<<  May 2012  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8
14171820
212223242627
282931   
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Skiet my eerste, Malema. Braaityd met Z. Die Oscars. My skoolhoof. Andalene. Duisend En Een. PDF Print E-mail
User Rating: / 371
PoorBest 
Monday, 08 March 2010 10:00

 

Dear Julius

As of today I withdraw my former World Cup enthusiasm
with active endorsements of all warnings to potential visitors
until your leadership rebuke you as we see fit.
Tomorrow, after you’ve shot the Boere
you will still be a pitiful black African
living in denial of your own impotence
parading as a fake achiever
without contributing to the world
a single original idea.
Yours is mere envy disguised as hatred
as nothing you say, wear, drive and steal
alas, even your idiocy,
is a luxury born of this continent.
You must appeal to base sentiment
as Africa has yet to yield a single intellectual,
a single thought school, a single intellectual thought
not inspired by  the very West you and Mugabe detest.
You have been a phony from the day you set out
to champion a defiance from a period you we not even born.
You are still consuming from that productive era
living in the lap of luxury thanks to the taxes
of the very people you want to shoot,
the only tribe to sacrifice a third of its population
to breath in the African air.
In history South Africans will choose to forget you
when the only thing you should be remembered for
is you share in the falling short of a brilliant idea:
a working South Africa.
You are a black man. To be proud you must pander to white ideas:
you must drive cars, live in expensive hotels, wear suits, be Christian, do unions, be Communist, wear wigs, speak English and play soccer.
Although I know better, you will enforce the stereotype of how Africans are globally viewed...
...with pity.

Steve Hofmeyr
*

 

Dis weer braaityd saam president  Zuma. Ek’s genooi om saam ander die Afrikanersaak te gaan bepleit. Maar ek gaan nie pleit nie. Ek het laas. Daar het niks van gekom nie. Ons is duidelik op ons eie. Die arme prez ook...

Toe ek opkom vir hom by ‘n media sessie oor die misdaad briewe, word dit ‘n hoofopskrif, maar ek was nie verkeerd oor hom nie. Hy het hulle ‘n week later aanvaar. Maar okei. Na Buckinghampaleis, kinders, vroue, Julius, COSATU en ‘n grommende JanTaks, moet hy onder meer druk as ooit verkeer. Ek gaan hom nie meer belas nie. Maar ek wil seker wees hy weet wat om hom aangaan – en dat die Afrikaner Renaissance die Afrika Renaissance soos ‘n garage-sale gaan laat lyk.


*
Andalene trippel rond soos baas van die plaas.

Haar groot oë vra pal wat al hierdie ander skepsels op haar grond soek. Ons voel soos indringers. Mense stop op straat om na die ma en kalfie paar te staar. Maar hulle lyk min gepla.
*

Eastvaal Auto in Middelburg skenk hierdie prag-karretjie aan my. Ek ry al heelweek daarmee rond. Hulle is ook gaaf genoeg om nie my naam op die deur te plak nie, alhoewel hulle s’n duidelik pryk. Dankie aan almal daar, veral vir julle gasvryheid. Ek sal haar mooi oppas.
*
Bo (regs) sien jy my soos jy my nie sommer sal sien nie. Om Steve Hofmeyr (29% Dans&Beweging, Dramaskool) die Diski te leer, het sy risiko’s. Hier pot ek amper ‘n plaaslike DJ disnis in my poging om die sokker-choreografie te bemeester. Die kinders voor ons was baie beter daarmee. Internasionale kanale le my voor en vra of Afrika veilig is. Ek herinner hulle dat ons moordstatistieke merendeels geswaai word deur burger op burger faksies, veral in die KwaZulu hooglande. Ek waarsku hulle dat almal beslis versigtig moet wees, maar dat Afrika gasvryheid hulle sommer alles gaan maak vergeet. Ek wil ook graag nie teleurgesteld wees nie, maar ek gaan nie die party-pooper wees nie – SA was kollektief nog nooit so opgewonde nie. As Suid Afrikaners gelukkig is, is ek.
*

