n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het. Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-he vir al sy bewonderaars. soos op Kalahari.com weergegee

Vier briewe vir Jan Ellis Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosask-rywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n on-skuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid be-land. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.
15 Ek was my ma se enigste kind maar sy het my geslat vir die ander vier wat sy wou gehad het. Daar was hale op my gat vir die geld wat jy gesteel het, die gesangeboek wat jy gesteel het, die Hertzogkoekies wat jy gesteel het en die swart dikwiel-bicycle wat jy gesteel het. Ek het geleer om trane te maak en te skree soos ’n maer vark. Dit het gewerk. Langsaan het ek die draadheining hoor kraak onder antie Tô se gewig. Daphne, jy moenie die kênd so slat nie. Kinders moet stout wees en ons moet hulle se nukke en geneuk leer liefkry. Tô, hoor vir my, daar’s koekies in sy sak. Elke dag. Daar’s geld in sy sak. Elke dag. En dis die derde gesangeboek wat hy in die gatkant van sy broek wegsteek. Ek vang hom so. Elke blerrie dag, Tô. My kind is ’n gêngster, Tô. Die Jirre hoor vir my. ’n Javel, Tô. Ag, nee, hy’s ’n mooi seun. Ek laaik hom. Hy hark vir my die gravel. Hy’s ’n dreamer, Daphne. ’n Poet. Soos ekke myselwers. ’n Gêngster, sê ek, Tô. En moenie so met jou hangarms op my draad leun nie. 16 Jy wiet nie, Daphne. Want jy vra hom nie. Jy slat net. Jy vra hom nie. Maar ek sou ôk nie vertel nie. Adults kop nie mooi nie. Elke dag op pad skool toe wag miesies Maddy M. Louw vir my. Dit staan so op haar silwer hekkie langs die pienk rose. Maddy M. Louw. Dan stop sy ’n koekie met jêm en coconut in my hand. En sy huil. Dan sê ek maar dankie miesies Maddy en trap verder. Ek kyk terug, maar sy praat nie. Sy waai nie. Sy draai nie om nie. Sy kyk net. Elke dag. Ma sê ons coloureds is luigat, maar witmense steel meer as kaffers. Maar nie miesies Maddy nie. Sy gee net. Waar kry ’n tienjarige elke fokken dag ’n Hertzogkoekie, Tô? Elke dag, Tô. Hy steel dit by Don Drummond se deli, ek sê djou. Innocence till proven guilty, Daphne Kok. Se moer, Tô. Vat jou lywigheid af my heining af. Anyway, kyk daai man van jou. Harry naai soos Kaapstad se Buttons Factory en jy vergeef met die blind eye van deny, deny, deny. Jy mors jou tyd, Tô. Dis al daai love en siekology wat jy so lees. Pleks jy leer boud bak by Esmé Euvrard. Waar’s jou faith in humênity? 17 Jy mors jou tyd, Tô. En dis nie onse tyd nie. Dis eigentlik God se tyd. Klein Jan het nie die bicycle gesteel nie. Was in die Herald. Dis die ou gêneral se bicycles. Hy’t daai bicycle gesteel, die Liewe Jirre hoor my. Miskien moet ek terug Loxton toe, Daphne. Ek vra Harry al ses jare om my ou ma se saaidbord te varniesh. Maar niks. Ja, vrou. Ek sê djou al lankal. Los vir Harry Karlse en gaan terug Loxton toe. Loop skryf djou poems vir iemand worthy. Maar hy is so lief vir my, Daphne. Kyk my autumngreen kassailap. Brênd new. Die Herald sê jy, Tô? Miskien moet ek terug Loxton toe, Daphne.

Mense van my asem Hierdie is Steve Hofmeyr se lewensverhaal, in kenmerkende trant vertel: openhartig, hu-moristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesver-houdings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige opera-sies wat hy ondergaan het. Mense van my asem gee ’n boeiende – en soms skokkende – kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.
As ’n agtjarige sy duim en wysvinger loodreg van mekaar oopmaak, het jy Clint Eastwood se Colt 45. En die eerste cowboy om die draai wat ’n skoot uitkry, oorleef. Poegggg jy net eerste en die res is plat! Jy kan selfs die rokie van jou vingerpunte afblaas terwyl die “dooies” op jou pa se grasperk rondlê. “Laaste asem!” was my eerste bydrae tot bucking the system. My broers, die crooks, was verstom. Want maak nie saak hoeveel keer hulle die eerste skoot inkry nie, grootboet Steve skiet almal dood op pad grond toe met sy “laaste asem”! en lang, dramatiese afsterwe. Dit sou vir my, as ’n ewige excitement junkie, ’n belediging wees om my lewe tot hier as ’n halfeindstryd te bestempel. Dit was Hofmeyr teen die hele Spaanse Armada in ’n dubbeldekade-grand slam. Myne is ook ’n lys van netjies opmekaargestapelde foute, en nie net in retrospeksie nie. Om soveel stringe stories op soveel vlakke kronologies deur te trek is bykans onmoontlik, en dit het bars gegaan. Ek skryf Mense van my asem uit frustrasie oor die min inligting wat my voorouers my kon laat vir navorsing, toe dit eendag belangrik geword het om te weet waarvandaan ek kom, wie ek is en wie dieselfde lug as ek inasem. Daarom dra ek dit op aan my kinders en almal wat belangstel in ’n perspektief op ’n waansinnige lewe wat sy eie briek moes aandraai – van Karate na Kontemplasie, van Toesprake na Tuinbou, van Eksotiese na Boerekos, van Alterbridge na Strauss, van Draf na Staproetes, van Brandewyn na Pille, van Blogs na