Steve on Facebook
 Steve is now officially on FB! Click on the image to be taken to his page.
Bulembu Lodge - Mozambique
|
|
Bakkies. Armand. Die Antwoord. Wat jy nie mag doen na 30. Dankie Helen Zille |
|
|
|
|
Sunday, 18 July 2010 22:43 |
|
Ek plaas volgende week my gesprek met die swart politikus waarvoor ek gewag het. Iemand wat die land kan, wil en sal omdraai. As hy ‘n party gehad het, het ek NOU vir hom gestem en almal gekry om saam te stem. Lees volgende week hoekom. (En dit het niks te doen met sy perfekte Afrikaans of sy eie top vyf gunsteling politici nie: Shaka, Paul Kruger, Smuts, Verwoerd en Mandela. Ek sweer. Hou vas jou hoed) * Kyk Kwela hierdie week vir die video van Juliet, of kom sommer Emperors toe Woendag tot Saterdag. * My Facebook is sopas oor die 43 000 lede merk. Ons word 'n Volkstaat. Ons kan gondwetlike regte eis as 'n groep. Gaan kyk bietjie. *
  Dis 'n voorreg, 'n vreemde voorreg, om my seun se CD langs myne te teken op toer. Well, done, Armand. Ek het jou gevra om my te wys dat jy belangstel. Jy't puik songs geskryf. Geluk met jou CD. Nou gaan ek jou skaaf dat jy bars...vergelyk bietjie my eerste CD met syne, aartjie na sy vaartjie. Ja, wat, ek weet, vergeet die bloedtoetse. * Dankie KIA Eastvaal Middelburg vir my oulike nuwe Sorento!!!!! Mooi, ne. Toet as jy my sien.
 * Hier is Askmen se top 10 dinge wat mans nie mag doen na dertig nie.
1. Eat fastfood 2. Drive recklessly 3. Play videogames obsessively (oeps!) 4. Live in a dorm (kommune verblyf, ens.) 5. Get a tattoo 6. Binge drink 7. Live pay-check to pay-check 8. Work at a dead-end job 9. To be socially politically clueless 10. Dress like a slob *
Sal almal asb vir Bakkies uitlos. Hy's jammer. Ek dink hy's TE jammer. Hierdie is rugby teen die All Blacks, nie Black Jack teen parapleë nie. Ons het teen die Kiwis verloor omdat ons ons primêre gameplan weggeskrik het: wees aggressief. Ons kry geelkaarte en begin dan Ritchie se manne omhels met liefde i.p.v. lak dat die vulkaniese as op hulle gatte lê.Lees hier hoekom ek so pleit vir Bakkies. * Volgende week maak ek my buiging as IDOLS beoordelaar. As jy mooi kyk (en as dit nie geredigeer is nie) sal jy sien hou koud Mara langs my sit. Hierdie was die oggend van die Julius Malema brief. Sy moes glo keer dat 'n Unie of iemand my nie inwag in Durban nie. Ek het haar en haar unie uitgelag. En toe die koue skouer gekry vir 3 ure. Tog was dit 'n lekker ervaring met meer kwalifiseerders as enige ander stad in SA. Kyk Sondag. *
Mense vra wat ek dink van Die Antwoord en Jack Parow. Ek's jammer. Hip Hop is nie my ding nie. Maar, ek's 'n ou closet Kid Rock groupie, en vind nogal aanklank by Jack en Die Antwoord. Dis gimmick-erig, maar braaf. "I don't need you" is vervelig maar "Enter the Ninja" is bedonnerd. Hierdie is ongelukkig (vir my) musiek wat nie veel doen sonder beeld, kostuum, trend, timing en video nie (dankie, tog, want Yo-Landi is gorgeous in enige taal). Hulle zef Afrikaans is eintlik beter as hulle De Korte Street Engels maar as hulle ons ambassadeurs gaan wees op die wereld verhoog, het hulle my stem en prouteksjin. Die pispot haarstyl is ook nogal nostlgies. Hip Hop ten spyt, hoe kan jy nie vir ou Churchill laaaaaik nie. Hy sing oor Afrikaans hier in "Praat Saam My." Lekker, my bru. Daar mag niks wees wat jy NIE in Afrikaans kan doen nie. Alles hoef nie PG te wees nie. As enigiets wettigs jou nog skok, is jy self bietjie agter, ne. Maar jou smaak is jou smaak, ek se. *
