As TOEKA 3 nommer 1 is by amper alle stasies wat Afrikaans speel, is dit maklik om te sien waar hy verban word. Die enigste radiostasie wat my boikot is... OFM! (asook Tsogo Sun en Vredendal Stadsraad) Alhoewel hulle niks gesê het nie, speel JACARANDA hom ook glad nie. Maar tonne dankies vir #1 Musica #1 Oosrand Stereo #1 GrootFM #1 Radio Rosestad #1 IFM, #1 Overvaal, asook RSG, SFM, Radio Helderberg, Radio Tygerberg, EspressoTV, WildCoastFM, Radio Overberg, Radio Laeveld, Radio Namakwakand,VCR,Radio Pretoria, Bokradio, Radio Vryheid, Bosveldstereo, Kosmos, Koepelstereo en vele ander. Die res weet ek nou, was altyd mooiweersvrinne. Uiteindelik weet ek ook sónder wie mens steeds goed kan doen. En hier dog ons ons is afhanklik van lugtyd en advertensies. Jammer Vrystaat. Ek kry net toegang daar deur die ander stasies - of konserte. * My vermoede is dié: Jacaranda was die Innibosfeesborg en OFM die Tekkiefeesborg. Ek het Die Stem by beide gesing omdat daar meer as 20 000 Afrikaners was. (Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie so...) * Kyk uit vir die video van SIT DIE LIGTE AAN wat eersdaags verskyn. * Indien jy liedjies van Toeka 3 wil aflaai, kliek hier en maak jou keuse: goo.gl/uCww3s. * Daar is beslis 'n Red October protes wêreldwyd. Ek sal die Kaapse ene bywoon. Maak ten minste jou stem dik (vir etniese minderhede) hier: In.is/po.st/HFoOC Óf dit óf gaan die aftakeling gemoedelik in....eh...NOT! * Onthou, niemand wil die nasionale lied vervang nie. Ons wil net nie voorgeskryf word wanneer en op wat ons trots mag wees nie. * So, ken op, bors uit, boutjies in en...sing Die Stem (as jy wil)!

Share

3 comments

Toby van Schalkwyk

Steve jy is n yster moenie dat iemand jou stem sti maak nie jy is n ikon
Ek wil jou toeka 3 koop waar kry ek dit?
Wanneer sien ons Toeka 4 asb

Charlie Pretorius

Steve jy is n amazing mens. Ek is mal oor jou stem en sin vir humour. Jou konsert of jou show in Phalaborwa was so great ek het dit baie geniet.

Leave a Reply

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

Ons winkel word tans ingebou en kan nog nie gebruik word nie - Sal spoedig beskikbaar wees. Dismiss