Ek het ‘n skoolhoof wat subtiel wissel tussen mentor en vriend. Hy is stuurman aan een van die mees dinamiese seunskole in Afrika en sy vlerke strek wyd oor sy seuns selfs lank na hulle daaronder uitkruip. In die veld van opvoedkunde is meesters soos hy skaars. Daarom hou hulle hom besig met forums, praatjies, skryf en dinkskrums. Waar hy tussen deur tyd maak vir liefdadigheid verstom my. Dat hy dit doen, verbaas my glad nie. Ek ken hom so. Hy ontdek twee verwese meisies, kry Grey Kollege om hulle oor die lot van die twee te ontferm, kry Dischem om maandeliks te steun en werf ander om hierdie twee vriendelike meisies op ‘n goeie skool soos Eunice te kry. My skoolhoof kan nie oor hulle praat sonder trane in sy oë nie. Mag hulle onmiddellike en bitter verhale gou iets van die verlede wees as hulle in die sagte arms van die Bloemfonteiners-soos-Vollies val. Sterkte julle twee.
(Ons ontmoet in die Willowlake Protea Hotel, die oulikste stadsverblyf ooit. Iemand slim het ‘n ‘n paar lee hokke by die Bloemfonteinse dieretuin oorgeneem en ‘n pragtige hotel daarop gebou. Nou is daar kameelperde en olifante reg buite jou venster! Wêreldbeker besoekers gaan dit opvreet.)
*
Gepraat van puik skole, hierdie week is ek by Affies besig met die massakoor opnames. Hulle stemme verskyn op 10 van die 15 liedjies op Duisend-en-Een (my nuwe CD vir April). Dis my eerste Afrikaanse komposisies sedert ek Waarmaker se musiek in 2007 geskryf het. Dit voel goed om weer in Afrikaans te dink, sing en romanties te raak. Kyk uit vir FM Stereo, Malpitmuti, Napoleon, DKW, Rooisee en Juliet (deur Johan Vorster). Luister na die duisend stemme op ou bekendes soos All I Need Is The Air That I Breath en Don’t Forget To Remember Me. Hier kom ‘n ding op note.
Kom hoor hierdie liedjies vir die eerste keer by die Jakarandafees in Pretoria, ons eerste, eie kunstefees!
*
Iemand stuur foto’s (onder links) uit my army dae. Weet nie wat ek hier doen nie, want ek het beslis nie ‘n pen pushing job gehad nie. Miskien steel ek gou ‘n oproep na daai hoofmeisie van Brebner High. My armydae was vanaf 1983-1984. Dit het ingesluit 8 maande basies op Pantserskool, Tempe, 4 maande grensdiens, ‘n paar maande rehabilitasie (nie wat jy dink nie) en toe rondhang vir diens om te verloop. In die toerbus kyk ons reeds Ses Soldate (met Lieb Bester, Richard Loring en Barry Trengrove).

Dit is die army wat ek onthou. Met die uitsondering dat ons sersant ‘n voortreflike drol was.
*

Hier is die eerste keer dat ek in die koerant verskyn het. As ek maar geweet het. Om my staan Oumas en Grootjie's, (Oumie Helen, wat links sit, was Genl. Louis Botha se dogter). Ek praat baie oor hulle in Mense Van My Asem. Hierdie is geneem by 'n kranslegging voor die monument op die groen grasperke van die Uniegebou op 29 September, 1969. Ek was vyf jaar (en dertig dae).
*
Ek lees my tweede Ayn Rand biografie, asook The Nation's Favourite 20th Century Poems (BBC/Rhys Jones) en Bartlett se the Man Who Loved Books Too Much (Riverhead Books). Ayn Rand is my gunsteling hardegat antie uit die vorige millennium, toe anties nog hulle plek geken het. Sy is die skrywer van twee van die gewildste boeke in die geskiedenis, The Fountainhead en Atlas Shrugged.
Anne Heller, die biografis, vertel: "In a 1991 poll... Americans named Atlas Shrugged the book that had most influenced their lives after the Bible. In a separate 1998 poll by Modern Library, readers chose Atlas Shrugged and The Fountainhead as number one and two on a list of the one hundred greatest novels of the twentieth century, and Rand’s other two novels, Anthem and We the Living, placed seventh and eighth on the list. Combined, more than twelve million copies of her two best-known novels have been sold in the U.S. alone, and sales this year have reached an all-time high."
*
Oscar manewales. Oeps. James Cameron (Avatar) kry amper niks terwyl sy eks-vrou wegstap met die Oscar vir beste fliek. Gelukkig kan Loui Fish nie sokker speel nie, my eks kan nie sing nie en Mienkie s’n is nie ‘n model nie. Maar oppas vir karma.

Steve xx

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services