|
Arme Yolanda (opebrief, want ek het nog nooit ‘n lettergreep met die wurm gewissel nie) Ek wens die regte lewe was so eenvoudig soos vir jou, vir wie ander se lewens vermaak is, alles wit en swart, reg en verkeerd, finish en klaar en basta is. Vir die res van ons is daar 110 redes hoekom verhoudinge verander of versuur. Hoekom vroue kwyn en mans wegraak. Daar’s ook 110 maniere om te reageer daarop en reg en verkeerd het min daarmee te doen. Meeste mense bly in sulke verhoudinge, ook vir ‘n 110 redes. Veral as daar kinders betrokke is. Of sekuriteit. Of vergifnis. Miskien liefde. Die regte lewe is nie eenvoudig nie, daarom klop ons nie aan vir advies by ‘n adolessente slet met kots in haar mondhoeke wat nie een enkele verhouding in haar lewe kon onderhou nie. Jy dink jy kapitaliseer uit ander se pyn en feilbaarheid, maar jy doen uit naïewiteit en sosiale oppervlakkigheid. Uiteindelik is jou werkgewers die oppervarke. Jy is werklik te dom om te weet. Die punt is natuurlik nie die "waarheid" nie, jou totale misoes. Die vraag is, Barnard/Weideman/Prins, hoeveel van “die waarheid” is ander se hartsake, privaatreg en intieme eiendom - en wie presies is jy om dit te eis? Of daar by te baat? Gee my een enkele rede om een sinsnede "waarheid" met jou te deel? Toemaar, by die afwesigheid van sekere frontale lobbe, sal ek jou sommer antwoord: omdat jou lesers soos jy is - kommin, vlak en sonder lewens. Jy pas die profiel perfek. Geelpersjoernaliste is...
...Parasiete. Poniepersjoernaliste (verskoon die afskuwelike oksimoron) bestaan omdat ander dit regkry. Punt. ...Inkonsekwent. Hulle skryf nooit oor hulle eie vriende se sondes nie. Laat staan nog hul eie. Hulle skiet ook kastig iets af waarby hulle skaamteloos baat. ...Wannabe journaliste. Joernalistiek is die laaste rekwisiet, maar as jy instap met ‘n bepaalde geestelike bankrotskap is die joppie joune. ...Wannabe Oprah’s, maar dit is ‘n reël dat hulle geen kinders of geliefdes het nie en daarom nie die fakulteit van menslikheid besit om te deel nie. ...Immoreel. Dit sal nie in haar boek staan nie, maar Barnard sal kots, inglip, bekendes naai en tjank om ‘n VIP kaartjie of backstage-pass te bekom. ...Dom (1). Om te dink iemand dra by bloot omdat hulle bekend is, IS die pokke van ons tyd. Vir haar is selebriteit die opper-ideaal waar Paris Hilton snoesig aan die regterhand van God sit. ...Dom (2). Die kollig is hul katedraal. Hulle glo vas dat aktrises, sangers en skrumskakels ander mense se morele kompas is. ...Dom (3). Barnard dink "ek het gehoor" of "iemand het gebel" is 'n feitebron. Sy is/was nerens, sy pers mense af om te praat en nie een van haar waarheidsbronne sal 30 sekondes in 'n hof hou nie. ...Kinderlik naïef. Sy word kastig kwaad as ons vir haar jok, maar wat hulle van ons wil hê was nog nooit hulle s’n nie. Sy verstaan dit nie. Sy sal meer op Janine en Louis moet vertrou vir inligting, want by my kry hulle nie die was in my Boerboel se ore nie. Sy is dit nie werd nie. ...Pateties. Hul kollegas lag vir hulle. Hanlie Retief het in Rapport ‘n nasionale nar van Barnard gemaak. Barnard het dit eers uitgevind toe iemand dit vir haar sê. Sy blameer o.a. vir my dat sy haar pos by Glitterati kwyt is, waar haar eie onbekwaamheid haar eenvoudig net nie byval nie. Die ware meriete onduik die wat hul eie vervolgingswaan en heelal fabriseer. ...Fokken dom. Het ek dit klaar genoem? Ek het 'n negentienjarige seun wat haar pogings as kinderlik aflag.
Ek plaas vir jou volgende week ‘n mooi foto’tjie hier waar ek in jou boek skyt, Barnard.
Steve
|