Ek praat met Bobby Angel backstage by Emperors. Oom Lance James is siek. Hy was bespreek vir hierdie twee weke by Emperors, maar ek moes Bobby kry om vir hom in te staan. Sal hy opdaag? Twee dae later stap Lance James in. Die Big Daddy van Country neem oor by die Koning van Country. Ou vrinne wat al baie dekades saamwerk. Altyd een oproep weg. Met ‘n wil om te werk wat amper vreemd is in ons moderne apatie en era van luigatgeid. Bobby Angel en Lance James, DIT is hoekom ek TOEKA gedoen het destyds. Julle is my rolmodelle op soveel vlakke. Ek bedank julle weer. Dit is ‘n voorreg om saam julle te kon gewerk het en dit sal altyd een bly. Dankie vir die vol huise en die Affies Seunskoor wat naweke kon kom inloer het. * Hier's 'n oulike site as jy wil weet wie saam jou verjaar. Geluk aan Lance James en Nelson Mandela vir hul b-days gister. * Ek moet bieg ek verstaan die Afrikaner slawe-eienaar debat glad nie. Ek weet nie hoekom dit belangrik is nie en ek weet nie hoekom dit verdedig of ontken moet word nie. Dit is soos om opgewonde te raak oor heksery, toordery en heksejagters in die Verligtings Era. Wat essensieel is is dat wat in gister se konteks vandag as taboe beskou word, NIE herhaal moet word nie! Ek vind byvoorbeeld vandag geen heksejagters, sangomas en toordery in Afrikaner gemeenskappe nie. Omdat die Weste eeu gelede daarmee afgereken het en so dit ontgroei het. Ek vind wel slawehandel onder alle 18de eeuse demografiee. Ek vind so ook dat die Bybel nie een enkele negatiewe woord oor slawerny te spreek het nie. In Amerika is daar in sekere Afro-Amerikaanse polemiek 'n dankbaarheid daarvoor nadat 'n swart bewussyns aktivis gepreek het dat daar net een aakliger ding was as om as slaaf uitgevoer te gewees het Amerika toe - en dit was om NIE uitgevoer te gewees het nie! *
Lees my Jacaranda blog volgende week waar ek daai Durbanse idioot Michael Sutcliffe roskam. Hy is die pous van onbenullige naamsveranderinge, en as jy gedink het ek voel niks vir die Sharks se erfenis nie, dink weer. Ek love Durban. Ek haat erfenis ontkenners. *
Ek lees Ayn Rand se Atlas Shrugged. Die laaste Rand wat ek nog moet lees. Veral noudat dit as ‘n film verskyn amper 52 jaar nadat die heethoof antie dit geskryf het. Dit was haar vierde en laaste (en langste) boek. Verlede jaar was dit steeds die 33 ste mees verkoopte boek op Amazon en die film gaan nog verkope bydrae tot die totaal van 6.5 miljoen kopië. In 1991 het Amerikaners vir dit, naas die Bybel, as hul mees invloedryke boek gestem. Ek voorspel weke van rasionele selfsugtigheid in die Hofmeyr huis. Haar lewensteorie is ‘n kil, relevante ene waar prestasie met niks anders vervang kan word nie. En jou vergoeding daarvoor is JOUNE en hoef nie gedeel te word nie. Sy haat die welsynstaat en voel dat liefdadigheid die probleem vererger. Sosialisme grief haar en kollektiewe traagheid straf homself. Gereguleerde, belaste industrie is vir haar sinoniem aan die hel, omdat die wereld sonder sy winsmotief geen groei en produktiwiteit kan onderind nie, en afsterf daarsonder. Lees Afrika se gek flirtasie met Marxisme... Maar is die morele verdediging van aggressiewe kapitalisme versoenbaar met Christelike etiek en ubuntu? * Dankie Helen Zille. Ek het gewonder oor hierdie “ooptoilet” toiletgesprekke. Dit klink my tipies van die ANC jeugliga en die vlak waarop hulle omgaan met polemiek. Ontlasting. “ In die tyd dat die 55 toilette oop was, is niemand “gedwing” om hulle te gebruik nie. Die gemeenskap kan ruim gebruik maak van ’n alternatief – een toegeboude toilet vir elke vyf huishoudings, synde die nasionale standaard vir projekte wat in stadiums opgradeer word. Gegewe dat 96% van die gesinne in die projek nou hul eie toilette het, was die gemeenskaplike toilette meestal onbeset. Die herhaalde aantyging dat “55 gesinne in Makhaza twee jaar lank gedwing is om ’n toilet in die openbaar te gebruik”, is van alle waarheid ontbloot.” Niemand is “gedwing” om 55 oop toilette te gebruik nie. Geweet die ANCYL ooptoilette debat is 'n kak debat. Kan iemand vir my vertel hoekom die ANC Jeug Liga nog relevant is? *
Ek luister tans Alicia Keys en Jennifer Rush. Ek lees Atlas Shrugged en Richard North Patterson se nuutste. Saans lees ek Mr Stink vir die seuns en classics vir kleuters (The Tale Of Two Cities, Hamlet, ens). * Dankie vir hierdie 1, 2, en 3 wonderlike resensies van Vier Briewe Vir Jan Ellis. * Rerig dankie. Ek's nie goeie resensies gewoond nie. Liefde, Steve
* Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:
1. Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe dinamiese Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.