Memoires. Ek vind dat empiriese data my steeds teen 186 000 myl per sekonde, die spoed van lig, bereik. Selfs al staan ek doodstil. Die vraag is: Is dit ek? 1 1 Oorstaptyd In meer as een opsig is lydenstyd oorstaptyd na ’n nuwe lewenskoers en lewenshouding. Juis daarom is dit so moeilik. Jy moet immers in so ’n tyd by ’n stasie afklim sonder om te weet waarheen die volgende trein op pad is. – Ferdinand Deist, Oorstaptyd 1 Drie dekades torsie sonder sluis sál uitmond op die huid wat sonder ’n geluid die binneskree na buite laat verhuis. – Steve Hofmeyr, “Storing”2 Na twintig jaar se opvlieëndheid bevind ek myself in my vrou se Murano, met haar vingers wat om die stuur klem en myne in my buik geslaan asof ek ’n giftige spinnekop op my skoot vertroetel. Elke draai, spoedwal en slaggat is ’n nuwe warm kool wat my dikderm op sy pynproduksielyn uitrol. Buite skiet daar vroegaandverkeer verby op Main Road aan die agterkant van Kyalami, op pad na die Olivedale-kliniek. Ek mompel dat dit alles ’n mors van tyd is, alhoewel die swaar, yskoue sweet op ’n koel herfsaand my begin pla. Die vorige keer, ses maande vantevore, was daar nie sweet nie. En ek’s boonop deur verskeie dokters die deur gewys met ’n paar pille en ’n bemoedigende klop op die skouer. Hierdie keer was die pyn erger, met skerp spasmas wat mekaar om die uur aflos. Iets was fout. Iets wat ek nie kon wegredeneer of kon sien nie. Iets wat ek nie kon uitdaag nie. Iets wat ek beslis nie op eie houtjie kon baasraak nie. Iets wat my afhanklik sou maak – my nemesis. 1 Kaapstad: Lux Verbi, 2007. 2 Valkuns. Kaapstad: Human & Rousseau, 1997. 2 Mense van my asem ’n Bisarre week het dit voorafgegaan. Die koerante in elke provinsie was vol stories met opskrifte soos “Steve gryp joernalis” (Beeld, 1 Mei 2008) en die nuus dat ek en Natasha weer gaan trou (Die Burger, 5 Mei 2008). Agterin die bus op pad Newcastle-skou toe skryf ek: “Ek en Natasha het besluit op ’n Vow Renewal (m.a.w. ons gaan weer trou!) en stuur binnekort uitnodigings en vliegtuigkaartjies uit – ons gaan dit ordentlik doen op die Weskus. Geen media. Baie vriende. Ek beoog om Dana3 te kry om te kom sing en wag nou op haar antwoord. Meer later en dankie vir dié in wie se gebede ons was. Daar sal geen persvrystelling wees nie en ek sal nie weer daaroor uitbrei nie” (Spoegblok, 2 Mei 2008). Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en duisende was verlig dat hul gebede verhoor is, dat dinge tussen my en Natasha sou uitwerk. Presies in die tyd dat sowel Beeld as Huisgenoot skakel om te sê hulle weet ek en Natasha staan op skei en bly reeds in verskillende huise. In daardie stadium was dit ’n halwe waarheid. Ek het die leuen op my blog geplaas omdat ek na alles nie nou deur die media oor egskeidings voorgespring of voorgeskryf wou word nie. Dit was moeilik en seer genoeg om deur die vorige krisisse kop te hou, met die media wat pal in ons nekke blaas. Om die media te klop is al wat tel, anders dien jy hulle. Dit kan nie. Vyf dae later (twee dae voor die operasie), op toer tussen Secunda en Newcastle, was ek steeds bitter en onstuimig oor die Gavin Prins-geding. Selfs teleurgesteld in myself, dat ek oud word en my vyand deesdae “gryp” eerder as daadwerklik donner. Ek word sag, dink ek by myself. Dit is eintlik verskriklik moeilik om my vyand te word. Jy moet werklik daarop uit wees om in my privaat lewe, loopbaan, verdienste en heenkome te krap. Tog is daar geen einde aan die voyeuristiese aasvoëls wat sadistiese genot (en salarisse) daaruit put nie. Die ding met Prins het by die jaarlikse Afrikaanse DeurieMikke-konsert gebeur, vier dae voor die operasie. Ek was op pad verhoog toe, toe ons in die Presidentslosie op Loftus in mekaar vasloop. Prins self is irrelevant as jy in ag neem hoe lank terug my vete met die pers al begin het. Hierdie keer was hul sonde nie om uit te wys dat gerugte oor my sondes die afgelope maande my loopbaan sou moes beïnvloed het nie. Hulle was reg. Dit het. Hul oortreding was om dit te besweer deur my kliënte onseker te maak oor 3 Winner. 3 Oorstaptyd my handelsmerk, my konsert en myself, ten spyte daarvan dat die ABSAWaarmakertoer in daardie stadium ’n 90-persent-sukseskoers gehandhaaf het – en dat sesduisend mense op daardie oomblik in die reën in Newcastle vir my gestaan en wag het. Verder is ek in Rapport (“Ja, Steve, die wittebrood is verby”, 3 Mei) aangehaal waar ek uitspel dat die Afrikaanse wittebrood verby was. Vir almal. Maar soveel van my vyande wou hê dat die resessie slegs myne moes wees. Soos in Huisgenoot sou my reaksies aan narsisme toegeskryf word. Prins en Tim du Plessis, sy redakteur, het oudergewoonte enige oortreding aan hul kant ontken en geskryf dat ek dink ek is God. “Sy koppie raas. Mense dink hy is God en hy begin dit self glo,” het aarts-name-dropper Prins geëggo (Beeld, 1 Mei 2008). Oorspronklikheid was moontlik nooit die mannetjie se forte nie. Maar was daar dan geen ander uitweg as handgemeen raak nie? het almal gevra. My