<<  March 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  9101114
151621
22232425262728
293031    
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Steve sings Kristofferson

    Kristofferson Steve Sings Kristofferson DVD and CD goes gold and platinum in weeks. (40,000+)
  • Autobiography

    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Starlight Cruise 2010

    Starlight Cruise 2010 Join Steve onboard the new MSC Sinfonia, book at www.starlightcruises.co.za
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide
     
Special Feature

Steve on Twitter

steve_hofmeyr's avatar
Steve Hofmeyr steve_hofmeyr
  • location:
    South Africa
  • updates:
    39
  • followers:
    335
  • following:
    2
Following:
freeoffice's avatar photocommission's avatar
Loading...

Last 2 tweets from steve_hofmeyr:

EMI SA

Logo EMI

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

B&H Photo Video PC Audio

AddThis Social Bookmark Button
Recent News
Barnard as self-made celeb. Exploitation. Onderstebo Kersgebed. Wat is 'n treffer? Chris Louw sterf. PDF Print E-mail
User Rating: / 116
PoorBest 
Tuesday, 01 December 2009 16:39

Ag Jirre dankie vir Krismis. En u kruisgesindheid. Om daar te hang en f*kkers soos ek te vergewe, is tog u eintlike Kersboodskap. Dankie. Dat blessings hulself disguise as Indian Minors. Ek skiet hulle mis maar ek sien hulle raak. Ek dank u nou daarvoor. Dankie dat daar ‘n tyd was toe maagde nog heldinne was. Dankie vir die vloek van wit wees. En dankie vir Antjie Krog. Dankie vir my skeisaak, wat die geskenke-las dié jaar aansienlik verlig het. Dankie vir die dou-voor-dag toktokkie kinders wat ek nie kan vang nie, want nou sien ek hoe mooi u dagbreek is. Dankie dat daar vir elke Steve en Joost ook ‘n ou blommetjie is, maar dankie dat Kosmos nie gepluk mag word nie. Dankie vir Julius Malema, Jirre, want nou weet ek dat daar méér mense soos u as soos hy is. Ag dankie vir Barak Obama en die ANC leiers en hul demonstrasie dat swartes so min foutloos is as wittes. En dankie vir die bruines wat ons herinner dat almal om die beurt ‘n bietjie reg was. Dankie vir die sokkerwereldbeker, want nou het Benni McCarthy werk en die Ben Schoeman twee ekstra lane. Dankie vir die Huisgenoot, Jirre, wat my oë oopmaak vir soveel beter leesstof. Dankie dat u Koos Kombuis en mense soos hy deurskynend gemaak het sodat ek die Facebook koring van die Faceless kaf mag skei. Dankie vir hom, Ras, Rappers en Indian Minors wat nie kan sing nie, sodat ek mag probeer sonder om uit te blink. Dankie dat ek dag en nag soms mag verwar. Dankie vir die wag voor my mond wat af en toe tjaaila.Dankie dat daar vir almal ‘n hoofrol is, al is dit net in skinderstories. Dankie dat die Bulle nog bid maak nie saak wat ek sê nie. Dankie vir die Voëlvrytoer en dat alle rook darem nie besoedeling was nie. Dankie vir Jurie en Robbie wat my leer dat hardheid met sagheid afgewissel word, soos Telkom aandele, Jirre. Dankie.
Dankie vir bose kringlope: die jeug wat kan maar nie weet nie en die oues wat weet maar nie kan nie. Vir mans wat wil maar nie mag nie en vrouens wat mag maar nie wil nie.
Dat reën godsgoed is, maar vloede erger as droogte kan wees. Dankie dat u ons só voorberei vir die einde. Dankie vir woorde, maar meer dankie vir dade. Dankie vir pyn wat my so maak smag na respyt. Dankie vir die Dood wat my laat lewe asof hy by die voordeur kom plak het. En dankie vir elke keer as ek by die agterdeur uitglip, dat ek my seuns kan dophou man word. ‘n Man soos u.
Ag Jirre. Dankie.
En Merry Krismis vir my pa. En vir Worsie, Gé en Kerkorrel. En Irene. En Steve Biko en Elvis en Michael Jackson en Paul Kruger. En Chris Louw. Sê tog ons mis hulle en dat ons hierdie Krismis vriende en familie sal bel terwyl hulle nog lewe.
Amen
******************************************
I see Jacaranda FM as a truly dynamic radio station, but this week their share hit rock bottom in my eyes. They actually gave Yolanda Barnard the time of their day. And ours. Shame on you for patronising the wannabe pathetic. It’s quite clear that Barnard entertains delusions of having “sunk Steve Hofmeyr”. If this was true, she certainly made a hash of it. With three platinum sellers between 2007 and 2010 and still the biggest live concert turn out in South Africa, she arrogates to herself a power she hasn’t the ability or know-how to wield. Barnard and fellow bloodsucking leech, Esmare Weideman, couldn’t sink origami in fresh water.