|
|
|
ET my opinie. 'n Paar pics. Halfgebakte joernaliste. Juliet. |
|
|
|
|
Thursday, 01 July 2010 20:44 |
|
Die Eugène Terre’Blanche Storie. (deel 2 ingesluit onder) deur Steve Hofmeyr
Ek het Eugène Terre’Blanche: My Storie aangeskaf die oomblik toe ek by Exclusive Books instap. Oom ‘Gene het fors na my gestaar, oor sy gryse baard en onderdeur sy naam. Dié is in veel groter letters aangebring as die naam van die samesteller van die outobiografie. Uiteraard. Dit is ook in groot grys letters aangebring. Ironies. Want as jy dit lees sal die grys gebied tussen mense en idees jou byval eerder as die harde rooi en swart beelde wat sy vlae en kentekens in die gemoed en geheue oproep. Wat was ET se Damaskus ervaring binne die mure van Rooigrond Gevangenis? Eugène Ney Terre’Blanche is op 3 April 2010 wreed om die lewe gebring. Hy was amper sewentig jaar oud. Eintlik ‘n weerlose bejaarde. Knopkieries en ’n panga is langs die bed gevind waar hy in sy slaap oorval is. Vir maande het sensasiepers ons probeer wysmaak van mites om sy tragiese afsterwe, toe dit eintlik net ‘n tipiese brutale dag in die lewens van Suid-Afrikaners was. Alhoewel dit moeilik is om God se barmhartigheid met daardie oomblik te versoen, herhaal Eugène hom gereeld wanneer hy dit uitstippel: Ek weet God leef en dat Hy oor die lotgevalle van mense en volkere beskik. (p202) Na die verlies en nederlaag van die Boereoorlog het gelowige Boere dit onder die aandag van hul leiers gebring dat God se wil vir die Afrikaner nog so duidelik was nie. Niemand kan vandag antwoord op die vraag of die lot van die moderne Afrikaner nie ook God se wil is nie. Miskien was ons nooit reg vir die antwoord nie.
Ek moet nog steeds aan liberales en swartes verduidelik hoekom ek Eugène Terre’Blanche se begrafnis bygewoon het. As ek antwoord dat Eugène my vriend was en dat ek hom respekteer het, is die strafantwoord gou: Knowing what that man did, how could you? Maar ek is in die besigheid van antwoorde. Kortes verkieslik. Knowing what Nelson Mandela did, how could you not? Ek weet dit paai hulle nie. Maar hulle tel hulle woorde versigtig daarna, omdat ons die land is van vingers wat terugwys. Êrens om die beurt was jou voorvaders die kroek in die verhaal. Almal erken dit nog nie. En Eugène Terre’Blanche het dit geweet in sy “shuffle” tussen ideologieë, soos Christopher Hitchens die gemoedelike relativering van die ouer garde noem. Wat my paai is dat my besluit om hom te verdedig, tog gevindikeer is. Soos my besluit om Mandela te vergewe vir die bloedverlies wat sy bomme in ons stad strate aangebring het. Albert Luthuli, die ANC opper indoena, het sy eerste bomme laat plant minder as tien dae nadat hy die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Ek het hom ook maar vergewe. Ek het Eugène Terre’Blanche ook vergewe. Hy het my gevra in sy boek om dit te doen. En ek hou nie van vergewe nie. Ek vind vergifnis ‘n oorskatte deug. Het jy al die daders van vandag se sinnelose plaasmoorde al vergewe vir wat voor vanaand nog gaan gebeur? Maar die Eugene wat ek geken het en uitgenooi het om sy gedigte van Rooigrond op Dis Hoe Dit Is (KykNET) te kom voorlees, was iemand wat besin, herbesin en sommer baie gebid het. En ek lees hom so in sy boek raak. “Ironies beteken my van wit grond...”, verduidelik hy voordat ons uitstap voor die kameras, waar sy persona soos ’n ervare dramastudent langs hom plek inneem. Rooigrond was sy Rubikon en niks sou daarna weer dieselfde kon wees nie. “Rougrond”(p213), noem hy die geestelike Rooigrond, ‘n sel wat sy bieghok sou word binne ‘n tronk wat hy sy katedraal sou maak waar “jy die priester is wat jou eie offerandes bring...”