As TOEKA 3 nommer 1 is by amper alle stasies wat Afrikaans speel, is dit maklik om te sien waar hy verban word. Die enigste radiostasie wat my boikot is… OFM! (asook Tsogo Sun en Vredendal Stadsraad)
Alhoewel hulle niks gesê het nie, speel JACARANDA hom ook glad nie.
Maar tonne dankies vir
#1 op SA Top 20,
#1 op Musica
#1 op Oosrand Stereo
#1 op GrootFM
#1 op Radio Rosestad
#1 op IFM,
#1 op Overvaal,
#1 op RSG
Asook SFM, Radio Helderberg, Radio Kragbron, Radio Oranje, Radio Tygerberg, EspressoTV, WildCoastFM, Radio Overberg, Radio Laeveld, Radio Namakwakand, VCR, Radio Pretoria, Bokradio, Radio Vryheid, Bosveldstereo, Kosmos, Koepelstereo en vele ander. Die res weet ek nou, was altyd mooiweersvrinne. Uiteindelik weet ek ook sónder wie mens steeds goed kan doen. En hier dog ons ons is afhanklik van lugtyd en advertensies. Jammer Vrystaat. Ek kry net toegang daar deur die ander stasies – of deur my konserte.
*
My vermoede is dié:
Jacaranda was die Innibosfeesborg en OFM die Tekkiefeesborg. Ek het Die Stem by beide gesing omdat daar meer as 20 000 Afrikaners was. (Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie so nie…). Onthou, jy kan nie sê jou ‘formaat’ het verander nie, en dan weer Pampoen speel nie. Formaat is ook NIE ‘n musikale term nie. Vertel ons liewer watter genres jy nie speel nie.
*
Kyk uit vir die video van SIT DIE LIGTE AAN wat eersdaags verskyn.
*
Indien jy liedjies van Toeka 3 wil aflaai, kliek sommer hier en maak jou keuse: goo.gl/uCww3s.
*
Daar is beslis ‘n Red October protes wêreldwyd. Ek sal die Kaapse ene bywoon. Maak ten minste jou stem dik (vir etniese minderhede) hier: In.is/po.st/HFoOC
Óf dit óf gaan die aftakeling gemoedelik in….eh…NOT!
*
Onthou, niemand wil die nasionale lied vervang nie. Ons wil net nie voorgeskryf word wanneer en op wat ons trots mag wees nie.
*
So, ken op, bors uit, boutjies in en…sing Die Stem (as jy wil)!
Hoe vorder TOEKA !