Steve on Facebook
 Steve is now officially on FB! Click on the image to be taken to his page.
Steve on Twitter
Basic authentication is not supported
Bulembu Lodge - Mozambique
|
|
“Skiet die k******s hulle is verkragters” in A minor. Repeat chorus until fade. |
|
|
|
|
Monday, 15 March 2010 09:34 |
|
Kom ons volg Malema en die hof se reaksie op sy haatspraak dagvaardiging van SHOOT THE BOERS THEY ARE RAPISTS. Tot dan staak ek komposisie aan my nuwe lied SKIET DIE K*****S HULLE IS VERKRAGTERS. Answers in my outbox:
What is SA’s problem? Entitlement. What blacks see as liberation, whites see as common theft. Fullstop. All paths of discontent lead through here. Please don't tell me you want the old SA back?
Absolutely not. I voted & marched for this democracy. I'm going to help make this one work. Neither do I mind a black, brown or white government. I simply mind an unaccountable one. Actually, I dislike most governments. Privatise the future, please. Come on, Steve, your English fans don't know you like this.
Please don't tell me I should rely on the English, Zulu and Xhosa to tell me how to react this time. Afrikaners have been singled out as rapists and murders. And thank you for caring. We hate Afrikaners. They are and have always been racist. Is this because for the life of you you can't find any willing to rape black folk at all? Maybe Afrikaners are racist. Steve, wie is jy om Zuma se moraliteit te bevraagteken. Jy is ook vals. My privaatlewe het geen effek op die welsyn van die land nie, my woorde provokeer nie manslag nie en my sondes kos die belastingbetaler niks. Sou jy nie meer kon bereik met ‘n besoek aan die president nie? Dit sou my derde besoek wees. Nee. Ons versoeke maak geen indruk nie. Ek het nie eers ‘n doggie-bag verwag nie. Shouldn't struggle songs be seen in context? Shouldn't the old flag and the "k" word be seen in context? "Skiet die Boere hulle is verkragters" is just a song? It's a lie, too. We have been waiting for the hushed statistic demonstrating the amount of white Boere who scale fences and rape defenceless black elderly farmers.The opposite stat is readily available. And quite shameful. The colonised is an envious individual, said Fanon himself. But how do you ignore 30 million Africans in South Africa? The Afrikaner tribe sacrificed almost a third of their entire population in battles here. Totally outnumbered, they still conquered. And when in turn they were conquered, they ceded (reluctantly) to the Union Jack. Blacks were seen as many, but insignificant. Annexure was custom. Democracies came later. Isn’t democracy the answer? To get goodies because you outnumber others? Maybe. I like democracies, but I prefer achievement and merit. Maar ek soek jou nie as ‘n Afrikaner leier nie. Pas my. Ek protesteer as landsburger. Ek het nie jou mandaat daarvoor nodig nie. Jou blog inskrywing (inskrywing onder) is maar rassisties soos Malema s’n. Dan het jy hom nie deurgelees nie. Ek erken dat ek van beter weet in my ope brief aan Julius. My probleem is nie met enige en alle swart mense nie. Ek sonder ons tragiese kontinent en land uit. Hoe kan jy sê daar was nog nooit een enkele oospronklike swart idee nie (inskrywing onder)? So: “daar-was-nog-nooit-een-enkele-oospronklike-swart-idee-nie”. Ek sal apologie aanteken nadat jy my verkeerd bewys het. Duidelik bring jy ‘n CD uit. ‘n Bietjie gratis promosie? So, dis meer eties om te polities te swyg terwyl jy handeldryf? Stel jou voor die nasionale stiltes. Ek’s jammer jy’s werkloos. Aanhouer wen. Wat is die verskil tussen De La Rey en Shoot the Boers? Presies. En kyk die groteske reaksie op ons lied. De La Rey identifiseer egter geen bestaande teikens nie en vra LEIERSKAP, nie LYKE nie. Die teiken was die Engelse en dit was ook ‘n groter treffer. Jy is ook maar ‘n regse rassis. Dan sou ek nie so vas geglo het in die potensiaal van enige sterfling nie. Ek is ‘n teleurgestelde linkse. Maar regs/links is lankal irrelevant. Linkses wat ander se opinies onderdruk is ook passe. Moet nooit my liefde vir Suid Afrikaners onderskat nie. Alle kulture, kleure en groepe. Dit was altyd so. Wat was die ANC se grootste fout? Net een? Kommunisme. Die ou SAW was reg. Om ‘n effektiewe infrastruktuur oornag na ‘n ekstra 30 miljoen mense oor te skuif, was laf. Nou is dit te laat. "Aren't we done with die Afrikaner kraal" (702 presenter). Aren't we all South Africans ? Ask the prez. He identified AND invited us. Oh, my god, methinks I exist! |