(p191). Ek wil nie oor politiekery praat nie, vra hy oor die telefoon. Die bandwydte steel sy bariton weg. Dis oraait as oom net gedigte kom lees ook. Ek het nie planne om oom in ‘n verleentheid te bring nie, belowe ek. Dis dan goed so. Ek wil met jóú ook praat. Ek skrik my gat af. Ook maar mens en leser van koerante waarop ET joernaliste sou jag, swartes sou aanrand en van perde sou afval. Dit is ‘n kwaal van ons tyd dat ons publieke figure opsom gegrond op enkele bronne wat die media manipuleer om ons aandag te trek. Ruda Landman was briesend oor my geneentheid met ET as gas en glanspersoon. Maar sy storie kom ver. Hy het aanvanklik as lyfwag vir die Apartheidsregering gewerk en hulle en die Broederbond daar leer verag. Ek glo nie sy simpatie was ooit met die Struggle nie, maar sy bede was by die behoud en respek vir die offerande van sy voorvaders. Kan daar nog enige liberale wees wat behoudendes daardie reg wil ontsê? “As ons hier omdraai. Sal toekomstige geslagte boet vir ons verraad en twyfel.”(p194)
My kritiek op die boek is die effe onsamehangendheid in die rondspring onder onderwerpe, daadwerklik eerder ‘n memoir as ‘n outobiografie; ‘n verteller wat gelyk te veel op die hart het. En slegs wat hy wil: daar is geen enkele woord oor Jani Allen in hierdie memoir nie. Presies die versuim wat ‘n outobiografie jou nie sal vergewe nie. Ek wil geen uitgewers van manipulasie beskuldig nie, maar Eugene noem homself na bladsy sewentig vir die eerste keer ‘n Boer. Die res van die tyd is hy ‘n stoere “Afrikaner”. By geleentheid het Oom Eugène my vaderlik berispe dat hy ‘n Boer is van die Boervolk en dat “Afrikaner” bloot ‘n Britse fabrikasie was. Dit pla my geensins, maar ek raai hy sou my die kyk gegee het waarmee die omslag jou konfronteer. Ek het die boek in vier sessies deurgedraf. Baie vrae gedy: hoe gaan die met tannie Martie? Waar is Raka die perd? Hoe voel Bea oor alles? Wie sou sý ideale AWB opvolger wees? Sit Thami nog op Rooigrond? Haat hy nog vir Pik Botha? Ken hy vir Mandela? Ensovoorts. Maar Oom Eugène se gedagtes los by my ‘n skuldgevoel. Hy skryf my skuldig. Ek lees nie bloot sy woorde nie, ek hóór sy dramatiese bulderstem die feite onderstreep en uitspel, soos net hy kon. Ek dog ek ken die verhale, maar ek moet dit nog leer inasem, soos hy gedoen het: “O, ek wens ek het die hart van ‘n De Wet gehad, met sy lang, fier gestalte en sy treffende woordkeuse. Of dat ek die onuitputlike intelligensie van Jan Smuts kon ontgin om my gedagtes te orden, of dat ek saam Strijdom die toekoms kon instaar en vêr waarhede sien. Of dat ek die integriteit van CR Swart gehad het om altyd in beheer van my woorde en humeur te bly. Dan, met die waagmoed van ‘n De la Rey en die geloof van ‘n Cilliers, kon ek teen hierdie Amajuba van my gemoed uitstorm om my vryheid oor die afsondering op te eis. Ek sou langs die sterwende bevelvoerder van die vyand gaan kniel, hoed in die hand, om vir oulaas eer aan ‘n dapper kryger te betoon.”(p195)
Ek is jammer oom Eugène. Die vyand gaan niks doen met g’n hoed in die hand nie. Ons kniel nie eers meer langs vriende nie. En die nuwe respek wat jou pragtige, seer verhaal ons almal kon aanwakker, is weg met een enkele swiep van die panga.
Die Eugène Terre’Blanche Storie (2).
