Steve on Twitter
Following:
Loading...
B&H Photo Video PC Audio
|
|
Ubuntu se moer. "Begging to be black" (u moet jags wees), Koos/Kerkorrel. Skiet mens Indian Mynahs? |
|
|
|
|
Wednesday, 25 November 2009 18:09 |
Jammer Antjie, ek is met Chris en Max op hierdie een. Ek het ook geen behoefte om swart te wees nie. Natuurlik verstaan ek wedersydse respek en verdraagsaamheid en hoe om dinge in die skoene van ander te ervaar, maar meeste hiervan is universeel genoeg om dit sommer uit jou eie skoene te doen. Ek wil my verset teen hierdie dronk Afrosentriese arrogansie verder vat. Ubuntu se moer - nie omdat ek ubuntu nie verstaan nie, maar omdat ek so goed verstaan. No more defending the caveman. Wanneer gaan ons ophou voorgee dat ubuntu iets is wat Afrika die wêreld kom leer het. Pleks ons erken dat meeste van ons eenvoudiges waardes stem uit ‘n tyd waar ons as prehistoriese stamme in gemeenskappe geleef het. Die nuwer tendens is individualisme, nie ubuntu nie. Laasgenoemde is oud en vanselfsprekend maar word ook (ongelukkig) soms geïgnoreer wanneer kapitalisme ‘n tydgees reguleer. ‘n Balans is seker aan te beveel. Maar dat daar ‘n unieke Afrika filosofie of selfs Afrika intellektueel bestaan, wil ek nog sien, lees en ervaar. Niks wat Afrika doen is NIE teen die agtergrond van eeue oue Westerse retoriek nie. Ook nie ons politiek, korrupsie, regte en demokrasieë nie. 1. Maar ubuntu word taboe as die kontinent by wie ons dit kastig moes afleer dit in die enkel swakste voorbeelde aan ons demonstreer. 2. Ubuntu word diskriminasie as hierdie omarming die voorreg van sekeres is, sekeres in ons stam. 3. Ubuntu is selfs gevaarlik as dit gewild word op grond van party manipulasie (en wat ek met ander se geld vir myself en my mense kan beteken) en ‘n Afrosentriese ontwaking – uit die Steentydperk. 4. Ubuntu word ‘n blatante leuen wanneer dit dien as regverdiging van ‘n tipe sosialisme wat op meeste ander kontinente reeds sy gat gesien het. Wit mense moet een helse aversie vir ons (almal se) skatryk Westerse ondervinding fabriseer om kastig stom te staan voor wat hul skuldgevoel aan hul verkoop as Afrika-uniek. Ons skielike, magiese toleransie vir sangomas, heksejagte, beetresepte, onder andere, is enkele goeie voorbeelde van ons banggat, kultureel-relatiewe, regmakertjies. *
Mag ek dit kategories stel dat ek nog nooit iets negatief oor Kerkorrel gesê het nie. Of sal nie. Maar in plaas van rockmusiek het die Voëlvryers ons gelos met bietjies folkmusiek en baie ideologie (soos ‘n PW allergie op twee akkoorde). Smartlapballades is maar wat ek ook doen, 'n sentimentaliteit, maar dan het ek niemand 'n rockbeweging belowe nie. Die beweging was 'n politieke beweging. Ek ken baie mense uit Stellenbosch wat lirieke skryf. Die nasionale musiek departement vra egter ‘n greintjie musikaliteit ook. Koos tel nie onder laasgenoemde studente nie. Goosen en Kerkorrel wel. Maar Voelvry het ironies sy ontstaan in 'n Engelse bydrae. Dis ook ‘n gruwelike Stellenbosse verwarring dat die kriteria vir musiek DIEPTE en SOSIALE KOMMENTAAR moet wees. Daarom praat Kaapse kritiek op my opinie slegs POLITIEK terwyl ek eintlik net GENRES uitwys. Wie's nou die muso? (Okei, ek gee oor, moet net nie die hele langdradige ou Litnet debat herhaal nie). *
Beeld (27 Nov) wys 'n Beeld artikel/brief aan my uit dat die Voelvryers, anders as ek, darem morele reuse was. Nou weet ek julle weet f*kol. *
  Ek het die nuwe Richard North Patterson (The Spire) in 4 dae kafgedraf. Hy en JM Coetzee is maklik my gunsteling skrywers van alle tye. Vir wyd uiteenlopende redes; daarom kan hulle nie vergelyk word nie. Moenie. * Mag ek uitgewers iets vra: watter kriteria gebruik julle om omslae te verander vir verskillende markte of lande? Hier links is drie omslae vir Richard North Patterson se nuwe boek. Ons in Suid Afrika het die gele regs gekry. * Mag ek ander skrywers iets vra: is Pansegrouw se Blokraaiwoordeboek nie ‘n beter sinoniem versameling as Louis Eksteen se ou en Pharos se nuwer sinoniemwoordeboeke nie? My gunsteling sinonieme kanon was beslis Elektroblok 3. * Ek is fluks vanjaar. My Kersgeskenke lê mooi uitgestal onder die boompie. Ek oefen vir die sokkerwêreldbeker; ek vermy die Kersfees verbruikers stormloop. Ek gaan hierdie Kersfees op ander dinge konsentreer. Ek het lanklaas 'n speelgoedwinkel assistent so sien frons, toe ek haar vra: hallo, my child is a hermaphrodite, where do I go? Haar man agter die toonbank was skerp: To the tackies department! * Wat ‘n verrassing. Uit die bloute reel hulle dit. ‘n Bloggachino. Onthou julle dit? Bloggers breek uit hul virtuele karakters en ontmoet vir koffie. Was heerlik. Ons moet weer. *
Ek het begin jag maak op die Indian Minors (Mynahs) in my tuin. Ek, wat weier om lewende wesens te jag, stap soggens uit en skiet Indian Minors (meesal mis). Dit na ek aanskou hoe hulle die ander geveerde bevolkings letterlik van die werf af boelie. Ou Jack, my neushoring vriend, is al maande gelede verwilder en nou het hulle sy nes in my dak gekoloniseer. A, nee, a. Maar laat dit gesê word: my Christeliknasionale skuldgevoel jaag uurliks visioene op dat, wanneer ek God in die hiernamaals ontmoet, Hy ‘n Indiër gaan wees. *
Sopas 'n heerlike Vrouekeur voorbladsessie deurgewerk. Dankie Anli, Robert en span. Kyk uit daarvoor in die nuwe jaar. Bok en Bler maak ook hulle eerste verskyning daarin. * Daarmee saam moes ek uit met die nuus: dat opnames op my nuwe CD 1001 (regisseur Mauritz Lotz onder andere) reeds begin het en dat my nuwe boek Vier Briewe Vir Jan Ellis teen April op die rakke sal wees. Sokkerwereldbeker se dinges. Dit gaan 'n moerse jaar wees. * Ek is so beindruk met Armand se opnames. Ek is hard op hom, en doen die Johnny Clegg ding: ek los hom op sy eie. Nou skryf hy liedjies vir sy nuwe CD. Dit vat my terug... * Maandag verskyn my (effe onderstebo) Kersgebed. Ek beter my ma voorberei...
|
|