Behalwe vir daai blerrie compilations op NOW 51 is dit Solitary Man op 2de posisie op die MUSICA CHARTS se eerste week! Solitary Man is ook #1 by Music4u en Top CD. Dankie aan almal vir die ondersteuning. As Musica weet hoeveel ons betaal het vir daardie fotosessie sal hulle hulle stieker elders plaas (foto links, Musica, The Zone - Rosebank). Ek sien Theuns se gesig is ook toegeplak.
Ek, Andries, Lourens en Kirstin geniet ons gate uit. Ons is in Centurion vanaand en moreaand (beide uitverkoop). Vrydag in Klerksdorps en Saterdag en Sondagmiddag by Silverstar Casino. Julle reg vir 'n bietjie Crunchy Granola? Kliek links as jy wil hoor hoe dit klink elke aand.
Lees onder van my reaksies op Natasha en Yolanda Barnard se biografiee. Gaap.