******************************************
America exploits Iraq,
the rich exploit the poor and
whites exploit blacks.
Whatf*ckingever! 
WHY DON’T I BUY THIS ANYMORE?
Saving the abuse of woman, children and animals, politically, you can only exploit those that own something you need. If this was true, the exploited would exploit the bully, even hold him at ransom or at least laugh in the face of the manipulator. But of late that other unthinkable alternative is demonstrating it self: that the exploited are... insignificant and useless. Numbed by victimhood they hijack a tireless liberal empathy to mask their own weakness and impotence.
You have to live in South Africa to become this apathetic, but who can tolerate this governments feeble excuses for the most haphazard, corrupt and visionless leadership in the history of mankind.
(Miskien lees ek te veel Ayn Rand en Nietzsche...)

******************************************
Dat ek en Jurie vir “manlike kunstenaar van die jaar” (Volksblad) meegeding het is eintlik waar . Niemand sal vergeet dat Jurie en Patricia destyds ‘n CD vrygestel het wat almal in die bedryf ore aangesit. “Hoe Sê Mens Dankie” was die De La Rey van Vadersdae en het stof in almal se oë geskop. Dat daar ‘n lang p*ele kompetisie in Afrikaans is, is waar vir meeste kunstenaars. Kyk hoe wroeg die Voëlvryers. Ek weer verkeer in ‘n taai stryd - met myself. Die kompetisie het begin met my eerste dag wat ek die kitaar opgetel het en die uitslag mag bekend gemaak word as ek doodgaan. Sovêr is ek dankbaar vir ‘n aandeel wat 21 jaar lank die entertainment-indeks hoog bo besighou. By gesê, ek het soveel groot verkopers en oulike bydraes sien kom en gaan dat treffers vir my relatiewe goedjies bly. Van die grootstes is ook die vinnigste vergeet. Wat tel as trefferverkope is SA? As my Sweet Caroline nie mag tel omdat dit nie oorspronklik Suid Afrikaans of Afrikaans is nie, mag Hoe Sê Mens Dankie, Ek Reik Na Die Sterre en Hie’ kom Die Bokke ook nie tel nie. (Ook nie Ou Kraalliedjie en O Ryperd nie!) Ek dink weer dit MOET tel.
Treffers is boerewors, maar gee my eerder nog 20 jaar in die bedryf. My swakste verkopers was almal goeie CD’s waarmee ek om welke rede NIE KON TOER NIE. Maar self hulle was eventueel goud verkopers. Toer (d.w.s. werk) is alles. Ons het natuurlik nie ‘n ‘singles chart’ in SA nie, maar dis moeilik om te twyfel aan liedjies soos Laaste Lag, Agter Elke Man, Bloubul of Pampoen (of Wenners, Ryperd, De La Rey, Loslappie, Soos Bloed, Skarumba, ens.) Maar ‘n Afrikaanse versamel CD met oorspronklike enkelsnitte wat meer as 170 000 kopieë verkoop het, sal werklik min liedjies oplewer. Ek twyfel of meer as vier van bogenoemde liedjies daarop sal verskyn.

Die vraag bly: wat is ‘n hit? Is dit,
‘n lied wat op baie CD’s verskyn?
‘n lied wat baie lugtyd kry?
‘n lied met diep metafore?
‘n lied met sosiale kommentaar?
‘n lied wat goed afgaan by ‘n konsert?
‘n lied wat rym?
‘n lied wat na twintig jaar nog onthou word?
‘n lied wat deur baie sangers opgeneem word?
‘n lied wat deur meer as een persoon geniet word?
‘n lied op ‘n CD wat baie verkoop?
Verkope oor een jaar?
Verkope oor veertig jaar?
Verkope is irrelevant?

Sê maar?

*****************************************

Die boetman-joernalis en politieke kommentator Chris Louw het selfmoord gepleeg. Ek is te stom om iets daaroor te sê. Dit is reeds in die vorige inskrywing waar ek sy part gevat het in die debat oor "Begging to be Black". Een van ons meer nugter Afrikaanse stemme is daarmee heen. Een van so min...
Lees hier

Steve

 

Weskusplek Hotel

Weskusplek

Solidarity

Helpende Hand Fonds