<<  March 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  9101114
151621
22232425262728
293031    
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Steve sings Kristofferson

    Kristofferson Steve Sings Kristofferson DVD and CD goes gold and platinum in weeks. (40,000+)
  • Autobiography

    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Starlight Cruise 2010

    Starlight Cruise 2010 Join Steve onboard the new MSC Sinfonia, book at www.starlightcruises.co.za
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide
     
Special Feature

Steve on Twitter

steve_hofmeyr's avatar
Steve Hofmeyr steve_hofmeyr
  • location:
    South Africa
  • updates:
    39
  • followers:
    331
  • following:
    2
Following:
freeoffice's avatar photocommission's avatar
Loading...

Last 2 tweets from steve_hofmeyr:

EMI SA

Logo EMI

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

B&H Photo Video PC Audio

AddThis Social Bookmark Button
Recent News
Ek’s weer pa! PDF Print E-mail
User Rating: / 123
PoorBest 
Thursday, 01 October 2009 01:57


*Ek speel vanaand my nuwe liedjie genaamd DKW by die Cadillac Theatre (die ou Renegade op Zambesi), Pretoria. Kom kuier! Daarna Aardklop (Vrydag) en dan terug in Pretoria se Bosveld Lapa (Saterdag).

*Ek’s weer pa! Bok en Bler wei hier buite. Bok is  nie enige bok nie. Sy is ‘n takbok. Bler is ‘n swart hanslam en die twee het cross-cultural planne. Hulle volg mekaar soos Adam en Eva hier buite rond.

*Het ek die Kapenaars al bedank vir ‘n heerlike toer? Dankie. Julle rock. Dankie veral vir die geskenkies, verjaardagpersente, die afterpaarties en die wonderlike gastehuiste. Dankie aan Antjie Krog wat my saam Izaline Calister maak sing het by ROOTS. Sy’s ‘n juweel. Ek en Andries het die Belge teen die Hollanders opgesteek en onsself heerlik vermaak met Europese neurose. Maar ons het vriende en kollegas gemaak. Foto’s hier en hier.

*Sarie tydskrif plaas ‘n groot artikel met ‘n foto waarin my ondersteuners gevra word of hulle my kan vergewe (vir iets so privaat soos my sekslewe. Ek wonder of ek die publiek ook mag vra watter seks posisies hulle sou verkies ek moet gebruik vir buite-egtelike intimiteite?). Wat presies dink jy doen jy as jy in jou artikel oor Steve Hofmeyr se seksbesluite twee briewe VIR en twee briewe TEEN my plaas? Jy vertel jou lesers dat 50% van die land teen my gedraai het. Dis natuurlik nie net ‘n infame leuen nie, dis ook fataal vir my handelsmerk. Toemaar, Huisgenoot, Sondag en Rapport kon in twee jaar nie een enkele persoon aan my kant vind nie.  Manufacturig consent. Die storie van my lewe. Maak nie saak hoeveel keer jy lees en gaan lees oor my diepste besluite en mees persoonlike lewenservarings nie, dit sal altyd privileged inligting bly. Vir my. En ek sal baklei daarvoor. So, namens Esamre Weideman, dankie aan Sarie. Vir boggerol. Die media bly die grootste boelie in Suid Afrika en ek haat boelies.

*Moet my asseblief nooit weer vra of ek Huisgenoot Skouspel doen nie. Ek doen nie en sal ook nooit weer nie. Dis ‘n beginselsaak om Weideman en haar gespuis nie ryker te maak nie. Dis nie net die duurste nie, maar ook die verveligste konsert op plaaslike bodem.