antwoord: Nee. Ek was al hier. Zero-toevlug. Niemand gaan binnekort die multibiljoenrand- onderneming Naspers/Media24 aanvat nie, maar as Mercedes-Benz van BMW sou sê wat die media oor my en ander kunstenaars kwytraak, sou hulle die volgende oggend voor agtuur in die nywerheidshof sit. Ons is meer eenvoudige individue. Burgers wat die pers daardie vryheid skenk. Erger nog, ons is kunstenaars. Nooit produkte nie. Ons verdien op die hoogs onbepaalde vlaktes van die kuns, nooit binne die dissiplines en beperkinge van handelsmerke nie. Eendag is eendag, dan skep ek die presedent … Van agter uit die bus, terwyl Newcastle in die reën nader, daag ek die joernalis sowel as die redakteur op my blog uit: Gavin, ironies genoeg dink mense ek’s God elke keer as Rapport en Huisgenoot hul werksetiek vergeet. Hoe dom dink julle is Suid-Afrikaners? Dis eintlik vir God wat jy moet bedank dat ek jou en jou aanhangsel nie by die pawiljoen afgebliksem het nie, jou fokken wurm. Al wat ek van die voorval kan onthou is dat ek my hande daarna gaan was het. Ek kan nie glo ons was eens op ’n tyd vriende nie. *

Kapabel In hierdie oomblik voor hy homself om die lewe bring, hersien Desmond die pad wat hom gelei het tot hier. Om homself en sy lot te verander moes Danie Fourie meer doen as ontsnap uit ’n tronk. Hy moes uitstyg en Desmond Faure word, homself herskep ver weg van Krugersdorp. Hy moes sy siel verkoop, iemand ompraat, sy verlede verbloem, sy geluk maak swaai soos Pretty Woman. Hy moes ’n ander kitaar leer slaan. “Country song for ever lost its soul, when the guitar player turned to rock ’n roll …” Maar in die donker kantlyn van menslike gedrag val gewone reëls gou weg. Dit kos ’n kenner om deur die mooi afwerking te sien. Probleem is, soveel sonde laat homself nie sommerso afskud nie. En Desmond weet hy is steeds Danie, maak nie saak wat nie. Al-mal aanvaar sy nuwe persona. Almal hou van hom. Hy raak selfs verlief. Toe ontplof alles.
Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokkenout. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry 4 my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie. Ek vee die marmer skoon, sit haar briefie op die blink blad en loop staan weer voor die graf. Ek draai om en druk die rewolwer onder my linkeroog teen my wangbeen vas. Dis koel soos tronktralies. Die kwesplek sal ’n ronde rooi kolletjie wees. Net daar. My gedagtes loop dood op ’n klein inkrimping van aartjies na my slape. Dit 5 sal ek vandag sonder Grandpa’s kan verlig. Ek blaas vandag hierdie migraine agter by my skedel uit. Ek wou nooit die koeël sien kom nie. Ek sluit my oë. Dit knip die trane morsaf. Wat buite is bly nou buite en wat binne is bly nou binne. Auf Wiedersehen, Elke Ziegler-Brandt. Auf Wiedersehen. * Die Duits is nie toevallig nie. Ek het so pas elke sent van tienmiljoen seshonderd-entwintigduisend tweehonderd-en-vyftig rand in my rekening oorbemaak vir navorsing by die Max Planck Gesellschaft vir Biofisiese Geneeskunde in Göttingen, Duitsland. Ek weet nie waar dit is nie en is ook nie seker wat so ’n geselskap met so ’n fonds sou maak nie. Die vrou aan die ander kant van die lyn was nogal heel blasé oor die bedrag. So asof hulle daagliks daardie tipe donasies kry. Tienmiljoen seshonderden- twintigduisend tweehonderd-en-vyftig rand, en vyftig sent! Ek sweer. Die bietjie wat nou oor is in my rekening is steeds tienmiljoen seshonderd-en-twintigduisend vierhonderd-envyftig rand meer as wat Desember in my rekening was toe ek hier in Somerset-Wes opgedaag het as voormalige sweiser en voornemende toerbusdrywer. Met tweehonderd skille. In miljoenêrsterme: platsak. Ek verkies nie die woord voortvlugtige nie, omdat dit verkeerd sou klink. Ek het ontsnap maar het darem ook ’n bogemiddelde poging tot rehabilitasie aangewend. Op my eie. Sónder staatsfondse en die gekarring van ’n parooloffisier. Selfverbetering. Dit klink beter. Dis mos waarvoor vonnisse is. Uit die oue die nuwe in met een moerse gejuig. Almal verdien ’n kans om oor te begin. Sweiswerk kan so finaal wees. Totsiens en koebaai, uit die stram ou 6 vasgelooptheid op weg na die nukkerige vryheid. Die één ambag, sweis, knoop los stukke in ’n beknoptheid saam by fel temperature, die ánder, busdryf, vermy knope en bars weg uit die stad die ooptes in met die koel wind deur die afgerolde venster. Lugreëling, gemak, selfs weelde; en ’n diep weidsheid wat voor jou windskerm verbyskuif. Nou praat ons. Ek gaan nooit weer fokken sweis nie. As ek die blou vlam van die asetileen nooit weer sien nie, sou dit te gou wees. Kyk hoe lyk die velle op my palms. Soos ’n satellietfoto van swart gebrande soutpanne. ’n Verskroeide aarde met vier skurwe wit kolle waar die kneukels moes wees. R10 620 250,50. Ek moes met hierdie hande die bedrag versigtig neerskryf omdat kerkmuisoë soos myne dié tipe syfers verwerp. Met ’n vuil nael het ek die syfers een vir een toegedruk. Meer as ene, tiene en honderde was ver bo my wiskundige vuurmaakplek. Die bedrag