|
|
Skiet my eerste, Malema. Braaityd met Z. Die Oscars. My skoolhoof. Andalene. Duisend En Een. |
|
|
|
|
Monday, 08 March 2010 10:00 |
|
Dear Julius As of today I withdraw my former World Cup enthusiasm with active endorsements of all warnings to potential visitors until your leadership rebuke you as we see fit. Tomorrow, after you’ve shot the Boere you will still be a pitiful black African living in denial of your own impotence parading as a fake achiever without contributing to the world a single original idea. Yours is mere envy disguised as hatred as nothing you say, wear, drive and steal alas, even your idiocy, is a luxury born of this continent. You must appeal to base sentiment as Africa has yet to yield a single intellectual, a single thought school, a single intellectual thought not inspired by the very West you and Mugabe detest. You have been a phony from the day you set out to champion a defiance from a period you we not even born. You are still consuming from that productive era living in the lap of luxury thanks to the taxes of the very people you want to shoot, the only tribe to sacrifice a third of its population to breath in the African air. In history South Africans will choose to forget you when the only thing you should be remembered for is you share in the falling short of a brilliant idea: a working South Africa. You are a black man. To be proud you must pander to white ideas: you must drive cars, live in expensive hotels, wear suits, be Christian, do unions, be Communist, wear wigs, speak English and play soccer. Although I know better, you will enforce the stereotype of how Africans are globally viewed... ...with pity. Steve Hofmeyr *   Dis weer braaityd saam president Zuma. Ek’s genooi om saam ander die Afrikanersaak te gaan bepleit. Maar ek gaan nie pleit nie. Ek het laas. Daar het niks van gekom nie. Ons is duidelik op ons eie. Die arme prez ook...   Toe ek opkom vir hom by ‘n media sessie oor die misdaad briewe, word dit ‘n hoofopskrif, maar ek was nie verkeerd oor hom nie. Hy het hulle ‘n week later aanvaar. Maar okei. Na Buckinghampaleis, kinders, vroue, Julius, COSATU en ‘n grommende JanTaks, moet hy onder meer druk as ooit verkeer. Ek gaan hom nie meer belas nie. Maar ek wil seker wees hy weet wat om hom aangaan – en dat die Afrikaner Renaissance die Afrika Renaissance soos ‘n garage-sale gaan laat lyk. * Andalene trippel rond soos baas van die plaas.
 
Haar groot oë vra pal wat al hierdie ander skepsels op haar grond soek. Ons voel soos indringers. Mense stop op straat om na die ma en kalfie paar te staar. Maar hulle lyk min gepla. *
  Eastvaal Auto in Middelburg skenk hierdie prag-karretjie aan my. Ek ry al heelweek daarmee rond. Hulle is ook gaaf genoeg om nie my naam op die deur te plak nie, alhoewel hulle s’n duidelik pryk. Dankie aan almal daar, veral vir julle gasvryheid. Ek sal haar mooi oppas. * Bo (regs) sien jy my soos jy my nie sommer sal sien nie. Om Steve Hofmeyr (29% Dans&Beweging, Dramaskool) die Diski te leer, het sy risiko’s. Hier pot ek amper ‘n plaaslike DJ disnis in my poging om die sokker-choreografie te bemeester. Die kinders voor ons was baie beter daarmee. Internasionale kanale le my voor en vra of Afrika veilig is. Ek herinner hulle dat ons moordstatistieke merendeels geswaai word deur burger op burger faksies, veral in die KwaZulu hooglande. Ek waarsku hulle dat almal beslis versigtig moet wees, maar dat Afrika gasvryheid hulle sommer alles gaan maak vergeet. Ek wil ook graag nie teleurgesteld wees nie, maar ek gaan nie die party-pooper wees nie – SA was kollektief nog nooit so opgewonde nie. As Suid Afrikaners gelukkig is, is ek. *