In hierdie tweede aflewering gaan ek Eugène Terre’Blanche moontlik minder prys. Omdat ek en hy oor te veel saamstem, wil ek gou ‘n paar woorde sê oor die belangrike plekke waar ons idees skei. Dis tegnies, maar belangrik. Oom Eugène is nie bang om te sê hy twyfel nie. Hy noem die woord “onseker” by meer as een geleentheid. Maar dit is waaroor hy seker is waarby ek steeds vrae het. Ons verlossing, preek hy oor en oor, lê by ons geloof en ons kultuur. Hieroor stem ek saam. Ek sou naastes en familie insluit. Ons kinders. Hieroor stem alle Afrikaners geredelik saam. Ek dink meeste Suid-Afrikaners ook. Maar die skielike verskille kom wanneer jy die ligte vernis van hierdie konsensus raak skuur en die groot chaos wat daaragter skuil, waarneem. En ek pleit by my dialektiese kollegas om nooit die debat te bedryf tot vlak voor die deel waar jou naels breek van die geskuur nie. My ondervinding is dat Afrikaners, aanvallende sowel as verdedigende nasionaliste, intelligent en verdraagsaam genoeg , daarom ryp is vir verder gesels. Die voorvereistes is dat jy nie moet hardloop sodra jy uitvind hoe min mense met jou saamstem nie. Ek ken hierdie alleen plek. Eugène ook. En dis nie-essensieel om altyd saam te stem nie. Hieroor waarsku hy in een van sy vele juwele: “Afrikaners kan so maklik met mekaar verskil. Dis goed so want daardeur slyp ons die volksmening tot ‘n verfynde begrip, of dit nou in stryd of in vrede is.” (p268) Soos Eugène wag die Suidlanders vir die Hand van God (Rapport 27 Junie 2010) maar niemand kan ons sê hoekom die lot van die Afrikaners, ook wanneer hy onder druk verkeer, nié die Hand van God is nie. Is ons nie al weer besig om God voor te skryf nie? Is ons werklik so spesiaal onder nasies? Dat dit alleen God se wil is as dit goed gaan met die Afrikaner? Hoekom? Die uitverkorenheid van die Afrikaner en die Jode word ironies deur daardie partye gesien as ‘n seëning, maar die teenspoed waardeur hulle moet oorleef getuig van die teengestelde: indien nie ‘n afwesigheid van God nie, dan die afwesigheid van ‘n God wat hulle uitverkies het vir welvaart. Miskien is ons uitverkies om te ly, maar waar los dit ‘n God van Liefde en Regverdigheid dan? Soos die Suidlanders glo Eugène Terre’Blanche vas dat ons ongeloof en afvalligheid die oorsaak is van ons verknorsing. Onder omstandighede vind ek die teengestelde. Die arme Afrikaner het nog nooit so hard gebid soos vandag nie. Dis reeds slegs die Apartheid tydperk tussen die Boere oorloë en die ANC bewind van vandag waarby hulle veilig was en moontlik nie soveel verlies en vrees getoon het nie. Volksuitwissing en ander brutaliteit e verander die versoeke en intensiteit van jou bede. Maar dit is ‘n dwaalstelling om voor te gee dat slegs Christene en gelowiges moreel kan wees. Daarbenewens weier ek om die huidige toestand op ongelowige Afrikaners te blameer. Die ideaal is goed: as almal goeie Christene was, was die wêreld ‘n beter plek. Dit glo ek. Maar anderkant hierdie teorie vertel die realiteit ‘n heel ander storie. Dat dit in die geskiedenis sleg en goed gaan met Christene ongeag die intensiteit van hul geloof. Dat die meerderheid Suid-Afrikaners vandag verreweg deur die Christengeloof onderskei word, dat meer as 90% beskuldigdes op die Amerikaanse deathrow erkende Christene is en dat die grootse oorloë in hierdie eeu deur die gelowigste nasies bedryf word. Jy moet jou afvra of die letterlike verstaan van die Bybel jou die lisensie gee om ‘n Israeliet te word? En of God jou slegs uit die woestyn sal lei solank jy nie afgode oprig nie? Ons afgesonderdheid van die “heidenvolke” kom direk uit Nehemia 13. SJ du Toit, wat dit ook ywerig in 1885 gepreek het, het moontlik nie Apartheid voorsien nie, maar sou die aanleiding daartoe en misbruik daarvan moes insien. Wanneer ek die genesis van die Afrikanertoestand bestudeer, kan ek nie anders as om by sy partikulere geloof te begin nie. Nie dat geloof ‘n taboe is nie. Allermins. Ek is niks daarsonder nie en my identiteit is deurspek van Nuwe-Testamentiese Protestantisme, maar ons oorhoopse verwagtinge van ons Drie-eenheid plaas ons God in ‘n verleentheid. Ons elmboog Hom in situasies waar ons Hom wou hê. Ons reken dit is Sy wil as ons drieë druk, as ons wen, as ons regeer en as dit begin reën maar aanvaar dit nie as Sy wil as die golf van voorspoed teen ons draai nie. Dan blameer ons die duiwel, asof dié almagtig is. Maar die duiwel bestaan en handel onder God se almag (’n ander teologiese brandpunt). Terwyl die Calvinisme in Europa deur ‘n reeks evolusies omvorm word, het die wegbreek Boere s’n sonder kritiek