het dieselfde gebly. Alles weg, net so, met ’n handtekening en die druk van ’n knoppie op my bankbestuurder se laptop. “Desmond,” sug hy vir die sewende keer, “dis darem baie geldjies vir die behandeling van pankritiese …” “Pankreatiese karsinoom,” help ek hom reg vir die hoeveelste keer. Ek moes self daaroor gaan lees. Eers nou weet ek hoe skielik en wreed dit kan wees. “Dis ongeneeslik en oorerflik, maar fondse …” “Ek weet,” breek hy in, roekeloos ver verby die punt van geduldige kliëntediens. Betroubare ou Ben. Die ronde mannetjie met die fisionomie van ’n buideldier. En dit lyk asof sy uitstaangebit sy aanmanings nie mooi wil deurlaat nie. Ek onthou sy opgewondenheid toe hy my persoonlik moes kom meedeel dat die saldo in my spaarrekening by hulle gespring 7 het van R2 750 na meer as vyftigmiljoen skille. En dat dit tyd was vir ’n tjekrekening en sommer baie gesonde beleggings. Nou gee ek elke laaste sent vlak voor hom weg. “Die fondse kan, ’m, ja ek weet, ’n deurbraak verseker … en al daai kak, Desmond. Jy vertel my dit oor en oor. Ek dink nie jy is kompismentis nie. Jy ly aan depressie en eet sleg. Jy’s irrasioneel, my vriend. Miskien moet jy eers met my baas praat. Hy’s op pad. Toe. Voor ons hierdie knoppie druk. Jan Prinsloo en At van Reenen kom ook. Hulle is goed met hierdie tipe ding. Hulle doen Lotto counselling. Het ek jou al gesê? Ek dink ek het. Wel, dié tipe van ding. Anyway, my baas het my die dood voor die oë gesweer …” “Nee, dankie, Ben. Ek wil nie praat nie. Ek’s haastig. Waar druk ek?” “Wat van jou vaste bates?” “Veilig in my testament bemaak aan my ma. Waar druk ek?” Daar is geen uitkomkans meer nie. Ben is geleer om kalm voor te kom in die teenwoordigheid van groot bedrae geld, maar die krake in sy mondering wys. Hy lyk selfs kwaad toe hy die laptop se swart knoppies teësinnig omswaai na my kant toe. Hy weet ek weet dat sy speel-vir-tyd hom min sal baat. Hy ken my. Hy weet dat daar niks is wat sy takbestuurder, sy prokureur en hul raadgewers my nou kan wysmaak oor waarheen ek my fondse wil oorplaas nie. Sy bleskop wieg swaar van links na regs en terug en dit klink of hy in pyn verkeer. Hy kyk een keer oor die kliënte wat niksvermoedend toustaan by die vier tellers buite ons kantoor se glasdeur. Daar ver in die regte wêreld. Hier sit ons, in ons bisarre akwarium van verlies. Dan kyk hy weer terug na my met dieselfde floute in sy hangwange. 8 “Maar …” Ek is nie meer daar nie. Die onverteerbare hede is blokke waaruit ek lankal weg is. Ek is hulle een stap voor. Lank reeds nie meer daai vent vrot van die voorspelbaarheid nie. Hierdie is als bloot formaliteit om die gode te verstom. In wese is ek al klaar op pad begraafplaas toe. Ek weet presies waar om te stop vir ’n kardoes karoobossies. Haar gunsteling. Sy sal dit waardeer. My hand vryf in my binnesak oor die Taurus se Made in Brazil-embleem ingeëts op die kil vlakte tussen die rewolwer se draaimagasyn en sy houtkolf. “Maar?” “Maar, jirre, Desmond. Tienmiljoen seshonderd-entwintigduisend tweehonderd-en-vyftig rand …” “… en vyftig sent,” voeg ek by terwyl ek die laptop voor my intrek. Ek het baie min tyd. Trouens, my tyd is verstreke. Geselsies is nie op my agenda nie. Ek verdien nie om te lewe nie maar ek wil nie sterf in ’n tronksel nie. Ek wil die generaal wees oor my lot. My regterhand voel die riffelpatroon op die rewolwer se kort kolf. My linkerhand se wysvinger vind enter. Ben snak na sy asem. Hy is deur baie. As ’n syferman met ’n verantwoordelikheidsin en belegging-savvy sou hy seker baie anders te werk gaan met sulke hope geld. Hy moes toekyk hoe die oorspronklike vyftigmiljoen rand in groot getalle afneem soos ek een oorplasing na die ander gemaak het. Nou, terwyl die laaste sent daarvan verdamp, kyk hy diskreet weg, maak hy asof hy nie hoor nie, nie sien nie en nie wil weet nie. “Dis darem baie geldjies om net weg te gee,” piep hy vir oulaas. *

Laaste dans, Drienie Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ’n bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan. In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel ’n tannie hom van haar laaste dans in 1941. Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans. En ’n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word