   Ek het ‘n skoolhoof wat subtiel wissel tussen mentor en vriend. Hy is stuurman aan een van die mees dinamiese seunskole in Afrika en sy vlerke strek wyd oor sy seuns selfs lank na hulle daaronder uitkruip. In die veld van opvoedkunde is meesters soos hy skaars. Daarom hou hulle hom besig met forums, praatjies, skryf en dinkskrums. Waar hy tussen deur tyd maak vir liefdadigheid verstom my. Dat hy dit doen, verbaas my glad nie. Ek ken hom so. Hy ontdek twee verwese meisies, kry Grey Kollege om hulle oor die lot van die twee te ontferm, kry Dischem om maandeliks te steun en werf ander om hierdie twee vriendelike meisies op ‘n goeie skool soos Eunice te kry. My skoolhoof kan nie oor hulle praat sonder trane in sy oë nie. Mag hulle onmiddellike en bitter verhale gou iets van die verlede wees as hulle in die sagte arms van die Bloemfonteiners-soos-Vollies val. Sterkte julle twee. (Ons ontmoet in die Willowlake Protea Hotel, die oulikste stadsverblyf ooit. Iemand slim het ‘n ‘n paar lee hokke by die Bloemfonteinse dieretuin oorgeneem en ‘n pragtige hotel daarop gebou. Nou is daar kameelperde en olifante reg buite jou venster! Wêreldbeker besoekers gaan dit opvreet.) *
Gepraat van puik skole, hierdie week is ek by Affies besig met die massakoor opnames. Hulle stemme verskyn op 10 van die 15 liedjies op Duisend-en-Een (my nuwe CD vir April). Dis my eerste Afrikaanse komposisies sedert ek Waarmaker se musiek in 2007 geskryf het. Dit voel goed om weer in Afrikaans te dink, sing en romanties te raak. Kyk uit vir FM Stereo, Malpitmuti, Napoleon, DKW, Rooisee en Juliet (deur Johan Vorster). Luister na die duisend stemme op ou bekendes soos All I Need Is The Air That I Breath en Don’t Forget To Remember Me. Hier kom ‘n ding op note. Kom hoor hierdie liedjies vir die eerste keer by die Jakarandafees in Pretoria, ons eerste, eie kunstefees! * Iemand stuur foto’s (onder links) uit my army dae. Weet nie wat ek hier doen nie, want ek het beslis nie ‘n pen pushing job gehad nie. Miskien steel ek gou ‘n oproep na daai hoofmeisie van Brebner High. My armydae was vanaf 1983-1984. Dit het ingesluit 8 maande basies op Pantserskool, Tempe, 4 maande grensdiens, ‘n paar maande rehabilitasie (nie wat jy dink nie) en toe rondhang vir diens om te verloop. In die toerbus kyk ons reeds Ses Soldate (met Lieb Bester, Richard Loring en Barry Trengrove).
  Dit is die army wat ek onthou. Met die uitsondering dat ons sersant ‘n voortreflike drol was. *
 Hier is die eerste keer dat ek in die koerant verskyn het. As ek maar geweet het. Om my staan Oumas en Grootjie's, (Oumie Helen, wat links sit, was Genl. Louis Botha se dogter). Ek praat baie oor hulle in Mense Van My Asem. Hierdie is geneem by 'n kranslegging voor die monument op die groen grasperke van die Uniegebou op 29 September, 1969. Ek was vyf jaar (en dertig dae). *
Ek lees my tweede Ayn Rand biografie, asook The Nation's Favourite 20th Century Poems (BBC/Rhys Jones) en Bartlett se the Man Who Loved Books Too Much (Riverhead Books). Ayn Rand is my gunsteling hardegat antie uit die vorige millennium, toe anties nog hulle plek geken het. Sy is die skrywer van twee van die gewildste boeke in die geskiedenis, The Fountainhead en Atlas Shrugged. Anne Heller, die biografis, vertel: "In a 1991 poll... Americans named Atlas Shrugged the book that had most influenced their lives after the Bible. In a separate 1998 poll by Modern Library, readers chose Atlas Shrugged and The Fountainhead as number one and two on a list of the one hundred greatest novels of the twentieth century, and Rand’s other two novels, Anthem and We the Living, placed seventh and eighth on the list. Combined, more than twelve million copies of her two best-known novels have been sold in the U.S. alone, and sales this year have reached an all-time high." * Oscar manewales. Oeps. James Cameron (Avatar) kry amper niks terwyl sy eks-vrou wegstap met die Oscar vir beste fliek. Gelukkig kan Loui Fish nie sokker speel nie, my eks kan nie sing nie en Mienkie s’n is nie ‘n model nie. Maar oppas vir karma. Steve xx |
|
Ek's Oupa!! Elton reken Jesus was gay? Is Tiger ? Goue Horing is ons s’n. Vergoed Afrikaner. |
|
|
|
|
Sunday, 21 February 2010 22:49 |
|
By die jaarlikse Golden Horn (South African Film & TV Awards) raap DIS HOE DIT IS beste Best Talkshow In SA op voor The Late Debate en Late Night With Kgomotso.Miskien omdat hulle s'n so LATE is.
