<<  March 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  9101114
151621
22232425262728
293031    
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Steve sings Kristofferson

    Kristofferson Steve Sings Kristofferson DVD and CD goes gold and platinum in weeks. (40,000+)
  • Autobiography

    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Starlight Cruise 2010

    Starlight Cruise 2010 Join Steve onboard the new MSC Sinfonia, book at www.starlightcruises.co.za
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide
     
Special Feature

Steve on Twitter

steve_hofmeyr's avatar
Steve Hofmeyr steve_hofmeyr
  • location:
    South Africa
  • updates:
    39
  • followers:
    331
  • following:
    2
Following:
freeoffice's avatar photocommission's avatar
Loading...

Last 2 tweets from steve_hofmeyr:

EMI SA

Logo EMI

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

B&H Photo Video PC Audio

AddThis Social Bookmark Button
Recent News
Wat nou, Joost? PDF Print E-mail
User Rating: / 312
PoorBest 
Wednesday, 04 November 2009 08:53


Jammer, my maat. Ek weet waardeur julle gaan. Gun my jou nabye toekoms uitspel:

•    Van hier af aan sal die media jou en Amor geen tyd en emosionele spasie gun om te besin en   beredder nie. Sien jouself as gelukkig as Amor by jou bly.
•    Van hier af aan sal die ander uit die houtwerk val soos myt. Hulle soek kastig “closure” maar hul eintlike rede is ‘n vertoon van die voorrang wat hulle oor ‘n celeb se eggenoot geniet het.
•    Van hier af aan sal Huisgenoot daardie siek mense ruim voorbladspasie gun. Hulle sal ook ongedeerd daarvan afkom. Jy sal alles verloor.
•    Van hier af aan sal die bloeddors publiek verskoning eis, toe jy dit slegs aan jou vrou skuld.
•    Van hier af sal jy skrik as jy sien hoeveel dom mense sangers, David Beckham en skrumskakels as morele riglyne sien. Hulle vertrou hul eie ouerskaplike verantwoordelikhede aan ander toe.
•    Van hier af aan sal mans wat moeg is vir masturbasie, jou vanuit die morele hoëgrond teiken as immoreel en on-Bybels.
•    Van hier af aan sal vroue jou sien as agent van hul eie grootste vrees. Die ander 50% sal jou steeds sien as oop seisoen en beskikbaar.
•    Van hier af aan sal daar tog mense wees wat jou verstom met hulle welwillendheid en ondersteuning. Hulle was altyd daar.
•    Van hier af aan sal jy magteloos en geskok toekyk hoe vêr agter die publiek en media in jou verhaal is. Moenie dat hulle jou terugtrek nie. Hierdie is pynlik genoeg om dit meer as een keer te wil beleef.
•    Van hier af aan sal jy vinnig ‘n lys kan opstel van mense teen en vir jou. Krisisse skei die kaf van die koring. Dit is ‘n seëning.
•    Van hier af aan sal net jou kinders tel, omdat hulle nie oordeel solank jy en Amor, saam of apart, hulle met liefde omring nie.
•    Van hier af aan sal dit moeilik wees om te glo dat daar rede oorbly vir lewe. Maar dit is al wat oorbly.
•    Van hier af aan sal jy vir die poniepers slegs bestaan in terme van hoeveel geld hulle uit jou kan maak. Hulle is salig onbewus dat daar mense, harte en seer betrokke is.
•    Van hier af aan sal slegs enkele koerante, tydskrifte en radiostasies (soos 702) misdaad en moord belangriker ag as jou privaatbesluite en sekslewe.
•    Van hier af aan sal daar 'n toeloop wees van mense wat jou voorse oor presies hoe hulle sou reageer as hulle in jou skoene was. Tipies.
•    Van hier af aan sal jy aanhoudend vra wat ander mense se straf is in soortgelyke gevalle, en vra hoekom bekendes nie as gewone landsburgers gesien mag word nie. Jy sal alles verloor en van voor af moet begin. Jou en Amor straf is disproporsioneel, ongrondwetlik en hard maar uiteindelik uitdagend.
•    Van hier af aan sal jy hiervoor onthou word en nie die jare wat jy jou liggaam en siel opgeoffer het om jou land op die sportveld te dien as een van die grootste Springbokke van alle tye nie. Geheues is kort. Kategoriefoute legio.
•    Van hier af aan sal jy stom staan oor die twee werelde wat voor jou afspeel. Die een waar jy soos ander sterflinge privaatoortredinge gegun word, en die ander waar jy deur huigelaars daarvoor kasty word. Moenie dat hierdie tipe Christenvoorbeelde tussen jou en God kom staan nie.
•    Van hier af aan sal jy nooit weer simpatie geniet as slagoffer nie. Jy is die antichris. Jagse meisies is die slagoffers en jou vrou bloot collateral damage. Die sportsterafleiding kry hul 15 minute roem en jou vrou lewer landwyd praatjies oor hoe om ‘n monster te oorleef. Die Dr. Phil-sindroom waar die traan in Amor se oog die land heel. Dis siek maar daar is ironies meer geld daarin as sang.
•    Van hier af aan sal jy jou kinders stywer vasdruk, meer opkyk en anders voortgaan. Oorgee is NOOIT ‘n opsie nie.
•    Van hier af aan sal jy moet glo dat daar wrede mense is daar buite, meer wreed as jy, maar ander met genoeg liefde om as teenvoeter te dien.

Bel my as jou hart k*k vreet. Hy sal.

Steve

ps:

1. Ons kantoorlyn herstel tans van weeligskade. Navrae steeds by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

2. TOEGANG GRATIS!! Pretoria se 154ste Afrikaanse Musiekfees op 14 November 2009, vanaf 08:00-16:30 by die Voortrekkermonument
MET Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw en 14 ander.Ek mis dit vir niks!!!

 

Weskusplek Hotel

Weskusplek

Solidarity

Helpende Hand Fonds