Dis ’n vroom herfsoggend. Dweperig. Soos Maart is. Sy hou haar voor as somer, maar daar’s ’n winter in haar mou. Sy vang ons nie onkant nie. Ons ken haar so. Sy maak groot bohaai, gooi donder, slaat bliksem, blaas wind en stoot oplaas enkele vermoeiende druppels oor ’n dor Pretoria uit. Daarna speel sy weer somer tot die son sak. Jy weet nie hoe jy dit met haar het nie. Jy hoop vir meer, sprei jou palms oop onder die son, dan kom spoel sy haar voshaarkwas af in jou tuin en beweeg aan. Net so. Ek was my lewe lank onseker oor Maart. Maar 2013 s’n het die koek gevat. Die geskarrel onder Duxburyweg se jakarandas het dit nie beter gemaak nie. Dat soveel mense sou opdaag bloot om te sien of een seun aan sy borgvoorwaardes gaan voldoen, is nou maar eenmaal eienaardig. En dit gebeur twee maal per week. Hier, op die plek waar ek nou staan. Oscar kom daar in, stap blosend hier verby tot by daardie kantoortjies agter die glasdeure. Almal staan dan kastig rond en maak of hulle te besig is om te loer. Maar hy is so vloeiend op sy kunsmatige bene dat agies altyd eers daaraan dink as hy reeds verby is. Sy gevolg maak dan die deure agter hulle toe. Die polisieskofbaas teken hom aan en dan stap hy en sy prokureur en sy broer weer deur die binnehof terug en uit by die hek waar ’n wegkomkar wag. Maar vandag heers daar chaos en teleurstelling. Oscar Pistorius het glo by ’n ander polisiestasie gaan rapporteer en dertien verslaggewers lyk soos ’n kefbrak wie se been afgeneem is en toe elders begrawe is. Deur ’n kat. Vraag is: Waar? Ja, ’n stiller oggend ná gister sou welkom wees. 2 steve hofmeyr Ek weet natuurlik presies waar, maar maak of dit nie my besigheid is nie. En as ek my skouers onskuldig lig, kry ek die kil oog by die EWN-verslaggewers asof dit my skuld is dat hulle daardie oggend droëbek sit. As tydelike, floating SAP liaison bevind ek my in bekende waters maar, soos al om die ander maand, in ’n vreemde omgewing. Die storie van my nering. In die SAP word PR eintlik van bo bestuur, maar af en toe lyk dit of een stasie met meer opgesaal word as wat hulle menslik kan behartig. Soos Brooklyn s’n in hierdie betrokke maande, Februarie en Maart. En dis Suid-Afrika hierdie. Een enkele polisiestasie hier vermag in enkele ure wat hele provinsies in Kanada sal verlam. Ons het nie die infrastruktuur of mannekrag om ons land ’n lang genoeg arm van die gereg te bied nie. Nie om ’n ligte verkoue nog ’n gerug daarvan te bekamp nie. Laat staan nog ’n tsunami van misdaad gepaard met ’n oordaad van brutaliteit. En as die brandsiek perde losbreek, dan stuur hulle vir kiepie om mooi te praat, mooi te skryf en die media met genoeg pitkos te voer tot hul magies vol is. ’n Eerbare pos, reken ek, wat kom uit ’n lang tradisie van wêreldklas-beeldpoetsers soos Riefenstahl, Speer en Goebbels, wat hier begin is toe Adriaan Vlok destyds vir brigadier Leon Mellet uit sy rol as die Skrikruiter gewerf het om die SAP se albasters te kom poets. Ons stuur groen vlaggies die wêreld in sodat ons darem redelik in beheer lyk op die BBC. Ons oefen ons fronse sodat ons nie blasé voorkom nie, maar self geskok staan oor die skielike onding wat ons so onverwags op plaaslike bodem oorval. My taak behels die inspanning van apologie sonder om rêrig apologie aan te teken. Dit verg ’n persoonlike, ingewortelde afwesigheid van gewete. Mans is beter daarmee. Jy moet jammer lyk, maar jammer sê is buite die kwessie. Selfs riskant, omdat dit ’n sekere mate van aandadigheid sou beteken. En nog hofsake teen hulle kan geen staatsdepartement meer bekostig nie. Daar’s ’n manier om absoluut bokkerol in ’n fraai strikkie aan iemand af te staan sodat dit wesenlik lyk en geldig klink, en as jy goed is, selfs aanloklik lyk. Pastore, lektore en die Ministerie van 3 laaste dans, drienie Finansies weet dit. Hulle verkoop drolle vir pere en vertrou op die feit dat niemand ooit sal uitvind nie. Dit is natuurlik bog. Almal weet. Nie eers die jongste verslaggewers hier buite glo alles wat ek voorlees nie. En selfs van my beter roetineverklarings maak nie goeie voorbladopskrifte nie. Hier tussen Q&A en ander frenetiese verklarings val daar dan pap op die grond en so bevat slegs elke tweede voorblad ’n sweem van wat ek gister as mediaverklaring aangestuur het. Dis frustrerend, maar ons handhaaf ’n redelike hit rate. Dis nie dat daar geen ander sake van belang was terwyl hierdie stasie hom moes bemoei met die toeloop óm die Oscar Pistoriuswaansin nie. Dis maar dat niks anders merkbare aandag kon trek gedurende die Valentynskrisis van Februarie 2013 nie. Saak 711/3/2013 was so een. ’n Saak onder die radar maar vrot van die moontlikhede. Nie ’n dringende saak nie, maar een met net genoeg potensiaal vir omstredenheid. Dit was ’n skaars tipe saak. Eintlik net ’n lêer, nie ’n dossier nie. Nog nie. Regte polisie werk met dossiere. Ek werk om lêers dossiere te maak. Die oomblik dat ’n lêer ’n dossier word, is dit uit my hande. Nie dat hulle my nie kan vertrou nie, maar ek kwalifiseer nie daarvoor nie. My bevelvoerders by hierdie uitblinkstasie was gul, maar geharde polisie het my nooit as hul gelyke gesien nie. Ek was ’n bywoner, “administratief ”, of ’n “pen pusher” maar nie voetsoldaatportuur nie. Ek het dit verstaan. My werk was nooit om kroeks vas te trek in ’n wolk van spervuur en traangas nie. Daarvoor is ek allermins opgelei. Ek verken en prioritiseer. Die teenoorgestelde van skadebeheer; dit wil sê skadevoorkoming. ’n Joppie soos myne moes vroeër of later ’n instelling word op ’n vragskip waarvan die gat begin bodem stamp. Ek toets die water en doenbaarheid vir sake met aandagpotensiaal. As die lontjie aan ’n kruitvat geheg is, ruik ek dit uit. Dan waarsku ek my