vir baie 'n verlossing. Hy was nie 'n slegte ideaal nie, maar beslis ene wat ons glad nie kon haal nie. Dis jammer. Ek weet nie watter ander vredeliewende opsies oor was nie en ek dink wel dat elke Afrikaner opoffering om hierdie land te bekom en op te bou uit niks, in ons gesig terug gegooi is.

 

Die Verkenners is bietjie kwaaier as ek, en nie sonder gronde nie. Hulle skryf:

Sommer op die voormiddag van die dag waarop die vrylating van Nelson Mandela twintig jaar gelede in herinnering geroep word, basuin die nuus dit uit: ‘n bejaarde egpaar is vermoor in hulle huis in Mayville gevind.

Enkele dae gelede dien die Staat dokumentasie in om ‘n aansoek dat die nasionale taalwet in werking gestel moet word, te opponeer, en die boodskap is duidelik: Afrikaans as taal staan op sy eie, en die Staat sal niks doen om Afrikaans te bevorder of te beskerm nie.

Die dorp Piet Retief se naam is verander in iets onuitspreekliks en onbekend, terwyl daar steeds getorring word aan Pretoria se naam.

Sal al die lofsangers van Mandela se vrylating 20 jaar gelede nou vir een maal in hulle lewe die moed hê om op te staan, en ruiterlik te erken dat dit is wat hulle graag wou gehad het?  Dat weerlose oumense twintig jaar later vasgebind en wreedaardig en lafhartig vermoor word?  Dat die Afrikaanse taal twintig jaar later in ‘n oorlewingstryd soos nooit tevore geforseer word?  Dat Suid-Afrika onherkenbaar vermink word met vreemde name, waar die laaste prioriteit skynbaar dienslewering is?

Mnr. De Klerk moet nie pleit dat hy niks anders kon doen nie.  Hy moet nou reguit sê of hy nou tevrede is, en of hy bereid is om enigiets méér te doen om die onreg teen die Afrikaner te herstel, behalwe om akademiese gesprekke oor die taal aan te bied.

Intussen is dit duidelik dat die Afrikaner twintig jaar na Mandela se vrylating, al hoe meer na homself moet omsien.  Hy sal moet sorg dat hy voorbereid is om misdadigers ‘n warm ontvangs te gee, want moorde soos dié in Mayville, kan eenvoudig nie voortgaan nie.  As dit dan so is dat Afrikaans “op sy eie is” en die gebruikers daarvan self vir die taal moet sorg, moet ons dit as ‘n taaloorlog sien, en moet Afrikaanssprekendes nou meer as ooit op hulle taalregte staan, en weier om die taal van die voormalige kolonis te praat op enige plek of onder welke omstandighede ook al.  En die vertroude plekname moet in die volksmond behoue bly.

Intussen moet alle denkbare en werkbare alternatiewe ondersoek word, om die Afrikaner weer ‘n vrye volk in ‘n vrye vaderland te maak.  Meningspeilings in Beeld en Die Burger het reeds oorweldigend bewys dat ‘n volkstaat ‘n al hoe meer aanloklike alternatief word vir die bedeling wat begin het met Mandela se vrylating 20 jaar gelede.

*
JZ se toespraak was vir my "more of the same". Geen detail, uiters vervelig. Maar ons sal in 'n ander land bly as alles haalbaar is. Kom ons kyk.
*
Die pic doen die rondtes. Ek stem amper saam.

Ja, ja, ja...Onthou Twitter. Sluit aan en ek gesels deur die dag in kort opsommings met jou oor waar ek is en wie ek met tee gooi...

Lekker-lekker

Steve

(DHDI foto's deur Louise, David en Harvey)

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 7 of 24

Weskusplek Hotel

Weskusplek

Solidarity

Helpende Hand Fonds

Camerastuff

Banner