Dat ons Afrikaans is by ‘n oorwegend swart gehoor en aand in die Tshwane Staatsteater(?), wil gedoen wees.  'n Funksie waar John Kani as die vader van toneel en film geprys word, toe Suid Afrika eintlik die eerste flieks in die wereld vanuit die Anglo Boereoorlog versprei het! Ek hou van Kani, maar ek weier om 40 jaar bydrae voor sy geboorte eenvoudig af te skryf. Lees Danie Botha se Voetligte&Applous (Protea, 2006). Ek sien darem vir Grethe Fox en Tobie Cronje en gesels met Paul Ditchfield (The Bats!) asook met Oubaas Pierre en sy mooi vroutjie Sandra (wat hierdie seisoen ‘n gas was op DHDI). En gee my mamma Afrika ‘n stywe soen op die wang; Yvonne Chaka Chaka en ek is ewe oud en het saam begin aan ons loopbane destyds in die ou SA. Ons kry mekaar al 20 jaar by sulke funksies en lag oor ons onderskeie beroepe en markte. (verder vra ek vir Sune om my voor te stel aan enigiemand bekend, want ek kyk mos nie seepies nie.) * Charissa verjaar vandag. My dogter is al 22 jaar oud. Donners... Rene van die KIT bewonderaarsklub verjaar more. Geluk julle twee!!!
*
Oppad Staatsteater toe moes ek meeste van die Bulle se Super 14 wedstryd in die kar luister. Ek weet ek ry vinniger as dinge begin skeefloop en die paaie wemel van spietkops. Hier's 'n lisensieplakker wat alles mooi opsom. * Die Bulle maak skoon (50-32)en ek stap met 'n groot smile op die rooi tapyt af, die Staatsteater binne. Vier kanale stop my en vra wat dra ek. Vir een sê ek ek dra Leopoldt Steyn. Dit klink gay en Afrikaans genoeg en jy weet hoe oulik is hulle met naaldwerk. Almal skud wetend hul koppe. Ek fluister vir Sune dat dit die manier is as jy jou aandpakkie sommer self gekoop het omdat dit vir jou mooi was. Sy lag verboureerd (want sy het die mooiste daar gelyk!). Die aand was lank maar eintlik heerlik. * Beeld plaas my brief waarin ek vra dat die Afrikaner NOU vergoed moet word vir sy enorme opoffering. *
En iemand kry die eintlike idee oor Tiger Woods se apologie (lees Tiger You Owe Me Nothing!!!). Met sy biegsessie bekragtig hy die monster wat sê dat privaatheid nie bekendes s’n mag wees nie en dat ons die wereld iets skuld oor ons diepste, persoonlike en soms baie seer besluite. Tiger Woods het skouspelagtige narre van bekendes gemaak en ek dink borgskappe het iets daarmee te doen. (Natuurlik skuld jy mense in jou familie en betrokkenes ‘n apologie, maar ek het myne met individuele privaat oproepe gedoen). Maar die publiek kry net waarvoor hulle investeer het – ‘n goeie song en ‘n konsert wat waarde vir geld is. As jy moraliteit en Gandhi soek, is ek die verkeerde ou. En as jy dit kry by skrumskakels, politici en golfspelers, is jy ‘n dom drol. * Sune en haar klient is verlede week in die hof besteel toe hulle hul borggelde hanteer. Gelukkig het ta het nie ver gekom nie. Maar die vermetelheid om in ‘n hof beroof te word en te hardloop vir die deur met duisende rande wat iemand uit die selle moes hou... *
   Ons ly almal aan bokskok vanoggend. Ek is oupa. Bok het 'n babatjie! Niemand weet hoe nie, maar hier hop 'n klein takbokkie rond (2e en 3e foto). Bler, die skaap, het teen 12 uur gisteraand mal begin bler. Ek het selfs gaan kyk, maar toe het niks makeer nie. Weet iemand wat is die dragtigheidstydperk vir takbokke? * Ons het 'n heerlike dag saam die seuns by die Johannesburgse Oorlogsmuseum gehad. Ek sal vir die res van my lewe jaarliks soontoe gaan. Netjies uitgestal en fantasties opgepas (met privaat donasies) le die werklike geskiedenis waarvan ons regering liefs wil vergeet, jeens hul onbetrokkenheid. * Dat Christina en Janine nog boeke wil