seniors: bly weg, gaan stadig of get the fuck out. Ek is ’n verkenner met ’n ongesonde gevoeligheid vir enigiets wat die SAP in ’n swak lig kan stel. Meneer Drolle vir Pere. Ek kon sien my bevelvoerder het goed kopgekrap oor dié een. Hard genoeg dat ek sy bedenkinge in die girtsgarts van sy lang 4 steve hofmeyr naels teen sy kopvel kon hoor. Dan verwyder hy die lagie epidermis onder sy nael met sy oogtand. Ek sweer. Ek weet nie hoekom hy dink dat niemand hom dit sien doen nie. Almal kyk weg of maak of iets hul aandag trek. Nie ek nie. Ek staan sterk en kyk strak. Gelukkig vermoed niemand as ek gril nie, want mense soos ek is frontfabrieke. Ander se fronte én ons s’n. My luitenant-kolonel kan ’n bol snot met sy pinkie in sy oor afdruk, ek sal nie oogkontak verbreek nie. Ek kyk hom stip in die irisse en verklap niks. Sy oë is donker, tam poele. Myne ook seker. Maar ek kou aan niks wat onder my naels was nie en niks wat deur enige deel van my anatomie afgeskei word nie. Ek wag dat hy praat. “Needless to say, Joubert. Diplomacy (kou). Keep this from the press as long as possible. For now, anyhow (kou-kou). Check it out first. Report to me. It may be nothing (kou).” “Maak so, kolonel.” “Only to me.” “Maak so, kolonel.” Hy laat nie die lêer dadelik gaan nie. Ons staan in die middel van die kil lokaal soos vasberade toutrekkers. Miskien herkou hy nog. Om ons skarrel die bloumiere. Gelukkig word net ’n nietige persentasie van die misdaad in Suid-Afrika gerapporteer, anders was daar vier van my en nooit genoeg van hulle nie. Nie omdat ek hier werk nie, maar die publiek verstaan nie die omvang van ons polisie se dagtake nie. Die kolonel het my nog ’n rukkie lank in die oë gekyk. Dit het my gepla. Daar kan in godsnaam geen Suid-Afrikaanse kolonel bestaan met ’n saak wat hom moontlik ’n frons kan besorg nie. Nie meer nie. Nie ná Oscar nie. Nie ná Marikana nie. Nie ná Welkom en Griekwastad nie. Ons is dan die moord-en-verkragting-hoofstad van die Melkweg. Dit sluit in die mane van Jupiter en ringe van Saturnus. Wat verwag ons? ’n Af dag? Waar misdadigers bietjie vroeg tjaila? Aikona. “Take Sonja,” gooi hy agterna soos ’n oorweegbare voetnota. Dankie tog. Ek het klaar oorweeg. Goeie idee, kolonel. Vir hom 5 laaste dans, drienie beteken dit dat hy die saak voorlopig as maatskaplik evalueer en dat slagofferondersteuning vanpas sal wees. Want Sonja is Brooklynpolisiestasie se professionele empatiemens. Dit beteken: huisbesoek. Praat mooi, kry verklarings, let op die gedragskodes en wees sag. Maar vir my beteken dit iets heel anders. Sonja is die mooiste mens in Hillcrest en verreweg die oulikste in die hele polisiemag. Sommige middae, as ons vir Oscar wag, gaan swem sy tien lengtes by die Hillcrest-swembad. Terug op kantoor gooi sy die peergeel handdoek met die dowwe amandelmotief oor haar skouers soos ’n sjaal. Die vars reuk van chloor volg haar oral. Haar haarpunte bly nat tot drieuur. Ek wil oorstap, dit in my hande neem en die laaste nat tussen my vingers uitpers. Maar ek bly sit en doen niks. My antwoord op “Take Sonja” sou wees “anyblerrietime”, maar dit sê ek nooit hardop nie. Dit sou as teistering kwalifiseer en ek wil niks doen wat ons amptelike afparing kan belemmer nie. ’n Missie met Sonja beteken ongelukkig ook ons kry die oorle’ VW Golf met die los linkerdeur en hangerige truspieël en nie een van die nuwe Nissan 1400’s nie. Dit beteken geen radioverbinding of blou ligte nie. Dit beteken voorts ons luister heelpad soontoe die een of ander oudioboek, want Sonja praat nie juis met my nie. Sy praat met niemand nie. Net met slagoffers. Eers dan verander sy van ’n grys verkleurmannetjie na een op vars, gemengde blomme. Toe my skofbevelvoerder dink ek kwalifiseer vir die hoogs vertroulike of wat-ook-al inhoud, laat hy die lêer stiefmoederlik gaan. “Dankie, kolonel,” sê ek sonder waardigheid. Hoe tragies is ek. Dankie kolonel. Gmf. Ek verdien my plekkie aan die bodem van die rangorde. Ek het geglimlag, omgedraai en my hoek gaan opsoek, skielik haastig om dit oop te maak. Is daar enige ander fronsmedaljes oor en is dit in hierdie dun lêer waarvan luitenant-kolonel Andile Solelo so gretig weggedraai en gangaf verdwyn het? Met sulke lang hale. Gou-gou. Weg. Terug Oscar toe. Wat de hel is hier binne? Charlie Manson se oorplasing Brooklyn toe? Ted Bundy het ’n slaghuis in Garsfontein? My hoek was in die buitegebou. Min stasies bied my ’n kantoor. 