|
 1. Ek is soos ‘n koning behandel in Sasolburg (en Kroonstad, Clubview, Vereeniging, Richardsbaai!). Die seshonderd “spykers” was ‘n onskuldige hiperbool in ‘n oomblik van opgewondenheid, toe ‘n joernalis (wat homself as teoloog voordoen) saam Niekie van den Berg (wat homself as vriend voordoen) agter ingeglip het by my konsert. 2. Enigiemand wat (a) vroue sien as “vloerlappe” of (b) diegene wat seks geniet as “siek”, worstel nog met baie ou Christelik-Nasionale definisies van vroue as goedjies sonder keuses en breins en seks as iets wat hare op jou palms maak groei. My suksesresep met vroue het te doen met hoe ek hulle verstom met keuses in my geselskap. Soos die keuse om van my weg te bly. Ek respekteer dit.
3. Dat die getal vroue waarmee popsterre seks het ons kastig “siek” maak met “‘n probleem” is simptomaties van die angswekkende getal sexually depraved Afrikaner mans en vroue daar buite. My hart gaan uit na julle, maar julle sal seker altyd daar wees. 4. Dit was vir my uiteindelik nog nooit nodig om enige vroue enigiets te belowe vir seks nie. Om konsensus tussen ander volwassenes-met-keuses te aanvaar is effe onafrikaner maar dit sal ook seker regkom met tyd. 5. Aan al die moraliseerders, Huisgenootlesers en koekeloerders. Sien? Dis ook verby. Dit wat ek in privaat wou oplos word maar weereens ‘n bietjie nasionale vermaak. Daar sal nog baie wees, maar maar my konserte bly vol en jou weeklaag verdamp na die leë resesse van jou brein. Van waar dit kom. Huisgenoot, Rapport en Beeld verkoop elk ‘n ekstra 40 000 kopieë terwyl eersgenoemde se agenda begin uitstaan soos ‘n seer duim: Rooibostee akkodeer nie met Esmare se broos ego nie. 6. Uiteindelik was hierdie ‘n paar rustige weke vir my, omdat daar niks was wat ek kon doen nie. Ou vrot water onder die brug en niks wat enigsins meer relevant is in my nuwe lewe nie. Ek het myself soms vang giggel en die paar beledigings was maar soos water van ‘n eend se rug af.
7. Waneer twee stemgeregtigdes seks wil hê IS en SAL jou opinie geen duit maak nie. As ek ongelukkig getroud is sal ek hoogs moontlik eksperimenteer en as ek gelukkig getroud is, nie. Die Ou Testament sal soos altyd, geen invloed op ons besluit hê nie en die sexually depraved sal dit altyd belangrik vind om oor die heining te loer. 8. My geheime bly myne tensy media ‘n groot genoeg bedrag aanbied vir manteldraaiers om te draai. Die vyftien minute fame (en R 200 000) is dan ook hulle s’n, maar die leë weke, maande en jare wat daarop volg sal geestelik uitmergelend wees. En wag dat die geldjies opraak. en waarmee jy sit is die reputasie dat jy maklik was. Ek is uiters gevlei dat die som totaal van twee weke se middelmatige seks in 14 jaar nog ‘n biografie sal inspireer, maar soos Natasha, Louis, Barnard en Janine, sal Christina ook nie aftree met die inkomste daarvan nie. Christina wil "verlos word" van iemand wat sy nooit gesien het nie en staan by haar mammie wat verlede jaar vir die sesde keer getroud is. 9. En wie weet, eendag klim die Afrikaner ook uit sy kwasi-kokon waar seks nooit gebeur buite gelukkige huwelike en Walt Disney nie. Kom Boere, snap out of it.
10. Ek en Rian van Heerden doen dieselfde ding. Ons kruip weg in die kas met ons wettige dog sosiaal onaanvaarbare geheime. Die verskil is hy pomp mans en ek vroue. Die groter verskil is hoe hy dit aan my uitwys vanaf die morele hoëgrond. Skynheilig soos hy maar altyd was. 11. Die seer en onskuldige vroue wat so graag foto’s van ons laat plaas in liefdevolle omhelsing, vergeet dat ek honderde foto’s besit wat ‘n heel ander storie vertel. Hierdie meisies is nié skaam nie, was nóóit skaam nie, nie op enige ouderdom nie en my selfoon bloos van die pornografiese mms’e wat Christina, Nelmarie en Janine (en andere) aan my gestuur het oor die afgelope jare. Ek sal natuurlik die nodige swart strepies trek, maar ek wil dit graag met almal hier deel, met die afmerkopsies van Ware Liefde of Popsterafleiding.
‘n Knersie perspektief vir volgende keer. Hou die kinders weg vir nog ‘n rukkie. Liefde uit Wene. Mozart opera vanaand. Daarna Praag en Budapest. Tra! Steve
|