• Bio
  • Blog
  • Events
  • Albums
    • SKREE
    • Country Collection – “If you could read my mind”
    • Toeka 3
  • Boeke
  • Video’s
    • EPk’s/Video’s
      • Toeka 3! Carnival city – Blits-advertensie
      • Hier is hy nou! “Sit die ligte aan”
      • Toeka 3!
      • Duet met Nadine
      • Duet met Coenie
    • Films
      • Treurgrond “Teaser”
  • Fotos
    • Argiewe
  • Besprekings
  • Kontak
Steve Hofmeyr
  • Twitter
  • Facebook
  • YouTube
  • iTunes
  • Search ...

Belankrike Aankondiging!! WAT

Belankrike Aankondiging!! WAT Inkhaus
  • October 2014 Events
  • 7 years ago
Steve is nou die trotse ALLEEN borg vir 2 woorde in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal – WAT.
Borg ‘n woord veldtog.
Hy het Toeka en Pampoen geborg.
Screenshot 2014-10-16 12.17.37

Sertifikaat-eksklusief-HofmeyrSteve-pampoen

Sertifikaat-eksklusief-HofmeyrSteve-toeka

16 Oktober is Woordeboekdag en dit is ook die dag waarop die Woordeboek van die Afrikaanse Taal jaarliks sy projek Borg ‘n Woord loods.

Noah Webster is op 16 Oktober gebore en Woordeboekdag word internasionaal ter ere van hierdie beroemde Amerikaanse woordeboekmaker gevier. Noah was ‘n briljante leerder wat op 15-jarige ouderdom aan die Yale Universiteit begin studeer het. Later word hy die samesteller van die eerste Amerikaanse woordeboek en hy word dus beskou as die vader van die Amerikaanse leksikografie. Die doel van Woordeboekdag is om mense opnuut bewus te maak van die belangrikheid en onmisbaarheid van woordeboeke as inligtingsbronne.

Dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT, se boodskap op Woordeboekdag is: “Bemagtig jouself, jou man, jou vrou, jou kinders of jou geliefde met ‘n nuwe woordeboek. Dit is een van die beste beleggings wat enigiemand kan maak”. Volgens hom koop baie mense een of miskien twee keer in hulle lewe ‘n nuwe woordeboek. Daardie woordeboek is dan net ‘n frustrasie omdat die verlangde inligting meestal nie daarin is nie. Daar is benewens gedrukte woordeboeke ook opwindende elektroniese woordeboeke beskikbaar – selfs op jou selfoon. Sommige woordeboeke op die internet is gratis, terwyl ander jaarliks op ingeteken moet word.

Borg ‘n Woord het een van die WAT se lewenslyne geword in sy oorlewingstryd weens die drastiese inkorting van die staatsubsidie. Die WAT moet tans jaarliks R3,5 miljoen self genereer om sy begroting van R5 miljoen te laat klop. Borg ‘n Woord is een van verskeie fondswerwingsinisiatiewe van die WAT.

Dave Pepler is vanjaar die beskermheer van Borg ‘n Woord en hy doen die volgende beroep op alle Afrikaanssprekendes: “Hoekom is Afrikaans vir my kosbaar? Sonder Afrikaans met sy lieflike en aardse woorde is ek niks nie. As jy ook lief is vir Afrikaans: borg ‘n woord, borg ruim!”

Deelnemers kan enige Afrikaanse woord borg vir R100 en kwalifiseer dan vir die prystrekking vir ‘n Sanlambelegging van R25 000. Elke deelnemer ontvang ook ‘n sertifikaat van die WAT met sy naam en die woord of woorde wat hy geborg het. Borgskappe van R5 000 per woord is eksklusief en niemand anders mag daardie woorde borg nie. Net meer as 150 woorde is reeds eksklusief geborg. Teen R100 kan meer as een persoon dieselfde woord borg, maar elkeen kry ‘n sertifikaat met sy naam daarby.

Klik hier om onmiddellik via GivenGain se webblad ‘n woord te borg.

Screenshot 2014-10-16 12.10.01
Klik hier vir meer inligting.

2328-JJOBKY

Tags

BlogEventsSteve Ondersteun

Share

Wat is nuut?

  • Country is groot UITVERKOOP! April 30, 2019
  • Sien my in Maart, April en Mei hier… March 15, 2019
  • Country is GROOT! February 3, 2019
  • Subscribe op my Youtube! December 10, 2018
  • Desember optredes December 3, 2018

Book Steve hier!

Calendar is loading...
Powered by Booking Calendar

Book Steve hier!

Nuutste Videos

3 years ago
Die AMANDA liedjie!
7 years ago
Beskikbaar in OKTOBER: SKREE
7 years ago
Treurgrond “Teaser”
7 years ago
Hier is hy nou! “Sit die ligte aan”

Kontak ons

Leeza Mulder 082 727 3218 leeza@stevehofmeyr.co.za
Besprekings ›

Branding & Design

derick@inkhaus.co.za
InkHaus ›
Copyright © 2022 Steve Hofmeyr
  • Twitter
  • Facebook
  • YouTube
  • iTunes
  • Search ...