geïsoleer gelê in ’n familiebybel toegesluit êrens deur die Vrystaat op pad Waterberge toe. Dit sou iemand dinamies en oorreedbaar soos Paul Kruger neem om die 19de eeuse dwaalleer onder Afrikaners te besweer, dat hulle uitverkorenes was op ‘n kontinent waar hulle eintlik net buitestanders was. Kultuur is nie vir almal dieselfde ding nie. Baie verag dit. In Notes From The Middel World verduidelik Breyten: “...”culture” is rather like that of an angry dog to its image in the mirror: I bark and piss against it...I think of it as a vesselword, a vassal to meaning...” En alhoewel ek Breyten sy protes gun, vra ek my liberale eweknie of hulle in hul liberale vrygewigheid en verdraagsaamheid my my anderste liefde vir die my kultuur sal gun. Die ou Lefties dans dan al te mooi. “Die Afrikaner se grondgebied is veral geleë binne die grense van sy geloof en in God se genade.”(p264) sê Eugene. Dit weerklink soos iets vars uit die Afrikaanse Patriot van 26 Oktober 1877: “Die taalbeweging is uit God...en ons doen dit, omdat ons geloof, dat dit so de Heere syn wil is.” Ek self voorsien nie dat God uit of buite enige formule gehou kan word nie, maar by soveel verskille kontamineer uiteenlopende idees van Godswil die sekulêre debat wat ook gewen kan word. Hoekom, as nasionalisme ondergeskik is aan godsdiens, het ons ou Calvinistiese leiers nie God se wil geraadpleeg toe die strengste Christene onder hulle versplinter het as stoere republikeine en radikale, Christelike en vrysinnige, oop en geslote en gelowige en sekulêre nasionaliste nie? Wat was God se wil toe? En hoekom weet ons steeds nie. Daar is vandag eenvoudiger oplossings, soos om die grootste agente van God se wil onder een dak te kry en te peper vir antwoorde wat ons so lank reeds so wreed ontduik. Konsensus sal ‘n vloekwoord wees en antwoorde uiteenlopend. Nie omdat God nie ‘n wil kan hê nie, maar omdat ons nie werklik daardie enorme privilegie as seëlbewaarders kan opeis nie. * Hier's pics van die EGOLI vrystelling, handtekeningsessies, sokker, ens.
   * Armand se CD is amper reg. Kan nie wag nie. *  Ek lees nie Gavin, Esmaré en Barnard se getjommel nie. Ek neem ook nie deel aan enige gesprekke waarby hulle betrokke is nie. Ek doen beslis niks waarby hulle kan baat nie. Nie omdat ek bang is vir hulle nie, maar omdat ek hulle ken en daarom weet dat so ‘n debat amateuragtig SAL wees en niks sal oplos nie. Hulle MAG NIE saampraat oor families, kinders en gesinne verloor nie, want hulle kon self nie die som totaal van een verhouding, een familie, man, vrou of kinders hou, by mekaar hou of onderhou nie. Hoe hulle die morele hoegrond besit, gaan my verstand te bowe. My lewe en pyn is vir hulle ‘n kommoditeit en 'n inkomste. Niks meer nie. By die afwesigheid van hierdie element, sien ek hulle eintlik ook nie as mens nie. Eerder as insekte. Parasiete. Bring iemand wat die onderwerp met dieselfde erns bejeen as ek. Nie hierdie halfgebakte wanna-be's nie.
* Hoe lekker dat Sky News nie val vir ANC magspeletjies nie. Hulle noem Pretoria niks anders as Pretoria nie. * Ek moet bieg, al die sokker, rugby en tennis in een maand, is ‘n fees vir sportmalles soos ek. Kan nie glo Federer is uit nie. *  
Ons kuiertjie by Jacaranda 94.2 FM het groot fondse opgelewer vir hulle Winter Warmer veldtog, om die kouetjie vir minder gegoedes op ‘n afstand te hou. Dankie almal. Ek en vele ander sit by Riva en Martin waar ons telefone beman vir donasies. Hulle gaan my moontlik nooit weer gebruik nie, omdat algar wie my geskakel het net wou weet hoe dit gaan... Indien jy bygedra het sal jou naam hier verskyn. * Die jong en dapper stigter van Angels Of Leukemia, het die 22 ste Junie gesterf. Hy was ‘n held in my oë en sy naam was Juan Dee Van Jaarsveld. Hy was onder chemo behandeling toe hy skielik beswyk het. Ons is ‘n engel minder... * Op die wêreldwye Genocide Watch, wat volksuitwissing en teikening van minderheidsgroepe monitor, het wit Boere in Suid Afrika sopas van vlak 5 na vlak 6 gevorder. Daar is slegs 8 vlakke en internasionale ingrype is vanaf vlak 7. Ons regering voldoen ook aan die 12 vereistes van “genocide denial”. Daardie vlakke word so omskryf:
1. Question and minimize the statistics. 2. Attack the motivations of the truth-tellers 3. Claim that the deaths were inadvertent. 4. Emphasize the strangeness of the victims. 5. Rationalize the deaths as the result of tribal conflict. 6. Blame “out of control” forces for committing the killings. 7. Avoid antagonizing the genocidists, who might walk out of “the peace process.” 8. Justify denial in favor of current economic interests.