*Despote soos Mugabe en Malema kan net hul anti-wit pan-Afrika idees handhaaf deur aanhoudend Afrika se prekoloniale impotensie te vermy. Sonder hierdie leuen sal die vergeldingsdebat darem baie anders lyk. Dit sal ook wit apatie kelder en rassisme se moses wees. Maar wie wil dit nou doen? Die verskil tussen my en Malema se transformasie, is keuse. Die keuse om nie op te daag by die lughawe vir sportsoorte waarin ek nie belangstel nie. Die keuse om nie onvoorwaardelik lief te wees vir almal nie. Wat sou hy sonder hierdie vryheid doen?

*En na moer met antie Grace Mugabe se Nestle ook. (en sal Cadburys asb vir my vertel waar kry hulle hulle melk, want as ek hulle moet boikot, sterf ek)  

*Ek hou van George Claassen en ek weet wat hy dink. Maar hy moet weet dat Geloof (religion) vir ewe veel positief as negatiewe bydraes vereer en gekruisig moet word. Daarna (in die stof van hierdie moerige debat wat elke jaar sirkuleer), moet hy ook weet dat godsdiens soos taal en kultuur net te veel te doen het met die identiteit van gewone sterflinge om dit op plekke te wil verbied. Ek dink dis ‘n beter straf om godsdiens in skole te hou, dat die onverdraagsaamheid omself uitsweer totdat ons leer om met mekaar te leef, nie net as mense met verskillende velkleur, tale en seksuele voorkeure nie, maar ook as dienaars van ‘n wye verskeidenheid gode. Ek voorsien nie binnekort ‘n wereld daarsonder nie.

*Patrizio is ‘n gentleman. Ek het sommer baie tyd vir die Italiaanse minnesanger. Ons het saam ‘n nuwe weergawe van LIEFLING opgeneem en Maandag bietjie tyd saam spandeer voordat hy Amerika toe moes vlieg. Hy verdien sy sukses in Suid Afrika. Ons sal nog baie saamwerk. Jy gaan LIEFLING nie herken nie. Veral as Patrizio van Italiaans na Afrikaans oorskakel...

*Ek’s klaar met JM Coetzee se SUMMERTIME (fenomenaal), Danie Botha se VOETLIGTE & APPLOUS en Breyten se OORBLYFSEL en kyk nou met ‘n houtoog na Dan Brown se THE LOST SYMBOL. Ek lees Summertime in 2 dae en bevestig hoekom hy my gunsteling literêre skrywer/novelist is. Hy kan maar nog Booker en Nobelpryse wen. Hy skryf ‘n biografie oor sy eie lewe asof nagevors deur  ‘n joernalis - postuum. My idee vir die dag. Doen dit aan jouself in die opvolg biografie oor Mense Van My Asem.

Breyten se nuwe oorblyfsel/voice over is ... wel ... Breyten. Dit lees makliker as baie van sy werk  en ‘n ware deernis vir sy gestorwe vriend, Magmoed Darwiesj, en die se talente skemer deur. Hy plaas daarmee ‘n Arabier in Afrikanermidde en die parallelle daarmee saam. Hierdie jukstaponering is minder vreemd as wat jy dink.

* Daar’s ‘n ding in die lug. Ligte kopseer, nasale drup en ‘n diep hoes. En hierdie virussie bly so ‘n rukkie by jou. Indien jou stem weens seerkeel ook wegraak wil ek hê jy moet weet die volgende middels help F*KOL:
Kortisoon, Sinutab, Homeovox, Andulex, Medikeel en Deselex.

*Ek’s oppad Aardklop toe. Wil Ilza se nuwe boek (50 Stemme)oor die Afrikaanse musiekbedryf onder oge kry en ‘n paar kollegas opsoek. Maar as ek my seuns wil sien sal ek Saterdag moet terug. Wie sou nie. Hier is Sebastian en Benjamin (voor) druk besig met 'n TV game. Nie eers JM Coetzee het my aandag soos die twee laaities nie. So word mens 'n Ben Ten, Avatar en Bakugan ekspert. Hehe. Bye.x

 

Weskusplek Hotel

Weskusplek

Solidarity

Helpende Hand Fonds