Steve on Facebook
 Steve is now officially on FB! Click on the image to be taken to his page.
Steve on Twitter
Basic authentication is not supported
Bulembu Lodge - Mozambique
|
|
Tuesday, 07 October 2008 20:43 |
Pa en Seun
Steve & Bok se duet #1 landwyd!
More Info Litnet - "Pa en Seun beloof om 'n treffer te wees. Sit twee van die grootste name in Afrikaanse musiek saam in 'n ateljee en gee vir hulle 'n liedjie deur een van die land se beste liedjieskrywers en net een ding kan gebeur - jy het 'n treffer op hande! Steve Hofmeyr en Bok van Blerk se sielvolle weergawe van "Pa en Seun" gaan sonder twyfel een van die treffers van die jaar wees. Die liedjie is spesiaal opgeneem vir 'n nuwe versamelalbum, Afrikaans is Groot, wat van Oktober op die rakke sal wees. "Die liedjie het 'n universele tema - die van 'n pa wat sy seun verloor. Steve en Bok is nie pa en seun in die liedjie nie, hulle sing net altwee uit die oogpunt van 'n pa wat sy kind aan die dood afstaan," verduidelik Sean Else van Mozi Records. "Ons het al almal iemand aan die dood afgestaan en weet van die hartseer wat mens deurgaan. "Pa en Seun" spreek daardie hartseer aan." Steve sê die liedjie sal enige pa aan die hart ruk. "Vir my is die belangrikste boodskap van die liedjie dat jy jou kinders teen jou hart moet hou want Iemand nice leen hulle net vir ons. Ek dink dit is elke ouer se vrees - dat jy jou kind in 'n oogwink kwyt kan wees. Ons het Sebastian op 'n keer in Disneyland verloor en ek bid self dit nie my grootste vyand toe nie." "Die liedjie is gebore uit my eie verhouding met my pa," sê Johan Vorster, wat met bystand van sy vrou Rencha en Sean Else die liedjie geskryf het. "Afrikanertrots keer soms pa's om vir hul seuns te sê hoe hulle werklik oor hulle voel. Dit is vir 'n pa moeilik om vir sy seun te sê hy is lief vir hom want dan is hy 'n softie. Mans sê nie wat op hulle hart is nie. Dan gebeur iets tragies en is dit vir altyd te laat - al wat dan jy oorhet is die verwyt." Johan hoop dat oupa's, pa's en seuns hul trots in hul sakke sal steek wanneer hulle die liedjie hoor en dinge uitklaar voor dit te laat is. "Mans moet leer om nie hul gevoelens weg te steek nie," sê hy. "Ek sien dit met my eie seun, Joshua. Ek spandeer elke oggend 'n uur by hom voor ek uit die huis gaan want jy weet nie wat vir jou om die draai wag nie. Hierdie liedjie het 'n defnitiewe doel: Dat pa's en seuns vir mekaar sê wat gesê moet word en altyd vir mekaar soveel liefde gee as hulle kan." "Dis so belangrik dat mense moet sê hulle is lief vir ander mense voor dit te laat is," sê Bok van Blerk. "Ek het nie self kinders nie, maar ek het 'n pa en hierdie was vir my 'n baie emosionele ervaring, veral die skiet van die musiekvideo." Die musiekvideo behoort binne die volgende paar weke op die lug te wees. Die bekende jong akteurs Stian Bam (7de Laan) en Erica Wessels (Orion) is in die video gebruik en Sean Else was die regisseur. Hiedie video sal ook deel wees van 'n Afrikaans is Groot DVD wat teen die einde van die jaar vrystel word. Ander video's op die DVD is De la Rey van Bok van Blerk, Jy Soen My Nie Meer Nie van Lianie May en Eden se Kwart oor Vyf."
|
|