(Israel Charny outlines the tactics of denial in “Templates for Gross Denial of a Known Genocide: A Manual,” in The Encyclopedia of Genocide, volume 1, page 168.) *
Volgens Beeld is De Wet en De La Rey nou ook op Vryheidspark te vinde. Wally Serote moet dronk wees. Of het wit bydraes hom skielik bygeval? Die waarheid is dat die mense vir wie dit gebou is moontlik eers in 2070 AD 'n jota vir erfenis sal demonstreer. Tot dan moet ons die arme (miljoene rande se) monumentjie maar besoek word met mense wat erfenis verstaan en waardeer. Kom Boere, dis julle belastinggesldjies wat daar bo le en bak in die son. Gaan kyk maar hoe lyk oom Koos langs oom Albert... * Ek is klaar met Eugene Terre’Blanche se outobiografie en lees nou JC Steyn se wonderlike Trouwe Afrikaners –aspekte van Afrikanernasionalisme en Suid-Afrikaanse politiek 1875-1938. Wit en swart eise vandag het hul oorsprong in verwikkelinge gedurende asook ná hierdie tydperk. Dit is nie onbelangrik nie. Sal vir iets ligter soos 'n Ludlum saamneem. * Hier is twee foto's uit Juliet se musiekvideo, binnekort op TV. Kyk uit vir die verrassing. Eh...ek is die lorriedrywer. Meer mag ek nie uitlap nie.
  * Ek gaan so bietjie met vakansie. *
Dankie vir al die wonderlike saampraat en ondersteuning. Ek haal vir die eerste keer in jare weer bietjie asem. Sien jou by Emperors! Kliek hier vir besprekings. *
Soet wees. Steve xxxxxx
Bookmark these four sites to keep in touch with my everyday doings&writings:
1. "DIS HOE" dosis op Jakaranda 2. My nuwe dinamiese Facebook kring 3. My alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178. Dis fun.
|
|
Vlismas se k@k. anti-Vuvuzelas en Manna-tande. (hierdie inskrywing is PG) |
|
|
|
|
Monday, 14 June 2010 20:22 |
|
Ek was VIR vuvuzelas as geheime FIFA teenvoeter totdat ek deur 4000 van hulle in Sandton Mall getakel is. Toe weet ek. Hierdie ding is nie speletjies nie. Die beentjies in jou ore doen ‘n toi-toi elke keer as iemand agter jou daai horing blaas en alles gogga in sy keel vlieg reguit oppad na jou toe. Erger nog: in Orlandostadion met 40,000 mense sou ek graag die afkondiging wou hoor wat my waarsku dat ek moet hol vir uitgang F10 omdat daar vier Al Qaida bomme êrens onder my gat is. Wat vir Sepp Blatter die toernooi se simbool is, is vir ander ‘n probleem. Portugal se Ronaldo reken die getrompetter breek sy fokus: "It is difficult for anyone on the pitch to concentrate...” Wat sê kenners oor klank intensiteit (gemeet in desibels of dB’s)?
- ‘n 100 dB op 10 meter sal 94 dB wees op 20 meter en 88 dB wees op 40 metres.
- ‘n Deur wat toeslaan is 80 dB en ‘n vliegtuig op 300 meter is so 100 dB.
- Mens fluister op 20 dB.
- Die pyndrumpel vir lawaai lê by 140 dB.
