Ek wonder of die land ‘n simptoom is van parlement of andersom en of alles steeds Jan van Riebeeck se skuld is.Die Staatsrede moet op toer gaan. Great vermaak. KKNK hoofverhoog…
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Ek is Sondag laatmiddag by Kleine Valleij in Wellington met liedjies vanaf Toeka3. Kom kuier saam.
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Treurgrond is oppad (en op een of ander manier is Toeka 3 terug op die nasionale treffersparade!)
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Ek gesels Woensdae op Koepelstereo 94.9. Geen “signal jamming”. Seg wat jy wil.
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Loer in by “Boikot ABSA KKNK en Bedmaats” en laat weet as jy in beginsel saamstem. Ek doen.
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Die maandelikse minimumloon is sopas verhoog van R2 420,41 tot R2 606,78, weeklikse loon van R558,60 tot R601,61 uurlikse loon van R12,41 tot R13,37
*
Rugbyseisoen is terug.
*
Komponis John Cage (https://www.youtube.com/watch?v=zY7UK-6aaNA) is die Damien Hirst (http://www.damienhirst.com/some-comfort-gained-from-the-a ) van musiek. Die een doen met stilte wat die ander verpak in formaldehied. Beide lekker gek of goed gedagga, sou mens reken.
Hier is nog bisarre ‘kuns’:
http://listverse.com/…/10-of-the-most-bizarre-forms-of-mod…/
http://www.theguardian.com/…/scrotum-top-10-shocking-perfor…
*
Sit jou ring soms vas aan jou vingers. Hier is ‘n manier om hom af te kry sonder amputasie http://www.dailymail.co.uk/…/Amazing-trick-remove-ring-stuc…
*
Nou ja. My rustyd ook daarmee heen. Dit was nou ‘n ordentlike SA vakansie. See, son, braai en inbraak. Oppad terug met Janine agter die stuur en wakkerblymusiek van Adam Lambert, Queen, One Republic, Maroon5, John Newman, Taylor Swift en ACDC.
*
Dankie vir die mooi reaksie vir die nuwe profielfoto! Ekself raak gelukkig gou gatvol vir my eie bakkies.
*
Rugbyseisoen is terug…Go die Blou…
‘n Paar gedagtes!