Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. PLATINUM STATUS; more than 40,000 copies sold! 5th book (Vier briewe vir Jan Ellis) and 10th season of Dis Hoe Dit Is
Koop Steve Hofmeyr se gewilde boek, Jêmbekseep, aanlyn en dra in die proses R20 by tot die Helpende Hand Fonds.
Griffel Media, in samewerking met Steve Hofmeyr en Solidariteit bied hierdie uitsonderlike promosie aan gedurende Augustus en September.
Jêmbekseep gee ons ’n lekker terugblik op die pittige sêgoed en aanhalings van die bekende Afrikaanse ikoon. Na die sluiting van sy gewilde blog is hierdie ’n goeie geleentheid om sy immer gewilde stem steeds op papier te hoor. Lees wat hy dink en sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, met sy liefde vir Afrikaans en die mense van die land wat duidelik daaruit spruit. Hierdie vermaaklike boek is ’n moet op jou koffietafel, en maak ook ’n uitstekende geskenk vir ’n Steve-aanhanger.