6 steve hofmeyr Ek is die offisier in transito. Eintlik pal in die pad. Ek dra nie pistole nie. Ek lyk nie eers gevaarlik nie. Ek voel soos ’n wit bemagtigde. Tog, Rosebank was meer herbergsaam. ’n Kantoor gehad met my eie landlyn en asblik. Maar geen venster nie. Sandton ook. ’n Uitsig gehad maar geen asblik nie. Selfs Welkom en Griekwastad kon ’n gemaklike buitekamertjie reël, dog geen landlyn nie. Maar Brooklyn is spasiebelas, tydbelas, reputasiebelas en sommer net oorbelas. Net voor ek die lêer prioritiseer, slaan ek hom gou oop. Daar moet tog iets aan wees. Ek lees deur die roetinedetails, soek die adresse, die lang Afrikanername, die tongknoop-Xhosavanne, maar kry niks. Dan val my oë maar tot by die aanklagblokkie. Lyk soos niks meer as die banale nie. Die baas se brein was elders, want hier is niks uitdagends nie. En, rêrig, van hierdie mense se handskrif verdien aandag. Dis krimineel om so agteroor te skryf. Ek lees dit die eerste keer staande. Dan val ek terug in my stoel om dit weer te lees. Ek plaas die lêer voor my neer, staan op en glip ketel toe vir papierkoppiekoffie sonder suiker. By my terugkeer blaas ek die stoom weg om seker te maak dat wat voor my geskryf staan, werklik voor my geskryf staan. Anonomous call olt mail acusing mrs. BC Engelbrecht (91) of murder. She residing at Prella-terhuis then he put the phone down. Ek reken die laaste ses woorde was nie deel van die anonieme oproep nie. Die res van die lêer was gelukkig bladsye korter en nader aan spelfoutvry as waaraan ek gewoond was. Maar hier was moontlik ’n inbeller, ’n man, ’n dame, ’n moord en ’n bejaarde betrokke. Nie enige bejaarde nie. ’n Een-en-negentigjarige. Wie de hel het die krag in hul elmboë om iemand op een-en-negentig te wil vermoor? Watter bejaarde het min genoeg rumatiek en jig om die sewende gebod te oortree? Hier’s ’n skippie wat kan sink as hy nie bestuur word nie. Meneer Starship Enterprise. Spock, magnify that to ten. Meneer Redding Internasionaal. We’re gonna need a bigger boat, het die kaptein op ’n ander skip gereken – net voordat ’n yslike haai sy onderlyf afgeruk het.

Die verste uur Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ek-stra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupagrootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere verpletter die Kakies in ’n onverwagte veldslag. Brittanje onttrek en … kaplaks … jy’s terug in 2011. In Pretoria. Akasiastad (jakarandas was ’n Britse konsessie!). Beatrixstraat is daar, maar Hamilton se naam is nou Ignatius Ferreira. Dis nog niks. Die meisie van jou drome, wat jou in jou voormalige heelal ignoreer, is smoorverlief op jou in hierdie heelal, waar jou nuwe meisie ’n nimfomaan is! Jy het een uur en een kans om terug te gaan. Vraag is: sou jy? In sy spanningsvolle nuwe boek maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis. Hy roer plek-plek omstrede kwessies aan, maar soos in al sy werke word die leser gekonfronteer met verrykende vrae oor die liefde, oor keuses, oor wie ons is en waar ons inpas. Vintage Hofmeyr
“Eendag nog hier, toe skielik weg.” “Wie, tannie?” “Die oom.” “Waarnatoe?” “Skoonveld. Weet nie. Ek vra myself elke dag. Was dit die kinders, ’n ander vrou miskien, was dit ek, was dit moord, selfmoord? Hy had geen ander familie nie. Sy pa is vroegerig reeds dood in ’n vreeslike motorongeluk, sy moeder ná ons troue. Hy’t tog gepraat van ’n Elsabe, maar … ag.” “Miskien het hy net gery, tannie …” “My man het nooit bestuur nie. Iets te doen met daardie ongeluk, sê ek jou. Ek was maar altyd die drywer hier rond. Winkels toe. Port Edward toe. Hy het agt-en-dertig jaar lank universiteit toe geloop.” “As daar nie ’n lyk is nie, tannie, dan …” “Hy het hier gesit. Kop vooroor. Hy het altyd so gelyk as hy aan die slaap geraak het. Dan skakel ek die musiek af.” “Miskien het hy gaan stap, tannie …” “Ek betaal R50 per uur. Pak hierdie lêers in bokse, gooi alles wat nie akademies lyk nie weg en vee die stof by die trappies af. Moet aan niks anders raak nie. Hierdie ou plate was sy troos en sy trots, het hy altyd gesê. Daar is seldsame versamelstukke hier, weet u? Smuts se toesprake by die Commonwealth, 1942. Duitse volksmusiek en Barok. Uit Duitsland, Italië en Frankryk veral. Al sy geldjies daarop gespandeer. My man het nie gholf gespeel, visgevang, gerook of gedrink nie. Net gelees en geluister. Veral die digkuns. Hy het geglo dat poësie die basis was van verdraagsaamheid, weet u?” Ek het nie geweet nie, maar ek het gehoop as ek nie reageer nie, sy sal ophou praat. “Weet u?” Ek gee op. “Nee, tannie …” “Ja. Want dit leer ons om dieselfde boom verskillend te aanskou. Ai, my Arnold was ’n diep man.” 4 “Het tannie ’n besem?” “Hy was ook besig om ’n biografie te skryf oor ene Ramou. Of so iets. Dis klassiek. Vir my klink die meeste simfoniemusiek maar eenders. Vervelig. Dit gaan so aan, u weet?” Ek het geweet dit was nie rêrig ’n vraag nie. “Maar dis die navorsing. Dit het hom klaar gehad, weet u. Hierdie was sy laaste jaar aan die fakulteit. Oor … die oom was ongesond. ’n Vroeë fase van … Alzheimersiekte.” Terwyl sy die klein bolletjie tissue in haar palm ooprol, kyk sy skielik weg soos mens doen as jy iets leliks gesê het. Ná ’n paar sekondes begin sy fluister asof iemand afluister. “Hy het iets … ontdek … gelees … in hierdie kamer. Dit het hom gepla. Hy’t niks gesê nie, maar ek het geweet. Ek ken my Arnold.” Ek het nie geweet wat om te sê nie. Ek was nie seker wie Alzheimer was nie. Ook nie Ramou nie. Dit was awkward. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het ook begin fluister. “Het tannie ’n besem?” Jean-Philippe Rameau (1683–1764) Deur dr. A. du Plessis Soos die geharde klimop die herfs en winter jaar ná jaar oorleef, rank die are van sluimerende kultuurgoed tog weer teen die binnehof se mure uit. Die goue Boergondiese era maak plek vir die swier van Barok en die geur van Keulse water verdring die reuk van kruit in tabberd, manteau en uniform. Hetsy bloureën of sterjasmyn, die ranker is ’n sonsteler. 5 Weet nie wat ek by die tannie verloor het nie. Miskien het ek die nota gelees omdat die Dr. Van der Bijl Science & Biology Campus ’n blok en vier laboratoriums met verskeie studentegroepe deel. Aan die kampusse spesialiseer jy in jou gekose rigting by verskillende fakulteite soos archeology, astrophysics, ethnology, genetics, sociology, African studies, ensovoorts. Dit alles op dieselfde perseel. Maar almal lees almal se bulletinborde vir aankondigings, discounts, freebies en loswerk. Ek is ’n rasegte fisikus. My pa, verkenner-kommandoleier, skrynwerker, amateur-historiograaf en president van die Vriende van die Bonsai, werk eintlik by Sasol. Einstein is sy grootste invloed en ek daarom sy grootste teleurstelling. Die verengelsing hier pla hom ook baie meer as vir my generation. Ek self ken nie eens die Afrikaans vir al hierdie fakulteite nie. Comes with the territory, ou bal. Maar omdat ek kan sien dat dit my pa genuine grief, gooi ek my beste taal voor hom en praat oor tuine asof elke akker godsakker is. Net so. Al klink dit soos Dr. Phil, verkies bioloë deesdae die naam life scientists. Anders dink mense net voortplanting en botanie. En alhoewel bloot akademies – en oop en bloot adolessent – het ons fisici die term wetenskaplike gekaap, omdat bioloë wat druip wildtemmers en plaasboere word. Ons word IT techies en dwelmsmouse. Erg kief. Soos die howelinge se tuiniers dit jaar ná jaar terugsnoei, gee die kultuur ook iets prys. Iets gaan verlore. Maar die beloning vir ’n werklike honger beskawing is die parmantige bloeisels van geestesgoed. Die Boergondiese artieste sou die engele verguld, maar Barokmeesters sou hulle vlerke gee wat teen fresko’s afbeweeg en land in die lig wat deur die hemelhoë koepels van die kerke na binne val.

Format: Paperback Recommended Price : R200.00 Published : October 2017 About the book Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis en Laaste dans, Drienie is deur literêre kritici aangeprys. Nou ontpop dié gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares.
Die hoofkarakter in dié spanningsroman is ’n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ’n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.
Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná ’n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is ’n vaardige verteller wat lesers op ’n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen ’n hoë tempo vloei.

Publikasiedatum: Augustus 2018 ISBNs: 978 1 77609 367 0 (druk) 978 1 77609 368 7 (e-Pub) Prys: R200 Formaat: 210 x 134 mm Lengte: 240 bll. (sal bevestig word) Bindwerk: Sagteband Druknaam: Zebra Press Klassifikasie: Fiksie BIC-kode: FF (Fiksie: Misdaad en Spanning) Sapnet-kode: F2.1 (Fiksie: Misdaad, Riller & Avontuur)
DIE BOEK
Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie.
Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld
wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildsplaas
in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte.
Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element –
die element van vrees.
Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse
kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky
Strikes met soveel toewyding rook …
Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel.
Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.
Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper
bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.
Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huurkontrak nie. Dit
bly altyd persoonlik.
VERKOOPSPUNTE
• Die vervolg op Die onaantasbares, waarvan 5 500 eksemplare in minder as ’n jaar verkoop is.
• ’n Misdaad-riller wat lesers op die punte van hul stoele sal hou.
• ’n Vinnige verteltempo met baie verrassings.
• Hofmeyr is ’n gewilde en gerespekteerde skrywer.
DIE SKRYWER
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy
loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke
wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy
rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds
’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus
vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir
grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my
asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy vyf romans is gunstig deur kritici ontvang.
Facebook: @PenguinRandomHouseSA
Twitter: @PenguinBooksSA
Instagram: Penguin Books South Africa: @penguinbookssouthafrica
Youtube: Penguin Books South Africa
Recent Comments