uitgee, verraai darem baie van hoe hulle vrede gemaak het met die toekoms sonder my....m.a.w. GLAD NIE. Hulle sal altyd gesien word as hoere wat wetend deel gehad het aan 'n verhouding met 'n getroude man. Mens moet jou afvra hoekom ek, Joost, Zuma en Tiger al die aandag kry, so asof daar geen denkende vroue betrokke was nie. Almal het seks, ons vra om verskoning en hulle skryf boeke. Niks anders word van hierdie vroue verlang behalwe om jou man af te rokkel en dan 'n boek te skryf nie. Ek kots. * Ek is vreeslik hooked op Colour Me Blind se nuwe materiaal. En Die Heuwels Fantasties se nuwe song (wat hulle op DIS HOE DIT IS kom sing het):
Klein Tambotieboom As die donker my kom haal en die here my nie soek nie as die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val begrawe my hart op Klein Tambotieboom en strooi my as oor die Bosveld-horison jy het nie 'n graad nie en jy het nie 'n kredietkaart nodig nie om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar en die verte in van 'n krans af te staar die gelukkigste wat ek ooit was op die naat van my rug in die natuurreservaat... *
 Ek en my groep doen die laaste Solitary Man konserte en elke keer as ek omdraai, skiep my hart 'n beat. Ek gaan hulle mis op die Duisend en Een Toer wat afskop einde April. * Elton John reken in internasionale nuus dat Jesus gay was. Natuurlik is Jesus vir Elton John gay. Vir liberale Christene is Jesus liberaal en vir konserwatiewes is Jesus konserwatief. Vir bruin mense is Jesus bruin en vir ons is hy so blond soos die prentjies in die Afrikaanse Kinderbybel. Vir vroegdopers is Jesus ‘n vroegdoper en vir die NG is Jesus NG. Vir prostitute het Jesus darem met prostitute gepraat en vir moordenaars het Jesus hulle aan die kruis vergewe. Vir Mormone was daar gelukkig baie vroue in Jesus se lewe en vir Mosselbaaiers was hy ‘n toeris daar. Soos ‘n apie wat trieks maak het ons Jesus al alles laat doen. Alhoewel daar ‘n hele teorie is dat die Graal bloot homoseksualiteit was, is die Bybel eintlik tjoepstil oor Christus se seksuele orientasie en of hy enigsins seksueel aktief was. Maar ek twyfel rerig of Jesus gay was (nie dat dit sy boodskap vir my sou verander nie)! * Hierdie doen die rondtes: In 2010, there will be millions of foreign types coming to South Africa to watch the world cup. A lot of them will be uneducated and will not know much about South Africa . So in order to ensure we are all on the same page and are sending out a consistent message, we have decided to run a series of education sessions. The first FAQ is below: Q: What does the South African flag represent?
Answer: RED is the SUN (not the earth), so it's above; BLUE is the SEA (not the sky), therefore below; GREEN is the MIELIE FIELDS in the middle; BLACK is the MAJORITY, WHITE is the MINORITY who have access to everything and, YELLOW is the ELECTRIC FENCE keeping the MAJORITY away from the mielies! *
Daar is 'n nuwe Lone Horseman webblad. Hoe cool. Gaan loer in. Hier is die Afrikaanse weerga, Ruiter in Swart, soos ons hom geken het. Die legendariese ruiter, Danie Van Rensburg, die ware persoon agter Vonk de Ridder, alias Ben Brand, swerf nog steeds. * Lees asb Harvey se beroep op almal hiernaas: "Ek is tans besig met 'n SHM Nuusbrief sisteem waar almal kan instem om dit te ontvang. "Ou" SSSB geregistreedes sal dit onmiddelik ontvang. Daar is natuurlik 'n UNSUBSCRIBE opsie as jy dit nie wil hé nie. Harvey" *
  Nuwe boek, nuwe CD, nuwe Dis Hoe Dit is. Dit gaan 'n maniese jaar wees.
Lekker.
Stevexx |
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
|
|
Page 6 of 24 |
|