Sy’t nie dorings nie, maar horings en na vier biere lyk sy blou. My tipe roos. Dankie aan almal by De Leeuw's Garden Roses, asook almal wat opgedaag het met die bekendstelling. Ek het dit aan my ma opgedra (die oorspronklike staan reeds in Bloemfontein) en al die ander dames in my lewe wat swoeg in my kantore vir hulle effe woelige sanger. Tel joune nou op by Paradise Plant Garden Centre, (h/v Rubenstein en Githa str, Moreleta Park) of vind uit of sy naby jou blom in ‘n kwekery. Kyk hier hoe lyk ander bekende rose, soos die Nataniël, Rina Hugo en Ryk Neethling roos. Isidingo, KykNet, Huisgenoot, Top Billing, 7 de Laan, Pretoria en die koningin het ook rose. Nou moet ek my bok en hanslam (Bok en Blêr) van my roos weg hou.