My gunsteling tipe naweek. Naas die Bloubuloorwinning het al my kinders vir my kom kuier. Ons braai, speel, lag en maak musiek. En dan bel ons ons Sharks vrinne..
*
Laasweek het ek uiteindelik TREURGROND te siene gekry. Mens sou dink dat as jy in die film speel, jy voorbereid sou wees vir die vuishou op die Boerebors. Ek was stom en hartseer na die tyd. Maar wat ‘n fliek. Maak jou reg vir einde Mei 2015. Hier kom dinge.
*
Ek sien veral uit na hierdie week se konserte, in Bloemfontein (my ma se 70’ste), Orania (my eerste keer!) en Klerksdorp (kyk foto’s vir detail)
*
Elke aand verstom gehore my. Ma’s, pa’s, kinders, oues, jonges, etendes, suipendes, dansendes, kelners, kokke en rondlopers stop, sit alles neer en staan gedurende Die Stem. Daarna kuier en werk almal voort. Saterdag se konsert in Kempton se Buffalo Grill het uitgereen, maar ek was daar om die Bloubul op kitaar te tokkel en hierdie ORANJE BLANJE BLOU shooter te toets (foto). Hy’t skop, maar die kroegman reken daai mix is ‘n staatsgeheim. Of het jy hom al geraai?
*
Wees gewaarsku. Ek is besig met ‘n Patriotte webblad en org. Dis tyd om om die mag terug te vat vir dié wat ‘n beter SA verwag. Ek soek voorstelle vir ‘n embleem en slagspreuk.
*
Uit die SABC argiewe. Rekordweke op treffersparade. Daai blerrie Celine Dion…
1994: MARIAH CAREY – MUSIC BOX (60 weke op trefferlys)
1995: BON JOVI – CROSSROAD (40 weke)
1996: CELINE DION – FALLING INTO YOU (38 wekes)
1997: CELINE DION – FALLING INTO YOU (50 weke)
1998: CELINE DION – LET’S TALK ABOUT LOVE (43 weke)
1999: VERSKEIE KUNSTENAARS – THE HITS (29 weke)
2000: SHANIA TWAIN – COME ON OVER (38 weke)
2001: R KELLY – TP-2.COM (42 weke)
2002: CELINE DION – A NEW DAY HAS COME (37 weke)
2003: AVRIL LAVINGE – LET GO (34 weke)
2004: MAFIKIZOLO – KWELA (50 weke)
2005: STEVE HOFMEYR – GROOTSTE PLATINUM TREFFERS (27 weke op trefferlys)
2006: JAMES BLUNT – BACK TO BEDLAM (55 weke)
2007: MICHAEL BUBLE – CALL ME IRRESPONSIBLE (24 weke)
*
Ek salueer Sunette Bridges. Vandag staan sy op in ‘n hof vir ons mense. Ons kan help. Haar Kleinvalleibehuisingprojek makeer nog R 1.5 miljoen om die rekening vir die betonblaaie te vereffen voordat hulle die huise, woonkomplekse, gemeenskapsentrum en padstal kan oprig. Indien 40 000 mense elk ‘n bydrae van R40 maak, kan ons hierdie rekening betaal en dan is die grootste deel van die ontwikkeling van infrastruktuur op Kleinvallei betaal! Bankbesonderhede is:
BOERVROULIGA
FNB Current Account: 62379723995
Tak: Woodlands
EFT Code: 250655 (FNB Universal code) or Woodlands Boulevard: 230732
Swift Code: FIRNZAJJ
Ref: Kleinvallei
PayPal en Mobipaid betaalopsies op webwerf
*
Dinge wat jy kan doen om my te ondersteun:
1. Sluit aan by die “Boikot ABSA KKNK en Bedmaats” Facebook groep hier: https://www.facebook.com/groups/WEBOSO/permalink/771441232938131/
2. Bly tuis in 2015. Hoekom soveel spandeer op die tipe fees wat wie-weet-wat-volgende wil inperk, met JOU geldjies. Dis mos al waarvoor ons goed is. Hierdie is in elk geval ‘n goeie jaar vir spaar.
*
As jy internet het, luister in om Woensdae 11vm op Koepelstereo 94.9 as ek en Sakkie en George en Riekie klets oor dinge van die week wat ons grief.
*
Afrikaners ervaar in SA presies dieselfde probleem en OASE vra presies dieselfde vraag:
WHY CAN’T WE EXPOSE ALL HATE CRIMES?
http://abatethehate.com/
*
Dankie Bloemnuus vir ‘n lekker artikel (foto). Sien julle Donderdag.
*
Ek kyk na al die plakkate om my, al my kollegas wat glimlag daarop, oppad na KKNK en Innibos, en ek wonder of hulle die voorreg onderskat om te mag sing en ‘n opinie bedryf.
*
Dis Ghoema Toekenningstyd. Ek het twee nominasies en jy kan stem as jy hulle in die stryd wil sien. Sms slegs R5 na 41808 of I5 na 41808. Dankie solank!! (daai is ‘n hoofletter “i” nie ‘n vyftien nie)
*
Kry beslis jou kaartjie 24, 25 en 26 April as ek en Chris Chameleon land in Dubai, Londen en Amsterdam vir konserte daar. Details later.
*
My inskrywing voel soos ‘n reklameblad vandag. Maar ons staan bont en het nie meer die platforms wat ons gehad het nie. Onthou, vryheid van uitdrukking is nie rêrig my beskore nie. Dankie. Dankie vir elkeen se antwoord, al is dit net hallo! Dankie vir voorstelle, opinies, klagtes en die vryheid wat jy omhels om hier ietsie van jou te deel.
Liefde
Steve