Ons vuvuzela kliek verby die 127 dB merk, wat meeste Engelse en Franse horings skaamteloos agterlaat. Dit terwyl Hear The World reken dat verlengde blootstelling aan slegs 80 dB ‘n gesondheidsrisiko dra. Probeer negentig minute! Geringe wetgewing bestaan, maar meesal in die werkplek, maar die manne by antivuvuzelafilter.com vat nie kanse nie. Hul aflaaibare mp.3 teenvoeter neutraliseer die vuvzela frekwensie waneer jy dit speel gedurende ‘n wedstryd oor televisie. *
  
Hierdie kind regs bo het 'n naam gehad. Lizzie van Zyl is op minder rantsoene geplaas omdat haar ma geweier het om haar pa se naam aan die Britte te veraai. Soos 22 000 ander kinders, het sy dit nie gemaak nie. John Vlismas is ‘n Suid Afrikaanse komediant. Ek moes al van sy grappies deursit en ek HET ‘n sin vir humor. Een van sy grappies is die Afrikaner se bloedoffer. Dis vir hom vreemd (hy noem dit “kak” in M&G) dat ons kan dink dat ons as Boerevolk vroue, kinders en mans aan die dood kon afstaan om ook hier te mag wees. Hy vergeet dat ons meer van die Boerevolk verloor het in twee jaar as die slagoffers van die hele ANC Struggle van 90 jaar. Dat ons vandag meer wit boeremense verloor in een jaar (vir 20 jaar al!) as al die Sharpvilles saam. Dis vir hom snaaks dat dit ons pla dat ons soos vlieë vrek. Dis vir my ook snaaks om hom summier lewenslank af te skryf totdat hy ‘n openbare verskoning maak. Afrikaners wat sterf is ook vir die ANC regering ‘n taboe. Daarom kan hulle ‘n sokkerstadion na Peter “Kill The Boer” Mokaba vernoem. Ons het al 3000 plaasboere in gruwelmoorde verloor. Ek het van hulle geken. Vlismas verdien ‘n bloedstadion waar alle ontkenners en Boerebashers kan saamdrom soos vlieë om kak grappies. *
Jammer Bafana, maar daai Uruguese het julle gedonner op die sokkerveld te Loftus Versveld, ne. Dat een mannetjie met 'n Aliceband soveel vuvuzela's kon stilmaak, is 'n wonderwerk. Diego Forlan (links) verdien in standbeeld in Montevideo. Maar dis nog nie oor nie, is dit? My ander spanne, Portugal en Nederland is nog in. Hoe doen joune??
* Gepraat van lawaai.
 Soos in Australië en in Kanada is die wetsgehoorsaamheid in New Zealand soms net te veel. Maar as dit werk, werk dit. So kan jy nie te veel lawaai maak na 11 uur nie en moenie dink die noise-police weet nie hoe om jou te vang nie. Hulle sak op jou toe soos New York’s finest, maar pleks van pistole en heup vuur, pluk hulle desibel-verklikkers uit en waai die instrumente gevaarlik in die lug rond. Die som totaal van een enkele vuvuzela sal jou die doodstraf op die hals haal. Na 11 pm. Ek het geweet jy gaan vra: wat van kattemaai wat meer natuurlik kom en veel minder verhelp kan word. Soos kafoefel-kraai. ‘n Voorkoming patent sal van ‘n buitestander moet kom, soos ek, wat die politiese korrektheid daar bevraagteken en selfs effe snaaks vind. Skreeu-spreeu bekamping. Of wat jy hulle ook al noem. (Hierdie apparaatjie sal aanvanklik eers beskikbaar wees vir die “Oh my gawd” Engelse Christene, omdat ateïste niemand het om mee te praat gedurende orgasmes nie). Dit het nagte se inspanning gekos voordat die Damaskus oomblik my oorval het. Soos manna in die woestyn. Die resultaat: Mufflers (vir die Engelse) of Mannatande (vir Afrikaanses). Hierdie knaldempers vir seks sal in die vorm van ‘n koubare mondstuk moet wees. ‘n Gumguard van klank absorberende rubber. Getoets deur die agterlyn van die All Blacks. Want as die senter Mils Muliaina hom nie middeldeur byt tydens die impak van ’n Wynand Olivier tackle nie, sal jy hom ook nie flenters kners anderkant fyndraai nie. Getoets op Wimbledon. Want as Justine Henin twee potte kon speel sonder een enkele gil, werk dit.
Gebruikers wat die apparaat as ‘n vaste bate verseker sal belasting vergoeding kan eis vir die toenemende slaap waarmee die noise-police hulself mee mag besig. Die laatnag stiltes is ook eco-vriendelik. Mannatande is herwinbaar (recyclable) en kom met 'n fluoried binnelaag. Kou, kners en skree soveel jy wil, niemand kan jou hoor nie. Vir slaapknersers en enige ander kontaksport. Slegs $50. *
Gepraat van grappies, hierdie ou links bedel hier op my hoek. Ek gee om 'n ietsie net vir sy humorsin (en sy kung fu klasse...). * Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:
1. Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe dinamiese Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178. Dis fun.
GELUKKIGE VADERSDAG. EK DINK PA'S MET BAIE KINDERS VERDIEN MEER AS EEN VADERSDAG!!!!!!!!!!! |
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>
|
|
Page 1 of 23 |
|